Byt vas, Nuwe hoop

Altyd Naby

Lig jou oë op na die berge
Vra jouself
Liewe wêreld
Waar kom my hulp vandaan?

As jy My nie ken
As jou Hulp en Redder nie
Liefste wêreld
Hoe gaan jy tot die einde vas bly staan?

Dit gaan nie gebeur nie
Sê Abba-God
Dit gaan nie gebeur sonder My nie
Ek is die Een wat die Ewige Anker is

Verbly julle poorte
Wie is die magtige Koning
Die Here sterk en geweldig
Die Here Oorwinnaar in elke stryd

Verbly julle poorte
Maak oop
Want die magtige Koning
Hy wil ingaan

Liefste wêreld
Julle gaan moet leer
Om julle oë op My te hou
Dis al hoe julle op die einde staande gaan bly

Hou vas liefste kinders
Hou vas aan My
Weet dat Ek dit vir julle voleindig
Soos wat julle glo in My

Weet dat Ek by julle is
Tot aan die voleinding
Van die wêreld
Ek is altyd naby

Nooit ooit
Sal Ek julle in die steek laat
My hand en oog
Nie op julle hou

Maar dan liefste kinders
Moet julle vashou
Julle moet aanhou
Glo in My

Julle moet julle oë
Afhaal van die dinge van die wêreld
Julle moet dit plaas op My
Julle moet dit daar hou

Liefste kinders
Liefste wêreld
Dit is al hoe dit gaan gebeur
Ek is altyd naby

Dit is wat julle deurtrek
In die storm-tye van die lewe
Dat Ek saam met julle is
En dat julle nooit alleen ly

Liefste kinders
Liefste wêreld
Hou julle oë asseblief op My
Dit is wat ons Vader bly vra

Sal jy My asseblief glo
As Ek vir julle sê
Dat Ek groter as julle
Storms, probleme en struikelblokke is

Liefste kinders
Daar is NIKS
Wat Ek nie kan doen nie
Ek wil hê julle moet dit weet

Julle kan My vertrou
Julle oë en harte op My bly hou
Moenie opgee in die storm-tye van hierdie lewe nie
Liefste kinders hou asseblief julle oë op My

Liefste wêreld
Liefste kinders
Ek het nie van julle vergeet
Ek sal ook nie ooit

Liefste kinders
Ek nooi julle nader aan My hart
Laat toe dat hierdie storm jou nader trek aan My
En nie verder nie sê Hy

Liefste kind, liefste kinders
Julle gaan dit verseker
Maak saam met My
Hoe dan anders

My liefste kinders
My oog is op julle
En Ek wil hê
Dat julle dit altyd sal weet

In die storm-tye
Van hierdie lewe
Is Ek veral naby
Ek sal julle nie in die steek laat

Vertrou My asseblief
Vertrou My hart en liefde vir jou
En weet dit liefste kind
Jy gaan dit beslis maak met My aan jou sy

Moet dan nooit ooit jou oë
Afhaal van My
Hou aan glo
Hou aan vashou aan My

Ja, Amen. Halleluja.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s