Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Diepe Oorgee

Ek lê my hart
Neer voor die Here
Ek vra Hom
Om rerig in te kom

My liefste kind
Sal jy asseblief jou weë neerlê
Sal jy asseblief Myne kom
Vind

Dit is ware oorgawe
Sê Hy
As jy doen en glo
Al weet jy nie wat voorlê

My liefste kinders
Asseblief julle moenie bang wees
Om My in te nooi
Waarlik alles wie julle is vir My oor te gee

Dankie liefste kinders
Dat julle My liefhet
Dat julle glo
Wie Ek rerig is

Ek is alles wat mooi is
Sê Abba-God
Alles wat mooi is
Sal julle in My vind

Ek weet wat Ek vir julle beplan
Gedagtes van voorspoed
Gedagtes van Hoop
Sê Abba-God

Daarom moet julle asseblief
Nooit ophou
Julle moet aanhou soek
Totdat julle vind

Soveel mooi drome
Wat Ek in My hart vir jou hou
Sal julle asseblief begin vra daarna
Julle weë neerlê

My Koning maak alles nuut
Alles wat ek vir Hom gee
Kan Hy draai vir goed
Kan Hy draai vir Sy eer

Hoe wonderlik is dit
Hoe groot is U
Dankie Abba-God dat U liefde is
En dat niks by U onmoontlik is

Abba gee ons asseblief
Meer en groter geloof
Help ons om te glo
Net soos ‘n kind

Ons wil wonderwerke sien
Meer en meer
Ons wil U hand
In groot werking sien

Dankie Abba-God
Dat U liefde is
Dat ons kan glo
U is die Een wat altyd is

Vul ons harte asseblief
Met meer HOOP
Dat ons altyd sal weet
U is die Een wat ten volle in beheer is

Ons glo dan in U
Ons gee U alles wat ons is
U is ons Lewe
U is Ewige Hoop

Besny asseblief ons harte
Met alles wat mooi
En U hart is
Ewige Koning

Meer en meer
Wil ons U gee
Al die lof en eer
U alleen is die Ewige EK IS

Dankie Abba-God
Vir wat U kom doen het
Dat U leef in my
Ek gee U al die eer

Glorie tot die Koning
Aan ons God alleen die eer
Hy wat ons kom haal het
Hy wat ons vashou

Dankie Abba Pappa liefste God
U is Lewe
U is Oorvloed
U is alles wat ons in hierdie lewe wil hê

Glo dan vir God
Glo in Sy Naam
Liewe vriend, liewe wêreld
Hy maak alles NUUT

Hou aan glo en weet
Dat Hy nooit uithou op jou
Hy het net die beste instoor
Daaraan kan jy maar vashou

Seën vir jou liefste vriend
Seën van die Vader daarbo
Hy weet van jou
En Hy bid dat jy nog meer sal vind

Lê neer julle eie weë
Kom tel op Myne
Kom loop op hulle sodat julle
Die Ewige Lewe kan vind

Gee oor, gee oor
Met heel julle harte
En weet Ek maak alles nuut
Dit is wat Vader sê

Glo soos Ek glo oor dinge
Nie soos jy hulle glo en sien
My manier
Is die beste manier

Glo dit en weet dit
Ek is altyd daar
Halleluja
Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Diepe Oorgee”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s