Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Tyd saam met My

Hou julle oë asseblief op My
Liewe wêreld
En nie die storms
Wat julle omring

Dis al hoe julle
Gaan staande bly
Liefste kinders
As julle oë waarlik is op My

Julle moenie bang wees om My te vind nie
Sê Pappa-God
Liefste kinders weet dit asseblief
Ek maak alles weer nuut

Abba help ons asseblief
Om alles voor U Troon neer te lê
Om nie bang te wees
Want U is en bly in beheer

Geen storm
Is groter as ons God nie
Geen reus
Kan teen Hom staande bly

As ons in Christus is
Kan ons weet
Dat ons verseker
Meer as oorwinnaars is

Niks kan ooit skeiding bring
Tussen God
En Sy groot liefde
Vir my en jou

Liefste kinders
Dit is wat julle harte
Moet hoop gee in hierdie wêreld
Dat Ek rerig die Een is wat in beheer bly

Ja liefste kinders
Daar gebeur baie dinge in hierdie wêreld
Wat glad nie
Van My is

Dit maak My hart nie bly
As Ek sien
Dat My kinders
Deel aan hierdie wêreld het

Die dinge van hierdie wêreld
Wen gereeld
Bo ‘n tydjie saam met My
Liefste kinders

Ek vra dat dit
Anders sal begin wees
Ja liefste kinders
My oog is en sal altyd op julle wees

Tog bly dit nie vir My lekker
Om te sien
Met hoeveel vreugde en blydskap
Julle die wêreld dien

As daardie plesier
In julle harte
Net Myne was sê Hy
Dinge sou soveel anders kon wees

My liefste kinders Ek vra dat julle rerig
Tyd met My sal begin spandeer
Tyd saam met My
1ste bo alles wat julle omring

Ek dink dis hoekom julle dit bly doen
Sê Abba Vader
Julle het nie ‘n idee
Wat julle eintlik mis

Julle weet nie waarvoor julle bly sê Nee
My liefste kinders hou asseblief op
Om nee te sê vir My
En tyd saam met My

My liefste kinders
Ek wil vra dat julle asseblief
Sal begin ja sê
Om tyd saam met My te hê

Weet julle dat Ek
Soveel waarhede vir julle sal oopbreek
As Ek sien
Dat julle waarlik kom

Want liefste kinders
Dit is hoe Ek weet
Julle stel belang
Om rerig van My te hoor

My liefste kinders
My liefste kinders
Ons moet tyd saam spandeer
As jy jouself ‘n kind van God wil noem

Dit kan nie anders wees
Nee nooit nie sê Abba-God
Daar is net geen ander manier
Ons moet tyd saam spandeer

Dankie Abba liefste God
Dat U so goed en groot is
Ons harte is en bly baie bly
Want U is en bly die Ewige EK IS

Halleluja, Amen
Halleluja, Amen

Soveel vreugde
Liefde en blydskap
In my hart
Alles omdat U leef

U is
Was
En sal altyd wees
Watter voorreg om dit te weet

My liefste Koning-God
Dat dat dit is wie U rerig is
Die Ewige Ek Is
Ons harte word so bly

Dis omdat ons U ken
Liefste Vader
Dis omdat ons weet
U is die Een wat is

Watter voorreg om te weet
Dat U Vader is
Watter voorreg om te weet
Dat ons U kinders is

Soveel vreugde
Blydskap en vrede in ons hart
Omdat omdat ons weet
Dat U vir ewig leef

Niks en niemand
Kom naby U o God
Onverwoordbaar is U weë
Onverwoordbaar is wie U is

Dankie vir U skone weë
o Vader-God
Die weë waarop U so graag wil hê
Ons moet kom loop

Skoon en mooi
En alles wat rein is
Dit is U
Dit is waarheen U mooie paaie lei

U paaie is nie soos die van die dood nie
Hulle is rein
Hulle is mooi
Hulle is voorwaar beeldskoon

Dankie my Abba-God
Liefste God vir wie U is
Net daardie wete
Maak ons harte so baie bly

U is die Ewige EK IS
U is die Een wat beeldskoon bly
Dankie Abba liefste Koning
Ons gee en bring U al die lof en eer

Omdat U in beheer is en bly
Kan en sal ons harte sing
Vir ewig en altyd
Want U is die Een wat Genade is

Dankie Abba-God dat U Seun
Sy lewe gegee het vir my
Dankie dat daar in Hom
Soveel vreugde en blydskap rus

Dankie Abba vir wie U is
U het U Seun gegee vir my
Ek is so so baie dankbaar daarvoor
Ewig en liefdevolle EK IS

Vader van almal
Wat in Hom glo
Vader van almal
Wat bereid is om te kom

Lê neer julle weë
Liefste kinders
Asseblief kom vra na Myne
En weet dit Ek is die Een wat ewig-ewig is

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Tyd saam met My”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s