'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Nee dankie

Word bly harte
Word bly harte
Julle wat in die Koning glo
‘n Huis het Hy vir julle voorberei

Wanneer Hy klaar gebou is
Wanneer als gereed is
Gaan Hy ons kom haal
Sodat ons kan wees waar Hy alreeds is

Ons hoef nie bang te wees
As ons gereed is
Gaan ons saam
Wanneer Hy Sy kinders kom haal

Lig julle oë dan op na die hemel
Weet dit
Ons Koning kom beslis weer
Hy het ons nie as wese agter gelaat

As ons in Hom glo
As ons Hom bely
Soos die Skrif sê
Gaan ons saam met Hom

Maak asseblief seker
Liefste kind
Dat jou saak met My reg is
Dit is wat ons Vader vra

Vreugde-bly
Gaan vir ewig in die harte
Van My kinders wees
Alles omdat hulle gesê het ja

Die woord van hul getuienis
Was altyd op hulle lippe gewees
Hulle het hulle lewens
Tot die dood nie lief gehad

Hulle was bereid
Om alles op te gee vir My
Veral die eie ek
Veral die begeertes van hul vlees

Dit is wat moet doodgaan
Sê Abba
Julle weë bo Myne
Dit kan net nie meer werk

Liefste kinders
As julle wil saamgaan
Moet julle gereed wees
Julle moet bereid wees om die vlees neer te lê

Die eie ek moet doodgaan
Vir julle om saam met My
Op te staan in ‘n nuwe lewe
Dit is wat Jesus sê

Asseblief liewe kinders
Kom luister
Na dit wat Ek hier
Vir julle sê

Die vlees en sy begeertes
Moet begin doodgaan
As julle die Ewige Lewe
Saam met My wil betree

Daar is nie meer tyd
Vir op julle eie weë loop nie
Asseblief liefste kinders
Luister wat Ek sê

Lank genoeg dat julle dink
Julle bewys My ‘n guns
Om in My weë te loop
Ja liefste kinders dit is eintlik meer vir jul

Dis ‘n goeie, wonderlike ding
Om in My weë te loop
Sê Vader
Ja vir My maar meer ook vir jou

Ek het gekom sodat julle die Lewe kon ervaar
Ja liefste kinders
Meer en meer
Soos julle na My weë vra

Asseblief liefste kinders
Begin julle weë neerlê
Sodat jy die WARE LEWE kan vind
Begin loop op My weë

My hart is seer sê Abba-God
Oor kinders wat nee dankie bly sê
Die eie ek en begeertes van die vlees
Wil hulle nie neerlê

My liefste kinders
Julle is besig om so te verloor
Op groot skaal
Sê die Heer

Die Lewe kan nie kom
As julle nie daarvoor begin plek maak
Die self moet sterf My liefste kinders
Die self moet sterf

Dis al hoe julle by My
En die Ewige Lewe saam met My gaan uitkom
Liefste kinders asseblief
Begin luister na My Gees

Begin luister
Wanneer Ek in My Woord iets van jou vra
Begin luister
Wanneer jy weet Ek praat met jou

Soveel kere wat julle My hoor
Sê Abba Vader
Soveel kere wat julle My hoor
En dan nee dankie bly sê

Nee My liefste kinders
Ek wil hê dat julle weë Myne sal word
Ek wil hê al julle weë, alles wat julle is
Moet aan My behoort

Hou asseblief op
Om die stil sagte stemmetjie
Van die Heilige Gees uit te doof
Besef julle nie dat dit na die Lewe loop

Haar raad is goud
Sê Vader
Asseblief begin na haar luister
Sy weet hoe, sy weet waar, sy weet wanneer

Dis al wat julle hoef te doen
Sê Abba
Dit is om te begin luister
Na die Stem van My Heilige Gees

Haar stem is mooi
Liefste kinders
Haar stem is wys
Asseblief begin om haar te hoor

My liefste, liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
My koms is voor die deur
My koms is baie naby

Begin regmaak sê Abba Vader
Begin asseblief ophou om My stil te maak
Julle moet weet liefste wêreld
Julle moet weet of julle saak reg is met My

Hou op uitstel sê-vra Abba-God
Asseblief kom na My
Begin jou en jou weë neerlê
Sodat jy My en die Ewige Lewe kan vind

My Seun het Ek gegee
Sodat julle vir altyd kan wees by My
Eenheid tussen ons twee
Dit is waarna Ek verlang

Kameradie en vriendskap
Dit is My hart vir jou
Liefste wêreld asseblief
Asseblief kom na My

