'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

God se klere

Kom na My toe liewe wêreld
Kom asseblief na My toe
Ek wil hê en vra dat julle asseblief
Vir al die sonde sal begin nee sê

Ek verstaan dit nie sê Abba
Dat duisternis en lig die wêreld vollê
Maar dat julle nogsteeds
Die wêreld en sy dinge bo My wil hê

Ek verstaan dit nie sê Abba
Dat julle nogsteeds na al die jare
In die Tuin van Eden
Nogsteeds nie die beter keuse neem

Elke dag kies julle dood
Elke liewe dag
Ek raak so moeg daarvoor sê Abba
Ek wonder rerig hoe julle dit net nie kan sien

Ek is Lewe sê Vader
Ek is LIG
Hoe kan julle die donker so baie liefhê
Hoe kan julle alles wat sleg en verkeerd is bly doen

My liefste kinders
Kinders van die wêreld
Kan julle nie sien dat Ek die Antwoord is
Om op die Pad van Lig te bly

Hoekom wil mense nie die Pad van Lig kies nie?
Ek verstaan nie sê Abba, Ek doen nie
Daar is soveel verwoesting wat hierdie wêreld vollê
Soveel verwoesting omdat hierdie wêreld nie vir sonde en verkeerd kan nee sê

Kan julle nie sien nie sê Abba-God
Julle het My nodig om die regte keuses te bly maak
Julle het My nodig om julle staande te laat bly
My kinders asseblief luister vir My

Luister na dit wat Ek julle wil leer
Julle moet begin nee sê vir die verkeerd
Julle moet begin nee sê vir die dinge wat Ek nie sou doen
Hoekom is dit so so moeilik om dit te verstaan wil Abba-God weet?

Kinders asseblief luister vir My
Ek wil hê jy moet dinge begin doen wat jy weet Ek sou doen
Ek wil nie hê jy moet aanhou met die dinge
Wat skeiding tussen ons bring

Hoekom is dit so moeilik vir My kinders om te verstaan
Dat Ek hulle liefhet
En dat Ek wil hê hulle moet die skoon eerbare pad loop
Sodat Ek hulle kan seën?

My kinders asseblief luister vir My
Ek wil nie hê julle moet aanhou sê dat julle My liefhet en ken
Maar dat julle dan nogsteeds weier
Om op My weë te loop

Hoe kan dit wees sê Abba-God
Hoe kan jy jouself ‘n kind van God bly noem
Maar jy hou jouself besig
Met alles wat Ek nie sou doen of kyk

My kinders asseblief luister vir My
Ek wil hê julle moet die beter pad loop
Ek wil hê julle moet begin neerlê
Alles wat julle weet nie van My is

My liefste kinders asseblief
Dis al hoe julle by die mooi van wie Ek is
Al die rykdom in die Gees gaan uitkom
As julle glo wat Ek hier vir julle sê

Want ja sê Abba julle het so baie tyd vir die verkeerd
Vir al die dinge wat julle diep binne weet Ek nie sou doen
Maar tog is tyd saam met My spandeer
Iets wat agterweë bly

My kinders asseblief
Begin luister
Begin luister na die dinge wat Ek julle leer
Ek wil julle by die diepte van wie Ek is uitbring

Sal julle My toelaat sê Abba-God
Om julle alles vir julle te wees
Ek wil nie hê iets of enige iemand anders
Moet daardie posisie van eer in julle harte beklee

Daar kan niks of niemand anders bo My wees nie
My liefste kinders
Dit is asseblief tyd dat julle dit begin glo
Ek wil hê julle moet dit begin doen My kinders

Daar kan niks of niemand belangriker as Ek wees
My kinders dis wat ons bly skei
Dis wat maak dat jy nie by die diepte van wie Ek is kan uitkom nie
Dis omdat jy nie waarlik wil begin oorgee

Ek wil julle dieper vat My liefste kinders
Kan julle nie sien nie
Ek wil julle leer al die wonderlike goed
Wat in My binneste lê

Hoe kan julle aanhou om nee daarvoor te sê
Hoe kan julle aanhou om die oppervlakkigheid van hierdie lewe
Bo die diepte van My en wie Ek is te plaas
My kinders asseblief moenie so maak

As julle lief is vir My sou julle mos tyd met My wou spandeer
As julle lief was vir My sou julle My toelaat om julle meer dinge
Van My en My koninkryk te leer
Hoekom is dit nie so?

