'n Seer hart, Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Ek weet van jou

Weet julle dat Ek
Die God van hierdie wêreld is
Dat Ek die Een is
Wat julle altyd nader nooi

My hartsgebed is altyd
Dat julle oë sal begin oopgaan
Dat julle My sal begin sien vir wie Ek is
Dat julle My waarlik sal vertrou

My liefste kinders
My hart en oë is op die
Wat in My weë volg
Hoe hoop Ek daar was meer

Meer mense wie Ek ook
My kinders kon noem
Meer mense wie ook
In My weë kom loop

My liefste kinders
My hart en oë is op julle
Wat in My weë volg
Hoe hoop Ek net daar was meer!

Meer mense wat wou ja sê
Vir die Weg van Lewe
Meer mense wat My spore
Wou kom navolg

My liefste kinders
Ek weet van julle, dit is beslis
Niks en niemand sal julle ooit
Uit My hande uit kan ruk

My liefste kinders, liefste wêreld
Ek gee om vir julle
Hoe hoop en wens Ek
Dat julle dit waarlik sal glo

Dis My liefde
Wat julle Anker moet bly
In die lewensstorms
Weet dit Ek is altyd naby

My hart en oë
Sal altyd op julle wees
Julle wat My God
Heer en Verlosser noem

My liefste kinders
Ek is so lief vir julle
‘n Liefde so groot
Dit is en bly ongemeet

Dit is hoekom Ek die uitspansel gemaak het
Sê Abba-Vader
Gaan en gaan leer
Gaan en gaan weet

My liefste kinders
Niks in hierdie wêreld
Sal julle ooit van My liefde kan skei
Weet dit asseblief altyd

Ek wag vir julle liefste wêreld
Om My te kom vind
Ek wag vir julle oë
Om waarlik oop te gaan

Ek wag vir julle
Om My in te nooi
Ek wag vir julle
Om My Koning te noem

Wanneer sal dit wees
Wil ons Abba-God weet
Wanneer?
Wanneer?

Alles wil en kan Ek nuut maak
Alles sê Abba-God
As julle net wou kom
En van My wou begin leer

My liefste kinders
Ek is en bly lief vir julle
Niks sal ooit kan skeiding bring
As jy waarlik lief is vir My

My liefste, liefste kind
Kom, kom nader
Begin hoor, begin glo
Ek weet waarlik van jou

So baie kere wat julle
Deur hierdie wêreld gaan
Soveel kere wat julle
Alleen bly voel

My liefste kinders
By My is daar altyd Rus
Dit is wat ons Pappa-God bly sê
Weet asseblief dat dit altyd so is

Ek is die God van Liefde
Ek is die God van Genade
Ek is die God van Vergifnis
Weet jy wie Ek is?

My liefste, liefste kind
Hou jou oë asseblief op My
Nie op die wêreld nie
Nie op dit wat mislei

My liefste kind
Ek weet van jou
So sal dit
Altyd wees

Niks sal ons ooit kan skei
My liefste kind
As jy net in My is
En bly

Weet dit sê Abba Vader
Dat Ek by magte is
Om dit wat Ek in jou begin het
Te voleindig sê die Heer

Ja My liefste kinders
Ek wil hê en vra
Dat julle
Dit rerig sal weet

My liefste kinders
Ek is so lief vir julle
Ek wil julle vra
Asseblief kom vind

In die stormtye van hierdie lewe
In die rerige moeilike tye
Dis dan wat julle
Moet vashou

Leer dan asseblief die lesse
Wat Ek julle in hierdie tye wil leer
Dis goud en dit is kosbaar
Saam gaan Ek en jy daardeur

Moenie opgee nie My liefste kinders
In die stormtye van die lewe
Hou vas My liefste kind
Hou vas met alles wat jy het

Ek sal dit vir jou voleindig
Sê Abba-God
Ek sal alles vir jou waarlik nuut maak
As jy net jou oë op My wil bly hou

Dis hoe mens deur die storm trek
My liefste kind
Jou oog op My
En nie die storm rondom

Luister dan vir My
My liefste kind
Kyk en sien
Hoe Ek alles vir jou nuut maak

Ek is die Lig
Wat in donker tye bly skyn
Ek is die Lig
Wat geen duisternis kan uitdoof

Ja liefste kind asseblief kom
Kom asseblief
Kom woon en leef
In My wonderbare lig

Ek sal alles nuut maak
Sê Abba-God
Alles-alles sal Ek nuut maak
Wie jy is binne-in

Hou jou oë dan op My
My liefste kind
En moet My asseblief nie ooit
Uit die oog verloor

Ek alleen is die Een
Wat alles nuut maak vir My kinders
Weet dit asseblief
En moenie moed verloor

My kind Ek weet
Waarmee Ek besig is
Hou net uit
Asseblief hou net aan

Alles sal Ek nuut maak
Alles
Hou net asseblief aan
Om nie van My te laat gaan

Lewe en Lig
Dit is wat Ek vir jou wil gee
Alles wat ‘n mens wil hê
Alles waarna ‘n mens se hart kan verlang

My liefste kind sal jy jou oë
Asseblief op My bly hou
Sal jy asseblief glo
Ek voleindig dit vir jou

Jy is My kind
So sal dit altyd wees
Moenie moed verloor
Asseblief hou jou oë op My

Al raak dit somtyds moeilik
Al weet jy nie meer
Trek net nader sê Abba
Trek asseblief net nader aan My

Dis hoe julle
Deur die stormtye van die lewe kom
My liefste kinders
Om julle oë op My te bly hou

My liefste kind
Al is dit winter in jou hart
Weet een ding
Ek is by jou

Die bloeisels van lente
Hulle gaan nog bloei in jou hart
Ons is net besig om weg te snoei
Alles wat nie van My is

Dis ‘n goeie ding sê Abba
Om deur storms te gaan
My liefste kinders
Al lyk en voel dit nie altyd so nie

Het dit die potensiaal
Om die beste in julle na vore te bring
Om julle te Anker in My Woord
Soos niks voor dit, dit kon doen

My liefste kinders
Storms is eintlik ‘n baie mooi ding
Dit hang net af hoe jy daarna kyk
Dit hang net af of jy aan My bly vashou of nie

My liefste kind
Ek sal jou nooit veroordeel nie
Dit is nie wie Ek is
Ek is altyd die Een wie jou aanspoor

Hou dan asseblief jou oog op My
Liefste, liefste kind
En weet 1 ding beslis
Saam met My gaan hierdie storm jou nie onderkry

Hou jou oë op My liefste kind
Een fokus en dit is Ek
Een fokus wat sê bly by My
Een fokus wat sê ons gaan hierdeur en dit is so

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s