'n Seer hart, Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Mooi verby

Kom gee oor aan My
Kom gee oor aan My liefste wêreld
Lank genoeg wat julle weier
Om te doen soos wat Ek vra

Hoekom doen julle dit
Sê Abba Vader
Hoekom doen julle dit aan My
En ook aan julleself

Julle verstaan nie
Julle glo so verkeerd
Julle glo dat Ek My mes in het vir julle
Julle glo dat Ek julle ‘n ding of twee wil wys

Hoekom glo julle nie
Dat My hart mooi is nie
Hoekom glo julle nie
Dat alles wat suiwer, soet en skoon is daarbinne woon

My liefste kinders
Liefste wêreld
Ek nooi julle om nader te kom
Ek nooi julle om die ware My te kom vind

Julle is so verkeerd oor My
Sê Abba-God
Julle het nie ‘n idee
Weet nie wie Ek rerig is

My liefste kinders
Sal julle asseblief glo
Dat Ek alles is wat mooi is
En verby

Kyk na al die mooi in hierdie wêreld
Asseblief liefste kinders
En vra julleself
Hoe mooi moet die Skepper van die Heelal nie wees

Mooi verby
My liefste kind
Ver by mooi verby
Dit is wie Ek is

My kinders wat My ken
Hulle weet dit is waar
Hulle weet Ek sal
Nooit kan lieg of bedrieg

Liewe wêreld
Liefste kinders
Wil julle nie ook kom
En My ook so leer ken?

Want My liefste, liefste kinders
Dit is wie Ek is
En dit is waarvan al My ware kinders
Sal getuig

Hulle weet dat Ek goed is
Hulle weet dat Ek mooi is
Hulle weet dat daar nêrens ooit
Iemand soos Ek te vinde is

My liefste kinders
Liefste wêreld
As julle My nog nie so ken
Wil Ek vra dat julle asseblief nader sal kom

Sal julle saam met My
‘n Groot verskil in hierdie wêreld maak
Sal julle glo dat julle kan
Alles omdat Ek is

Ek wil vra dat julle
Julle oë sal begin afhaal
Van dit wat verlei
Alles wat nie van My is

Want sien daar is twee goed
Wat gebeur sê Abba
Met alles wat jy doen
Luister en kyk

Dit bring jou
Of nader
Of dit trek jou
Verder weg van My

Daarom wil Ek vra
Begin asseblief mooi dink oor wat jy toelaat
My liefste kinders
Julle moet versigtig wees

Die duiwel loop altyd rond
Soos ‘n brullende leeu
En hy kyk
Wie hy kan verslind

My liefste kinders julle moet wys wees
Versigtig
Waak en bid
Sodat julle nie in die versoeking kom

Alles wat in hierdie wêreld is
Alles is nie van My
Kan jy onderskeid tref
Weet jy wat dit is?

Ek wil hê jy moet jouself begin afvra
Wat in my lewe is van God
Wat in my lewe
Sal Hy nie doen, luister of kyk

En liefste kinders
As dit nie van My is
Wil Ek hê en vra
Dat jy dit sal begin neerlê

Moenie julle ophou met onbenullighede nie
My liefste kinders
My kinders julle moet weet
Wat is dit wat ewigheidswaarde dra

Begin die dinge doen
Wat vir My belangrik is
Begin asseblief
My aangesig te soek

My liefste kinders
Ek vra en verwag dalk nie
Oornag-verandering nie
Maar Ek vra dat ons begin

Ons moet begin
Liefste kinders
Om jou weë neer te lê
En Myne op te tel

My liefste kinders asseblief weet dit
My hart is mooi
Ek as Ek julle vra om iets neer te lê
Is dit omdat Ek iets beter instoor hou

Begin dan asseblief
Nee sê vir julle eie weë
Begin dan asseblief
Vra na My mooi lieflikste weë

Halleluja, Amen
God is op die Troon
God is op die Troon
Vir ewig en altyd

Ja, Amen!

Advertisements

Een gedagte oor “Mooi verby”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s