Byt vas, Oorgegee

Onwrikbare geloof

My liefste God
Ek smag na meer van U
Ek smag na U vuur
Ek smag om U krag te ondervind

Ek wil so graag hê
Dat hierdie wêreld
U sal begin sien
Vir wie U werklik is

Ek is moeg
Raak moeg
Vir aansit
Vir kerk-speel

My liefste God
Ek smag na meer
Ek smag na U in ons
Ek wil so graag hê

Die mense in ons land
Jongmense van oral-oor
Hulle moet U krag ondervind
‘n Daadwerklike ondervinding met U hê

Want dit is wat mense verander
My liefste God
Dit is wat maak dat mense
Nooit weer dieselfde is

‘n Ontmoeting met U
‘n Ontmoeting met die krag van U kruis
‘n Ontmoeting met U sagte, soete
Heilige Gees

Dit is waarna My hart
En soveel ander s’n smag
‘n Ontmoeting met U Abba
Soos in die tyd van Handelinge

Abba Vader ons wil hê
Dat U krag en vuur weer so op ons sal rus
Dat dit net waar ons gaan
Genesing sal voortbring

Genesing van hart
Gees
Siel en liggaam
Dit is waarna ons verlang

Ons wil weer
Die krag van U vuur proe Abba
Ons wil vra Abba
Dat U ons harte sal aansteek

Abba sal U tonge van vuur
Uit die hemel stuur
Om op ons elkeen van U kinders
Te kom rus

Pappa-Vader
Dit is waarna ons harte verlang
Die krag van U Gees
Die krag van U in ons

My Vader-God ons weet
Dat U anders as al die ander gode is
U is God
En U is God alleen

My God, van U kinders
Wat in ‘n vuuroond staan en nie doodbrand
Tot ‘n Daniël
Wat dapper in die leeukuil staan

My liefste God
Dit is U
En dit is wat ons
Wil glo

Abba
Wek asseblief geloof in ons harte
Wek geloof
Wat weer die onmoontlike wil sien

My liefste God
Saam met U weet ons
Dat alle dinge moontlik is
Want daar is niks wat U nie kan doen

My liefste God sal U asseblief
Geloof in ons harte kom sit
Wat maak dat ons tot op die einde
Onwankelbaar sal staande bly

Ons wil sien
Wat U sien Abba
Ons wil glo
Soos wat U glo

Maak ons harte asseblief bly
Abba-God
Vir al die dinge wat van U is
Sodat ons nie sal hoef te bely

My liefste God
U is die Een wat Koning is
U is die Een wat ons bely
U is die Een waarin ons glo

My liefste Vader-God
Dankie dat U die mooiste werk
In ons harte kom doen
Dankie dat U waarlik lewe is

My liefste God en Koning
Ons wil op U Woord bly staan
Ons wil nie bang wees
Ons wil U onwrikbaar glo

Soos ‘n leeu
Waarvoor almal in die veld
Groot respek het
Wil ons ook ons plekke inneem

Vader ons wil sterk wees in geloof
Ons wil vra dat dit so sal brul
Dat dit die werke van die vyand en bose
So sal verskrik

My liefste God en Koning
Ons wil opstaan as U bruid
Ons wil baklei soos wat U baklei
Ons wil ons plekke inneem

Dankie my liefste God
Dankie dat U ons leer en lei
Dat U ons oprig
Dat U ons sterk maak

U is die Een
Waarna ons harte verlang
U alleen Abba
Is die Een wat ons harte sterk maak

In U wil ons skuil
In U wil ons harte bly glo
U is die Een Abba wat lewe gee
Aan alles wat bestaan

Hou ons asseblief trou Abba-God
Hou ons nederig
Hou ons opreg en reg
In die manier waarop ons glo en vertrou

Abba-God
U is die Een wat lewe gee
U is die Een wat altyd-altyd bestaan
Baie dankie daarvoor

My liefste God en Koning
Ons bring U alleen al die eer
Dankie dat U in ons harte bly werk
Dankie dat U koninkryk ewig is

Op U sal ons vertrou
Totdat die einde in sig is
Net deur U genade-hand
Wat ons tot daar dra en bring

My liefste God dankie
Dankie vir elke voorreg
Dat U my en elkeen van U kinders
Staande hou

Ons sê dankie daarvoor Abba-God
Dankie, dankie, dankie
Aan U alleen o Vader-God al die lof en eer
Van nou af tot in alle ewigheid

Halleluja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s