Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Ek Is

Maak oop julle harte
Liewe wêreld
Asseblief sal julle My
Waarlik innooi

Sal julle My innooi
In julle seer
Sal julle My innooi
In julle verkeerde glo

My liefste kinders
Dankie dat julle die lig is
In hierdie wêreld
Dat julle glo soos wat Ek glo

My liefste kinders
Dankie dat julle bereid is
Om saam met My
Groot verskil in hierdie wêreld te maak

My liefste kinders
Dis dalk nie altyd moontlik
Om alles en almal gelyk aan te raak
Tog kan ons dit een vir een bly doen

Dis al wat Ek nodig het
Sê Abba-God
Julle bereidwilligheid
Om saam met My te werk

Dankie My liefste kinders
Dat julle glo soos wat Ek glo
Dat julle bereid is om saam met My
‘n Groot verskil in hierdie wêreld te maak

Dankie dat julle julle oë
Op My bly hou
In die stormtye van hierdie lewe
Weet dit Ek is altyd daar

Altyd daar
Om julle hande vas te hou
Altyd daar
Om julle meer van My te leer

Dankie My liefste kinders
Dat julle lief is vir My
Dat julle gekom het
Dat julle weet van My

Dit beteken vir My so baie
Sê Abba-God
As julle luister wanneer Ek praat
Dit beteken vir My rerig so baie

My hartewens vir julle liewe wêreld
Is dat ook julle
Net soos My kinders
Die waarheid sal vind

Julle ken My nie vir wie Ek is nie
Nog nie
Maar Ek bid
Dat ook dit sal verander

My liefste kinders
Weet van My
Dat Ek altyd daar is
Mag julle dieselfde vind

Hou julle oë dan op My
Liefste kinders
Liefste wêreld en weet
Dat Ek die Ewige Lig is

Ek sal dit
Vir al My kinders voleindig
Dit is wat Ek doen
Dit is wie Ek is

Hou julle oë op My
Hou julle oë asseblief op My
Veilig is julle in My arms
Totdat julle die Ewige Lewe vind

Dan sal julle
Vir altyd by my wees
Daar waar geen pyn is nie
Daar waar niemand ‘n traan stort nie

Watter hemelse plek
Gaan dit nie wees
Om vir altyd by U te wees
Abba hou ons asseblief altyd trou

Hou ons oë op U
En niks anders nie
Hou ons oë op U
Die Ewige Ek Is

Ons het U Abba-God
En ons sê
Baie dankie
Vir elke liewe voorreg

U is die Lewe
U is die Lig
U is die Een in wie ons harte
Soveel vreugde en vrede vind

Ons loof U dan o Heer
Ons prys U Naam
Vir altyd en ewig o Heer
Want U is waardig altyd en beslis

Liewe wêreld
Maak oop julle oë
Sien My
Vir wie Ek werklik is

So sal julle My vind
As julle net weier om op te gee
Moenie opgee nie, nie totdat julle My vind nie
Dit is wat Abba sê

Ek sal My laat vind
As julle My soek
Met harte skoon en opreg
Geen bedrog in hulle te vind

Suiwer julle harte dubbelhartiges
Kom soek en kom vind
Weet dit
Ek is die Ewige EK IS

Halleluja, Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Ek Is”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s