Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Begin ‘n bietjie

Laat toe dat jou hart My vind
Laat toe liewe wêreld dat jou hart vir My ja sê
Dis al te lank sê Abba
Dis al te lank dat julle My bly wegwys

Laat toe sê Abba-God
Dat Ek vir julle die regte pad wys
Laat toe dat Ek julle wys
Hoeveel mooiheid in My hart teenoor julle lê

Laat toe dat Ek vrede gee
Laat toe dat Ek berusting bring
In die donkerste van plekke is Ek altyd daar
Ek wil hê julle moet dit weet

Donker plekke is nie van My nie
Sê Abba-God
Tog kan Ek dit gebruik
Om julle terug te bring na My

Dis nie My hart om verwoesting te saai nie
Liewe wêreld
Dis die vyand s’n
En jong geniet hy dit

Julle moet ophou om al die sleg wat aan hom behoort
Op My te plaas
Ek is nie wie julle glo Ek is
Ek is nie wie julle dink Ek is

Julle moet ‘n bietjie begin reg glo oor My
Sê Abba-Vader
Julle moet ‘n bietjie begin
Om die waarheid oor My te glo

Dis al te lank sê Abba
Dat julle bly nee sê
Dis nie reg nie sê Abba-God
Dit is nie reg nie

Daar is soveel mooi wat julle omring
Soveel ware mooi
Wanneer gaan julle dit begin vind
Wanneer gaan julle daarvoor begin ja sê

Julle is so verkeerd oor My liewe wêreld
Julle weet nie wie Ek waarlik is
As julle sou kom en kom uitvind sou julle sien
Dat Ek so die teenoorgestelde is van wat julle oor My glo

Ek is liefde
Ek is genade
Ek is sag
Ek is barmhartig

Hoekom wil mense dit nie glo nie
Hoekom wil hulle nie glo dat al die verkeerd nie van My is
Julle is so verkeerd oor My liewe wêreld
Julle is so verkeerd oor My

Ek wil rerig vra dat julle sal begin reg glo
Ek wil vra dat julle rerig navorsing oor My sal begin doen
Want julle glo so verkeerd
Want julle het dit so verkeerd

Daar is soveel mooi stories wat julle omring
Soveel stories wat vir julle vertel dat Ek ‘n God van genade en groot vergifnis is
Dankie Abba-God se kinders dat julle My toelaat
Om die mooiste stories van hoop deur julle lewens te skryf

Dis My kinders wat nooit opgee nie
Wat My soveel hoop vir hierdie wêreld gee
Dis omdat daar rerig mense daarbuite is wat My glo
En wat My waarlik met hulle alles bemin

Dankie My liefste kinders
Vir julle wat glo dat Ek is wie Ek vir julle sê Ek is
Dat julle glo dat Ek liefde is
Dat julle weet dit is hoe dit is

Abba se kinders
Ek is baie trots op julle sê Abba-Vader
Dat julle in die donkerste van donker tye bly vashou
Dat julle My altyd liefhet

Dankie daarvoor My liefste kinders
Dat julle nie ooit julle rug op My draai
Dat julle weet dat Ek ‘n God van vergifnis en genade is
Dat julle bereid is om jammer te sê

Dankie dat julle bereid was om julle saak met My reg te maak
My liefste kinders
Dankie dat julle bereid was om te kom
En om ja te sê

Dit maak My so trots sê Abba
As Ek sien dat daar rerig mense is wat wil
Dat daar rerig mense is wat vashou
Wat glo dat Ek rerig is

Dis omdat hulle al sulke mooi ontmoetings met My gehad het sê Abba
Dis hoekom hulle nie hulle rug op My kan draai
Omdat hulle glo, omdat hulle weet
Dat Ek leef en ewig is

Sien sê Abba Vader julle sal nooit die mense
Wat ‘n ware ontmoeting met My gehad het kan verkeerd bewys
Hulle weet dat hulle weet dat hulle weet
Ek is God en Ek het gekom vir hulle

Hou op om hulle te probeer oortuig dat Ek nie rerig is
Gaan leer eerder by hulle sê Abba
Wat ware geloof is en hoe dit lyk
Want dit is wie Ek is

Ek is groot
Ek is vol genade
Ek is wonderlik
En dit is wat hulle weet

Niks of niemand sal hulle anders kan oortuig
Dit is hoekom hulle bereid is om vir My te sterf sê Abba
Want hulle het al My teenwoordigheid gesmaak
Hulle weet, hulle weet dat Ek rerig is

Begin ‘n bietjie by hulle leer sê Abba-God
Begin ‘n bietjie sien waar julle tekort skiet
Begin ‘n bietjie sien Ek het My Seun gestuur
Sodat ons twee weer verhouding kon bou

Begin ‘n bietjie nee sê vir al julle verkeerde glo
Begin ‘n bietjie nee sê vir dit wat nie van My is
Julle moet julle weë begin neerlê
Sodat julle Myne in volheid kan vind

My liefste kinders asseblief
Luister asseblief vir My
Weet dat Ek God is
Weet dat daar niemand soos Ek is

Dis tyd dat julle na My toe draai
Dis tyd dat julle na My toe kom
Hou op om julle oë en harte so toe te hou vir My
Julle besef en weet nie in watse groot moeilikheid julle verkeer