Hoekom laat julle My nie toe om al die lelik uit te haal
En net mooi te laat oorbly?
Hoekom laat julle my nie toe om julle ware wysheid te leer?
My kinders Ek verstaan dit nie, Ek verstaan nie hoe julle kan aanhou nee sê?

My kinders julle is verblind om nie waarheid te glo
Vir jare is julle vertel
Julle kan julle harte vir God gee
Maar nogsteeds soos die wêreld leef

My kinders julle is verkeerd
Dit is nie hoe dit moet wees
Ek het julle gered om nie meer deel van die wêreldse manier te wees
Ek wil hê julle moet anders wees, Ek wil hê julle moet vir My skyn

Ja sê Abba-Vader My manier lyk anders as die wêreld s’n
My manier is beter
My manier is ware lewe
My kinders sal julle dit begin glo

My kinders asseblief julle kan nie glo julle is gered
Julle kan nie aanhou sê julle is My kinders
Maar weier, volstrek weier dat Ek julle
Soos een van My kinders klee

My kinders asseblief
Dis mos nie hoe dit werk
Julle moet soos julle Vader begin lyk
Almal moet kan sien wie se kinders julle is

En dis baie kere die bedrieglike deel sê Abba-Vader
Baie mense op hierdie aarde wat sê
Hulle is My kinders
Maar hulle hou aan om soos die wêreld te leef

My kinders as hierdie wêreld nie kan sien
As hulle julle nie kan eien en herken as een van My kinders
Aan die maniere en dinge wat julle doen
Dan moet julle begin wonder of julle rerig op die regte pad is

Want My kinders as julle rerig lief was vir My
As julle rerig My kinders was
Sou julle soos Ek begin praat
Julle sou soos Ek begin loop

En dis baie kere waar My kinders dit verkeerd het
Sê Abba-God
Hulle lyk, loop en praat net soos die wêreld
Tog hou hulle aan om hulleself kinders van God te bly noem

Kinders julle is verkeerd
Julle is verkeerd
Luister asseblief wat julle Pappa-God vir julle sê
Dit is nie hoe dit moet wees

Ek het julle nie gered sê Abba-God
Luister vir My My liefste kinders
Ek het julle nie gered
Om aan te hou soos die wêreld lyk

Julle moet anders wees sê Abba
Julle moet uitstaan vir My en My Koninkryk
Julle wel en weë, wie julle is
Moet aan die Lig behoort

Hoekom is dit vir My kinders
Hoekom is dit vir My mense so moeilik om te verstaan
Kinders asseblief julle moet begin liefkry
Alles waarvoor Ek lief is, alles wat van My is

Begin om jou rondkyk sê Abba
Begin rondkyk na alles om jou
Begin jouself afvra
Waarvan sou God hou? Waarvan nie?

Begin julle lewens net daarvolgens rig sê Abba
Begin net om dit te doen en sien hoe Ek alles vir jou beter maak
Want My manier bring altyd lewe sê Abba
My manier bring altyd lig en ewige oorwinning

Sal julle My begin glo liefste kinders
Sal julle op My weë begin loop
Rerig liefste kinders, rerig
Sal julle vir die verkeerd en dit waarvan Ek nie hou begin nee sê

Dis maar eintlik al wat Ek vra sê Abba-God
Dat julle net bereid sal wees om te groei in liefde vir My
Dat julle nie sal aanhou nee sê
Wanneer Ek julle met My glorie en heerlikheid wil beklee

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s