Lofprysing, Nuwe hoop, Oorgegee

Verliefde Harte

Die wat soek
Hulle sal vind
Dit is verseker so
Dit is geen leuen

Liefste kinders
As julle My net wou begin naspoor
Soos julle soveel ander dinge soek
Sou dinge soveel anders wees

Weet julle liewe wêreld
Dat Ek vir julle wag om te vind
Julle moenie bang wees nie
Julle moet nader kom aan My

Deur die bloed van My Seun
Is die weg gebaan
Asseblief liefste kinders
Kom asseblief en maak tyd vir My

Julle moet tyd vir My maak soos julle
Tyd maak vir soveel dinge rondom julle
Assblief liefste kinders
Moenie so hard bly

Liefste kinders
Ek wil julle weer sagte harte gee
Harte wat waarlik
Glo in My

Moenie bang wees
Om nader te kom nie
Asseblief liefste kinders
Kom en kom vind vir My

Dankie Abba Vader-God
Dat U soveel liefde is
Dat U omgee
Dat U ons U weë leer

Abba-God ons wil onsself
In U aangesig verbly
Ons wil voor U kom
Dankie dat U die Ewige EK IS – God – is

Here Jesus, Vader-God
U is so groot
U is so goed
En ons sê dankie daarvoor

Dankie dat U ons deur
Die storms van die lewe leer
Om ons oë
Op U te bly hou

Ja liefste Koning
Ons hoef nie bang te wees
U is altyd daar
U is altyd in beheer

Abba ek bid en vra
Gee ons harte asseblief meer hoop
Meer geloof
Om U vir die onmoontlike te vertrou

U maak moontlik
Wat by geen mens moontlik is
En ons sê dankie daarvoor
Gee ons asseblief meer geloof

Abba help ons
Om te vra soos ‘n kind
Help ons
Om te glo soos ‘n kind

Ja liefste Koning
Ons wil voor U aangesig kom
Met harte baie bly
Ons het die Ware Lewe gevind

In U Jesus Yeshua
Is ons gered
Om vir die sonde
Waarlik dood te wees

Dit is wat U ons leer dag na dag
Dit is wat ons vind
Ons kan sonder U en U Gees in ons
Nie staande bly

Daarom soek ons meer van U
Ons wil ons harte op U verloor
Meer en meer
o Grote Koning

U is die Een
Wat ons harte baie bly maak
U is die Een
Wat ons harte wil bly vind

Meer en meer
Wil ons van U ontdek
Ons wil voor U kom
Met harte oopgevlek

Toets ons harte asseblief
Kyk of dit wat daarbinne lê
Kyk
Of dit rerig van U is

Ons wil U glo
Ons wil U aanhou vertrou
U is die Enigste Een
Wat vir ons Nuwe Lewe bring

Halleluja, Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Verliefde Harte”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s