Julle is in diep gevaar sê Abba-God
Julle is besig om die lafste speletjie met julle siele en die ewigheid te speel
Hou op lag kinders van die wêreld
Glo vir My dit is glad nie snaaks

Julle kan nie so ‘n groot kans
Met julle siele en die ewigheid neem nie
Asseblief My kinders
Luister nou na My

Julle is besig om op gevaarlike grond te beweeg
‘n Vlam uit die helse vuur kan jou enige oomblik opneem
Asseblief My liefste kind
Asseblief hou op daarmee

Weet dat Ek jou liefhet My liefste kind
Weet asseblief dat daar niemand soos Ek is
Weet dat die lewe nie ‘n speletjie is nie
Weet asseblief Ek kom weer

Is jy reg vir My koms?
Is jy reg of moet Ek nog een keer aan jou hart se deur kom klop?
My kinders daar gaan ‘n dag kom dat party mense gaan skree
Kan Ek asseblief nog een kans kry

Hoekom het ek nie ja gesê nie
Dit gaan die folterende vraag op hulle lippe wees
Asseblief My liefste kinders glo My asseblief
Dit is ‘n plek waar Ek wil hê geen mens moet heen gaan

Sal julle My asseblief begin glo
Sal julle My asseblief begin vertrou
Ek wil hê julle moet julle vertroue in My plaas
Ek wil hê julle moet My Seun ‘n kans gee

Nooi Hom asseblief in
Gee Hom ‘n kans om My liefde vir jou te wys
Nooi Hom asseblief in
Laat toe dat Hy jou sonde wegwas

My liefste kind asseblief kom nou
Kom voordat dit te laat is
Ek wil nie hê julle mense moet sulke groot kanse
Met julle siele en die ewigheid waag

My kinders nee, asseblief
Hou op daarmee
Hou asseblief op daarmee
Die duiwel het julle met so ‘n slap riem gevang

En dat julle hom glo
Dit is die ergste vir My
Dit is die ergste
Dat julle My nie glo

My kinders asseblief
Ek is waarheid, Ek is Lig
Hy is die leuen, Hy is alles verkeerd
Hoekom glo julle My nie, hoekom glo julle nie?

Liefste kinders Hy is besig om die waarheid so te verdraai
Hy is besig om alles wat goed en waar is te verdoesel
My kinders julle moet hom nie toelaat nie
Julle moet by die waarheid van My Woord bly

Hou julle oë asseblief op My
Vra My om My waarheid vir julle oop te breek
Julle kan My Woord nie sonder My Lig en die Heilige Gees lees
Asseblief hou op daarmee

Begin My vra sê Abba-God om jou in My Lig te hou
Selfs al maak dit seer
Selfs al is dit nie vir jou lekker nie
Begin om dit te bid

Want My liefste kinders
Dit is waar julle die veiligste is
In My Waarheid
Onder My Lig

Hou op met die verkeerde glo
Hou asseblief op met al die verkeerde weë
Julle moet begin reg loop liewe kinders
Julle moet My weë volg

Dis waar die lewe lê My liefste kinders
As julle begin doen wat Ek van julle vra
As julle die eie ek begin neerlê
As julle begin vra Vader verander my om meer soos U te lyk

Dis ‘n wonderlike gebed sê Abba-God
Ek weet nie aldag hoekom My kinders so bang is om dit te bid
My kinders julle hoef dit nie alleen te doen
Vra My net, Ek wil en sal julle graag help

Dis tyd dat julle rerig begin om My te vertrou
My wysheid bo die van die wêreld
Dit is wat Vader vra
Ware wysheid lê in My

Ek vra dat julle alles wat nie van My is
Sal begin neerlê
Ek vra dat julle waarlik julle oë
Op My sal begin plaas

Hou asseblief op om so vir die wêreld ja te sê
Sy wen soveel kere bo-oor My
Dit is wat soveel verwoesting in julle lewens saai
Die raad van die wêreld bo-oor die van My

Begin asseblief nee sê My liefste kinders
Begin My in volheid, in oorgawe innooi
Ek kan net verander dit wat julle bereid is om oor te gee
Julle kan My vertrou liefste kinders, julle kan My vertrou

My oog sal op julle wees, elke liewe tree wat julle gee
Julle hoef nie bang te wees
Julle kan met volheid in My weë loop
Waarlik oorgee

Moenie bang wees nie
Moenie bang wees nie
Julle kan My vertrou
My vanuit die hart innooi

Diep vanuit die hart
Dit is al wat Ek vra
My oog sal op julle wees
Ek sal julle nooit ooit verlaat

Ek vra jou om diep oor te gee
Vanuit die hart
Vanuit die diepste jou
Sal jy asseblief doen wat Ek vra

Al wat Ek jou vra is om My te glo
Om My te vertrou
Om jou oë op My te bly hou
Sodat Ek dit vir jou kan voleindig sê die Heer

Sal jy assblief jou oë op My bly hou
Nooit dink aan opgee
In die storms van die lewe
Ook in die tye van sonskyn

Ek gaan alles nuut maak My kind
Ek gaan alles nuut maak
Dankie Abba-God, dankie
Ek sal my oë op U bly hou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s