Byt vas, Nuwe hoop

Vrae

Soveel vrae
Wat in my binneste leef
Soveel vrae
Waarvoor ek nog nie enige antwoorde het

Voel jy ook dalk so
Liewe vriend
Onbeantwoorde vrae
Goed waaroor jy al goed gewonder het

Hoekom daar soveel slegte goed in hierdie wêreld is
Hoekom Vader-God Sy Seun gestuur het
Hoekom dit nodig was
Hoekom Hy moes kom

Dit is vrae
Waaroor ek al gewonder het
Dit
En soveel meer

Tog wil ek vandag
Vir jou en my bemoedig
Om net aan te hou
Tot by die end

Vir van ons vrae
Sal ons dalk nooit die antwoorde hê
Tog is dit belangrik
Om te weet

Is jy waarlik lief
Vir die Een wat Ewig is
Want as ons glo dat Hy is
Wie Hy sê Hy is

Sal ons Hom bly dien
Loof en eer
Selfs al is dit dat daar
Soveel onbeantwoorde vrae is

Al wat ek weet
En dit is wat ek sal bly glo
Ek het dit al te veel kere
In my eie lewe gesien

Vader-God se hart
Is en bly mooi
Dit is waarmee Ek
Julle wil bemoedig

Liefste kinders
Liefste wêreld
Om aan te hou glo in My
Selfs as daar onbeantwoorde vrae is

Want sien sê Abba
Geloof beteken nie dat julle alreeds
Voor die tyd al die antwoorde het
Geloof sê dat julle My vertrou om julle te leer

My liefste kinders
Hou aan glo
Hou asseblief altyd daaraan vas
My hart vir julle is mooi

Maak nie saak
Wat die wêreld daarvan sê
Hou my vas Abba-God
Hou my vas in U liefdevolle hand

Dankie Abba-Vader
Dat U ons liefhet
Die Ewige EK IS
Dit is wie U is

Ons sal dan Abba Vader
Altyd bly glo
In die mooi van U hart
En dat dit waarlik MOOI is

Help ons Abba Koning
Om nooit moed te verloor
Al gebeur daar slegte goed
Al is ons nie altyd presies seker wat die volle waarheid is

Ons sal bly glo
Liefste God
Ons sal bly glo
U hart is en bly mooi

Dit wat ons moet weet
Dit sal U ons leer
As ons net seker maak
Om tyd saam met U te spandeer

Want U maak altyd tyd
Vir die wie U liefhet en dien
U sien ons harte Abba
U weet wat ons bedoel

Ons wil dan nie net Bybel lees
Omdat ons skuldig voel
Ons wil dit doen
Omdat ons rerig meer van U wil weet

My liefste Abba-God
Dankie vir wie U is
Dankie dat ons leer
Meer en meer die mooi van wie U is

Ja ons glo dalk al vir jare
So verkeerd
Dat alles wat sleg is
Van U is

Vader maak ons harte
Asseblief NUUT
Help ons asseblief om te weet
Dat U rerig liefde is

Liefde en Pyn is nie een nie
Dis wat ons moet weet
Dis dan wat ons bly is
Dat ons U ken en van U kan leer

Ons eie opinies, waarhede en lerings
Wil ons neerlê Abba-God
Voor U Troon van Genade
Sodat U ons reg kan leer

Dankie vir die skeppende
En genesende bloed van Yeshua (Jesus)
Dat dit alles wat stukkend en gebreek is
NUUT maak

Dankie liefste Pappa-God
Dankie dat U liefde is
Dat U mooi is
Dat U deur elke storm ons Anker is en bly

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s