Byt vas, Lofprysing, Nuwe hoop

Harte wat bly sing

Juig al wat leef
Juig voor die Heer
Wees net bly
Bring lof en eer aan Hom

Hy is so waardig
Die grote Koning van ons
Niemand is, was
Of sal ooit soos Hy wees

Abba-God
Dit bly vir ons die grootste voorreg
Om U te ken
Om vir U lief te wees

Dankie dat U ons sonde
Kom wegwas het met die bloed van U Seun
Dankie dat U ons so ongelooflik baie liefhet
Abba ons gee U alleen al die eer

Om U lief te hê
Om U te bemin
Dit bly louter vreugde
Ons kan net nooit genoeg van U kry

Hoe meer ons U ken
Hoe meer wil ons U ken
Hoe lieflik is dit
Abba ons wil nog baie meer van U hê!

Om U lief te hê
Bring soveel vreugde en blydskap in ons lewens in
U is die Een
Wie ons menseharte gemaak is om te bemin

Abba U is God
U is LEWE
U is HOOP
U is alles wat MOOI is

Abba hou ons hande asseblief vas
So styf vas in die storms van die lewe
Laat ons nie ooit sal oorweeg
Om te laat gaan

U is lewe
U is oorvloed
U is die Een vir wie ons sing
U is die Een wat die donkerste nag kan mooi maak

Hoe U dit doen
Weet ons nie
Al wat ons weet
Is dat U kan

Watter wonderlike vreugde en blydskap
Om U Pappa-God te noem
Om te weet U is altyd daar
Om te weet U is altyd naby

Abba-God ons harte wil bly sing
Ons harte wil bly vashou
Al raak dit donker Abba
Wil ons saam met U bly vorentoe kyk

Abba-God U is ons God
U is die Een wat ons styf vashou
Al raak ons harte partykeer bang
Al wil ons baie kere moed verloor

Abba-God ons sal ons oë op U bly hou
U wat die Anker van ons lewens is
U wat ons so styf vashou
Abba help ons asseblief om altyd vorentoe toe kyk

Om nie te kyk na dit wat was nie
Om nie te kyk na dit wat moes wees nie
Nee Abba ons kyk vorentoe
Ons kies môre en sy nuwe begin

Abba dankie dat U ons harte weer vreugde gee
Al het hartseer en sleg soveel kom steel
Dankie Abba-God dat U ons Anker in die lewensstorms is
Dat U nooit nie een van U kinders uit U hande sal laat gaan

U is ons Hoop
U is die Goeie Nuus wat hierdie wêreld so graag wil hoor
U is die Anker
U is Genade

Abba God dankie
Dankie vir elke voorreg
Vir die voorreg om U Naam te besing
Dat U ons Pappa-God is

Ons wil ons vreugde in U vind
Ons wil bly-wees omdat U God is en bly
Ons wil weet hoe wonderlik U rerig is
Ons weet daar is nog soveel meer

Ons harte wil bly sing
Ons wil lof en eer aan U bly bring
U wat waardig is
U wat ewig God is

Abba help ons asseblief
Om altyd in U te bly glo
Al raak die nag hoe donker, al raak hy hoe lank
Wil ons aan die hoop van ‘n nuwe dag bly vashou

Abba ons weet hy gaan kom
Ons weet hy gaan aanbreek
En Abba daarvoor wil ons dankie sê
Omdat ons weet dat U in beheer is

Dankie Abba
Dankie
Vir U goedheid en guns
Dat U ons so styf en wonderlik vashou

Ons wil bly sing
Ons wil bly glo
U wat die antwoord is
U wat alle sleg kan draai vir goed

Aan U alleen al die lof en eer
Ons harte sal bly sing
Selfs al gaan ons deur die donkerste nag
Weet ons, U is by ons, nooit sal U ons verlaat

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Harte wat bly sing”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s