Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Kom Dieper

Asseblief liefste kinders
Laat gaan van julle weë
Kom loop op Myne
Dit is wat ons Vader in soveel liefde vra

Julle ken My nie
As julle bly weghardloop nie
Julle weet dan nie
Dat Ek ‘n God van liefde is

My liefste kind
Ek wil vra dat jy sal begin glo
Soos wat Ek glo
Dat jy werklik die strydbyl tussen ons sal neerlê

My liefste kinders asseblief
Begin neerlê
Begin neerlê
Alles wat nie van My is

Dis asof julle nie weet
Dis asof julle nie besef
Dat hierdie goed
Weer skeiding tussen ons bring

My liefste kinders
Julle moet My hart oor dinge ken
Julle moet weet
Wat dit is, wat vir My belangrik is

My liefste kinders
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te begin glo
Soos wat julle Pappa-God glo

Baie kere in My Woord
Wat Ek bly sê
Word vernuwe in die manier hoe julle dink
Moenie net soos die wêreld doen

My liefste kinders
Daar moet ‘n verskil wees
In hoe julle en die wêreld doen
‘n Mens moet onderskeid kan tref

Soveel kere sê Abba-God
Dat die manier van die wêreld
Die manier van My kinders
Presies dieselfde is

Nee My kinders nee
Asseblief dit hoort nie so
Ek wil julle dieper vat in die manier waarop Ek glo
Sodat julle My rerig ken

Dis eintlik maar al
Wat Ek wil hê julle moet weet
Dat julle waarlik moet weet
Wie Ek eintlik is

My kinders kom net nader
Asseblief kom net ‘n bietjie nader
Aan My hart
Aan wie Ek rerig is

Hoekom wil julle nie meer weet nie
Sê Abba-God
Hoekom wil julle nie meer weet nie
Asseblief kom ‘n bietjie nader vra Hy

My kinders asseblief
Begin neerlê julle eie weë
Moenie meer op hulle wil loop
Alles sodat julle die ware Ek kan vind

My liefste kinders
Julle moet My hart kom naspoor
Daar is soveel mooi
Wat nog vir julle wag om hulle te vind

My liefste kinders asseblief
Begin ‘n bietjie neerlê
Dit wat nie van My is
Sodat julle My waarlik kan vind

Om te weet wie Ek is
Beteken dat julle sal tyd maak vir My
Dit beteken dat julle sal tyd maak
Om te leer van My

My liefste kinders asseblief
Sal julle asseblief begin glo
Soos Ek dinge glo
Sal julle asseblief alles anders neerlê

My liefste kinders
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle nader
Aan My hart

My liefste kinders
Ek wil hê jy moet dit weet
Dat daar NIKS is
Wat Ek en jy nie saam kan doen

Asseblief My liefste kinders
Kom loop op My weë
En weet dit
Ek is die Ewige EK IS

Lank genoeg wat hierdie wêreld
Dinge so verkeerd het
Hulle glo verkeerd
Hulle glo so verkeerd oor My!

Liefste wêreld
Julle het nie ‘n idee
Wie Ek eintlik is
Mooi, skoon en rein is al My weë

Laat gaan sê Abba-Vader
Laat gaan asseblief nie van My
Ek wil julle soveel meer leer
Soveel meer van wie Ek eintlik is

My oë en hart is op die wie My wil ken
My hart en oë is op julle
Liefste kinders
Ek weet wie meer van My wil weet

My liefste kinders asseblief
Kom nader
Kom ‘n bietjie nader aan My
Weet dat Ek ewig is

Halleluja sê Abba Vader
Halleluja aan My
My liefste kinders Ek wil hê julle moet weet
Dat daar niemand soos Ek is

Niemand kan met My
En My Koninkryk vergelyk
Niemand sê Vader nie
Nie ooit

My liefste kinders asseblief
Kom nader aan My weë
Lê joune neer en kom vind uit
Wat Ek oor die lewe sê

Soveel goeie raad
Wat julle in My Woord sal vind
As julle hom net wou begin lees
Hom waarlik wou begin optel

My Woord kan soveel dinge vir jou oplos
Sê Vader
Van die grootste tot die kleinste
Weet dit Ek is altyd daar

Meer wil Ek jou altyd leer
Styf in My hande en hart
Dit is hoe Ek jou wil vashou
My liefste kind jy is veilig by My

Hoe wonderlik gaan die hemel wees
Om by U te wees
‘n Plek sonder enige vrees
Net dit alleen gaan wonderlik wees

My liefste Koning
Dankie vir wie U is
Dankie dat die wie rerig soek
Dankie dat hulle waarlik sal vind

Dankie Abba-God
U liefde en trou is baie groot
En ons waardeer
Ons waardeer wie U rerig is

Niemand is soos U
Niemand kan ooit met U vergelyk
My liefste Koning God
Ons sê baie dankie daarvoor

Die Ewige EK IS
Dit is wie U is
Die Een wie ons altyd meer wil leer
Sodat ons in alles waarlik een kan wees

In Yeshua Jesus is ons een
Dit is wat Vader sê
Maak seker dat jou alles
Aan My behoort

Gees, siel en liggaam
Moet jy Myne wees
Nie net op gees-vlak
Maar alles in jou

My liefste kind
Ek wil jou meer gee
Meer as wat jy kan droom
Meer as wat jy glo moontlik is

My liefste kind
Dit is wat Ek vir jou wil doen
My alles, My alles
Gee Ek vir jou

Sal jy My dan kom vind
My liefste kind
Sal jy asseblief alles neerlê
Sodat ons waarlik een kan wees

Een van siel
Een van sin
Een in die manier waarop ons glo
Een in alles sê Abba-Heer

Eenheid
Eenheid
Dit is My hart vir jou
Ek bid dat jy dit sal weet

Lê dan neer My liefste kinders
Lê neer alles wat nie van My is
Groei in die Gees
Vra Hom om jou te help

My liefste kind
Hou jou fokus op My
Hou dit op My liefde en aanvaarding
En weet dit ons gaan saam die steilste berg oor

My liefste kinders
Julle is verby kosbaar vir My
Dankie dat julle My glo
Dankie dat julle kom net soos wat julle is

Dit is altyd My hart
Dat julle My sal vind
In die hardste rofste storms
Weet dit Ek is altyd daar

Altyd daar My liefste kind
Altyd daar om meer van jou te hoor
Altyd daar om nie op te gee
Altyd daar om te sê Ek weet van jou

Altyd daar My liefste God
YaHWeH Shammah
Dit is wie U is
God – Ek is altyd daar!

Dankie my liefste God
Dankie vir wie U is
Dat U by ons is
Om ons nooit ooit te verlaat

Aan U
Al die lof en eer
Aan U
Al die lof en eer

Ons gee U alles
Wat aan U behoort
En ons sê
Baie dankie daarvoor

Vir elke voorreg van genade Abba-God
Vir elke voorreg van wie U is
En wat U
Met ons wil deel

Ons gee U alles
Ons gee U waarlik al die eer
Niemand is soos U
Die Een wat bo alles uittroon

Dankie vir genade Abba-God
Vir elke voorreg uit U hand
Ons sê baie dankie daarvoor
Ons weet dat U die Lewende God is

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s