Blinde oë, Liefde so groot

Is daar iemand?

Glo in My liewe wêreld
Glo met jou alles in My
Julle word so bedrieg om die verkeerd te glo
Ek wens julle kon dit sien

Dis belaglik om te sien
Die dinge waaraan die wêreld vashou
Die dinge wat sy glo
Alles om net nie vir My ja te sê

Liewe kinders van die wêreld
Julle is so verkeerd in die manier waarop julle glo
Julle word so verlei
Ek wens julle het dit geweet

Hoekom wil julle oë nie oopgaan vir die Waarheid nie
Dit lê oop en bloot
Voor julle oë
Julle moet dit net begin raaksien

Julle kyk alles behalwe My nie mis
Hoekom sien julle alles raak
Vir almal
Behalwe nie vir My

Kinders van hierdie wêreld
Luister asseblief vir My
Die tyd raak min
Die deur gaan toe

Hoekom wil julle nie inkom nie
Hoekom wil julle wragtie wag totdat dit te laat is
Kinders van hierdie wêreld julle hoor dit al so lank
Maar glo vir My daar kom ‘n dag

Ek wil nie hê dat een mens moet verlore gaan
Hoekom dink julle hou Ek aan met vra
Kinders asseblief luister vir My
Doen wat Ek van julle vra

Dis tyd dat julle die verkeerd-glo oor My neerlê
Kan julle nie hoor hoe Genade met julle praat
Kan julle nie sien hoe Hy aan julle hart se deur bly klop?
Kinders asseblief begin glo

Begin glo dit wat Ek hier vir julle sê
Daar kom ‘n dag sê Abba dat dit vir ewig te laat gaan wees
En Ek wil nie hê dat jy dan moet sê
Hoekom wou ek net nie ja sê?

Kinders van die wêreld
Ek wil hê julle oë moet nou oopgaan
Ek wil hê julle moet My en My waarheid begin raaksien
Hoekom wil julle nie, hoekom wil julle net nie?

Julle weet nie wat julle mis nie
Julle is besig om op groot skaal te verloor
Tog sal julle dit nooit sê
Soos wat julle aanhou om die leuens te glo

Kinders julle is verkeerd, luister vir My
Julle is verkeerd oor My
So verkeerd
Dis tyd dat julle anders oor My begin glo

Ek is nie die Monster wat baie mense dink Ek is nie
Ek is nie die Een oor wie julle al die lelike goed bly glo
Ek is anders sê die Heer
Ek is die Een wie almal behoort te wil ken

Julle ken My nie sê Abba
Julle het nie ‘n idee wie Ek rerig is
As julle net bereid was om rerig te kom soek
As julle net bereid was om te kom sien waarop julle uitmis

Julle weet nie wie Ek is nie
Julle weet nie
Julle het glad geen idee
Dit bly net makliker vir julle om leuens oor My te glo

As julle net bereid was om My ‘n ware kans te gee
Maar nee sê Abba-God, nee
Net soos skinderstories wat altyd die hele wye wêreld vollê
Is dit ook so met My

Ek raak so moeg sê Abba-Vader
Ek raak rerig moeg vir al die leuens wat julle oor My glo
Soveel leuens en dinge en waarhede wat julle oor My fabriseer
Alles omdat julle nie Waarheid wil glo

Dis omdat julle leuens en julle glo
Julle beter oor julleself laat glo
Kinders julle is so verkeerd
Ek wens julle wou dit begin sien

Ek wens julle wou begin glo soos Ek dinge glo
Ek wens julle wou begin sien soos Ek dinge sien
Hou asseblief op om soveel dinge bo My te plaas
Soos Ek sê julle het nie ‘n idee waarop julle uitmis

As julle net wou begin ja sê
As julle net wou begin ja sê
Dis tyd om te begin ja sê
Sê asseblief vir My is daar iemand daarbuite wat glo?

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s