Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Ware Vind

Maak oop julle oë
Asseblief liewe wêreld
Kom
En kom vind vir My

Weet julle dat Ek julle liefhet
Met ‘n liefde baie groot
Weet julle dat Ek
Genade aan julle wil bewys

Liefste wêreld
Liefste kinders
Asseblief moenie bang wees nie
Asseblief kom nader aan My

Weet dat My oog op julle is
Altyd sal dit so wees
Niks is te klein
Niks is te groot

Weet liefste kind
Dat Ek dit vir jou sal voleindig
Weet asseblief altyd
Dat Ek ‘n mooi plan vir jou lewe het

My liefste kinders
Ek is so lief vir julle
Ek is so lief vir julle
Hoe wens Ek julle het dit geweet

Julle glo altyd
So baie dinge
Julle oë is nie altyd
Voluit op My

Hoekom is dit so
Liewe kinders
Hoekom is dit dat julle soveel kere
Ander dinge bo My stel

Liefste kinders
Ek wil nie hê dat dit so moet wees
Ek wil hê dat julle moet kom
Ek wil hê dat julle My moet vind

Hou julle oë dan op My
Sê die Koning van die Heelal
Asseblief moenie bang wees
Om te kom na My

Weet dat My oë
Op julle is
Weet dat Ek verstaan
Meer as wat julle kan dink

Kom asseblief liefste kinders
Kom asseblief en vind vir My
Daar is niemand soos Ek
So sal jy dit al hoe meer vind

Jy sal vind
Dat Ek van alles weet
Jy sal vind
Dat Ek altyd in beheer is

Dis twee dinge
Wat julle nie altyd
Met heel-julle-harte glo
Tog het julle nodig om dit regtig te weet

Liefste kinders asseblief
Glo in My
Glo in die Een wat Ek gestuur het
Asseblief luister vir My

Daar is soveel meer mooi
In hierdie lewe
As wat julle ooit kan dink
Sal julle dit asseblief kom vind

Sal julle neerlê
Al die planne wat nie van My is
Sal julle julself afvra
Weet my Vader hiervan

Sal julle vra
Sal julle seker maak dat julle weet
Sal julle weet dat Ek Koning is
En dat Ek altyd in beheer is

Moenie julle oë en harte
Van My af laat gaan nie
Moenie dat hulle dwaal nie
Asseblief luister vir My

Asseblief kom na My
Kom maak seker dat jy
Die ware en ewige lewe vind
Net in My sal jy dit kry

Asseblief liefste kind
Lê dan neer jou weë
En weet die wat My soek
Hulle sal My verseker vind

Julle soek My nie
Soos al die ander dinge
Wat julle aanpak
Hoe wens Ek dit was anders gewees

Hoe wens Ek dat julle
Net julle Bybels wou oopmaak
Hoe wens Ek dat julle wou sê
Vader asseblief kom praat met My

Vader asseblief
Kom praat met My
Kom wys my dat U rerig is
Ek wil myself voor U ontbloot

Ek wil my hart
Vir U oopmaak
Ek wil U rerig
Binnenooi

Help ons asseblief
Abba Vader
Om ‘n helder lig
Vir U koninkryk te wees

Help ons Abba
Om ons oë op U te bly hou
Om nooit bang te wees nie want ons weet
Dat U dit vir ons gaan voleindig Heer

Hou julle oë op My
Asseblief liefste kinders
Dis al wat Ek vra
Kom en kom vind vir My

Maak seker dat jy tyd met My spandeer
Liefste kind asseblief
Elke dag
So sal jy My vind

Moet jou Woord
Asseblief nie agterweë laat nie
Liefste kinders asseblief
Julle het rerig nodig om hom te lees

Soveel vreugde en wysheid
Soveel ware slimheid
Wat hy verborge hou
Kom asseblief en kom vind

Dit gaan nie werk
As ons nie tyd maak
Om met mekaar
Te spandeer

Liefste kinders
Daar is twee Christene
Die wat rerig in My glo
Die wat net van My weet

Liefste kinders Ek wil hê dat julle die sal wees
Wat rerig vind
Ek wil hê dat julle die sal wees
Wie se oë rerig op My is

Asseblief liefste kinders
Asseblief hou op
Om agterweë te laat
Alles wat van My is

Maak asseblief
Julle harte skoon
Asseblief
Kom vind vir My

Ware vind liefste kind
Dit is waarvan Ek praat
Nie vandag en nou hier
En môre dan weer ‘n ander pad

Asseblief liefste kinders
Kom spoor na My hart
Asseblief liefste kinders
Kom en kom kry die ware My

Julle moet My leer ken
Liefste kinders
Julle moet weet
Wie Ek waarlik is

Asseblief liefste kinders
Hou op om julle te skaam
Asseblief liefste kinders
Kom ek kom vind vir My

Moenie skaam wees
Om voor My aangesig te kom
Deur die bloed van Jesus en ons vergifnis vir jou
Is jy waarlik vry om te kom

Kom liefste kind
Asseblief kom
En maak seker
Dat jy waarlik vind

En wil nie hê dat julle
Iewers in die middel moet ophou
Ek wil hê dat julle
Moet aanhou

Hou aan liefste kinders
Asseblief hou aan totdat julle vind
My oog sal tot op die einde
Op julle wees

Daar is net een weg na die Vader
En dit is deur Sy Seun
Asseblief
Onthou dit altyd

Daar is nie miljoene weë
Wat na My Koninkryk loop
Daar is net een
En dit is deur My Seun

Ek vra julle dan om neer te lê
Neer te lê
Alles wat nie van My is
En dat julle rerig tyd maak vir My

Liefste kinders
Dis al hoe julle My gaan vind
As julle waarlik-waarlik
Soek na My

Ons moet tyd saam spandeer
Dit is nie ‘n sprokiesverhaal
Niks gaan gebeur as Ek en jy
Nie tyd maak om van mekaar te hoor

Dit is hoekom Ek vra
Asseblief liefste kinders
Lê neer julle weë
Kom vra na Myne

Moenie bang wees dat My Woord
Julle harte en lewens besny nie
Liefste kinders dit is die mooiste ding
Ek wens julle kon dit ook glo

So baie kere
Wat julle My nie wil toelaat
Om die beste in julle na vore te bring
Liefste kinders hoekom is dit so?

Die werk wat Ek in julle lewens wil doen
Dit is mooi, dit is groot
Julle sal nie spyt wees
Julle het My binnegelaat

Alles wat mooi is
Liefste kinders
Als wat mooi, skoon en wonderlik is
Dit sal Ek uit julle bring

Laat My dan toe
Sê Abba-Vader
Koning Jesus
Om in julle midde te werk

Dankie liefste kinders
Dat julle My toelaat
Dat julle soek
Sodat julle waarlik kan vind

Aan die groot Koning
Van alle tyd
Halleluja
Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s