Hou op om nee te sê
Hou op om My weg te wys
Weet julle waarvoor julle nee sê
My liefste kinders Ek dink nie so

Alles wat julle nodig het
Om hierdie stryd ore aan te sit is in My
Asseblief liefste kinders
Begin luister vir My

Die vlees is swak
Die gees gewillig
Word liewer vir My liefste kinders
Groei in liefde vir My

My liefste kinders
Ek weet wat julle nodig het om te oorwin
Dis Ek, My Gees
En die bloed van My Seun

Dis meer as genoeg
My liefste kinders
Om enige reus
Op sy neus te laat kyk

Daarom vra Ek liefste kinders
Kom asseblief
Kom en bely
Dat jy My waarlik nodig het

Dit is wanneer die krag van wie Ek is
En wat Ek in jou lewe
Kan en wil doen
Waarlik na binnetree

My liefste kinders
Julle moet bely dat julle My nodig het
Asseblief liefste kinders
Asseblief bely

Hoekom sal julle My aanhou wegwys
As Ek so mooi vra
My liefste kinders Eks besig om My hart te deel
Eks besig om Myself te ontbloot

Dit maak seer sê Abba
Dit maak seer as mense hierdie woorde hoor
En nogsteeds
Nie wil kom na My

Ek verstaan nie
Sê Abba-God
Ek verstaan nie sê Hy
Hoekom dit so moet wees

Hoekom kom julle nie net nie
Hoekom glo julle net nie
Ek kan, wil en sal
Die stryd vir jou baklei

Is die bloed, vergifnis
Genade en aanvaarding van My Seun
Aan die Kruis van Golgota
Nie genoeg nie?

My liefste kinders
Ek verstaan nie
Ek verstaan
Sowaar nie

Asseblief begin ophou
Ophou luister na die leuens
En waarde van die vyand
Weet dit JY is meer as goed genoeg vir My

Jy is My kind sê Abba-God
Ek het jou gemaak
Hoe sal Ek dan nie weet
Hoeveel waarde jy dra

My liefste kind
Glo My asseblief
Jy is kosbaarder as die mooiste goud
Vir My

Begin glo dat jy waarde dra
Want dit is so
Begin glo dat jy
Verby waardevol is vir My

My liefste kind
My hart breek
Want Ek wil nie meer hê
Dat jy so vêr van My moet wees

My liefste kind asseblief
Ek wil hê dat ons hier en nou
Ook in die Ewigheid
Veraltyd bymekaar, baie naby mekaar sal wees

My liefste kind
Sal jy kom
Sal jy glo
Asseblief Ek weet van jou

Kom liefste kind
Kom asseblief
Nooit sal Ek Myself kan vergeef as Ek nie weet
Ek het My allerbeste gedoen om jou terug te bring na My

En dis al wat Ek
Besig is om te doen
Ek is besig om jou te probeer
Terug bring na My

Liefste kinders
Asseblief glo My, asseblief
Dis vir My niks lekker as jy so vêr is van My
Ek wil jou nader bring

Nader bring aan My
Ek wil die vertroue herstel
Wat sonde tussen ons gebreek het
Ek wil weer verhouding met jou bou

My liefste, liefste kinders
Sal julle asseblief kom
Sal julle asseblief glo
Daar is soveel-soveel meer as waarvoor julle leef

Daar is ‘n Ewigheid op die spel
‘n Ewigheid
Wat Ek so hoop
Ek en jy sal saam wees

Asseblief liefste kind sal jy net bely
Jou sonde en jou seer
Sodat Ek jou kan oplig
Nuwe Lewe aan jou gee

Ek wil hê My Seun moet in jou leef
Ek wil jou so, so graag vergeef
Asseblief liefste kind
Asseblief

Al wat Ek vra is dat jy sal kom en bely
Weet jy hoe naby Ek aan jou is
Weet jy dat Ek alles-maar-alles
Vir jou kan en wil nuut maak

My liefste kind jy gaan nog verbaas staan
Oor die toekoms wat Ek vir jou instoor het
As jy net wou kom
En begin ja sê daarvoor

Begin vandag sê Abba Vader
Asseblief begin vandag
Begin jou hart vir My oop te maak
Asseblief begin vandag

Die seer in jou hart
Sien Ek liefste kind
En En sal dit beter maak
Ek beloof

Dit begin als met jou
Wat jou hartsdeur oop maak vir My
Asseblief
Kom dan nou na My

Moenie versuim
Begin My Lig innooi
Sodat Ons alle duisternis
Kan verdryf

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Nee dankie”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s