Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Vertrou My Lig

Moenie jou rug op My draai nie
Liewe wêreld asseblief moenie
Besef jy nie Ek kom weer
Ek is oppad

Dis tyd dat die kinders in hierdie wêreld
Se oë oopgaan
Dis tyd dat hulle sien
Wat besig is om aan te gaan

Is daar nog nie genoeg bewyse
Dat die einde in sig is
Kinders Ek wil hê julle moet weet
Die einde is hier

Die einde is voor die deur
Sê Abba
En dit is net My kinders
Wat saamgaan

Weet julle of julle harte en sake
Reg is met My
Sê Abba-Vader
Kan jy sonder enige twyfel ja sê?

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet dit weet
Ek wil vra dat julle
Naby My bly

My koms sal net die
Wat nie van My wil weet
Met ‘n groot skok verras
My kinders, hulle weet dat Ek oppad is

Kinders van hierdie wêreld
Asseblief maak julle harte en lewens
Reg met My
Sodat ook julle kan saamgaan

Ek wil hê julle moet weet
Soos wat julle weet sê Abba Vader
Ek wil hê dat jy groot vrede
En rustigheid in jou hart sal hê

My liefste kind
As Ek en jy nooit tyd spandeer
As jy nie waarlik van My hoor
Wil Ek hê jy moet weet jy kan so verkeerd wees

Nie almal wat My Vader noem
Gaan saam nie sê Abba-God
Net die wat My wil
Ken en doen

My liefste kinders hoe seker is julle
Dat julle die wil van God doen
Hoe lyk die vrugte
Wat aan jou lewensboom bly hang

Want My liefste kinders
Ek wil hê julle moet dit weet
Hulle wat God ken en Sy wil doen
Net hulle gaan saam

Dis lank genoeg sê Abba
Dat julle julself met ydele praatjies verlei
As julle verskonings uitdink om sonde in julle lewens toe te laat
Dan is julle verlei sê Abba-God

Sien daar is ‘n verskil sê Vader
Om sonde stukkie-vir-stukkie
Dood te maak in jou lewe
Of om die rooi tapyt daarvoor uit te rol

As jou doel in hierdie lewe
Nie is om My liewer te kry
En om te groei in verhouding met My
Kan jy liefste kind verlei wees

My liefste, liefste kinders
Julle moet Bybels lees
En julle moet doen wat daarin staan
As julle sukkel vra My

Vra My liefste kinders
Om die geheime sondes
In jou hart en lewe
Te ontbloot

Julle moet weet
Die satan is altyd opsoek
Na ‘n plekkie waar hy
Weer skuiling kan vind

Al die verkeerde glo
Al die leuens waaraan julle vashou
Hulle moet met My Lig
Kom kennis maak

Al die laaie van julle lewens
Moet voor My oopgemaak word
Niks liefste kinders
Niks kan meer in die donker bly

Alles moet oop
Sê Vader
Alles moet oop
Voor My Lig en Troon

Geheime sondes
Van die hart
Hulle moet kom
Hulle moet bely

My liefste kinders
Verstaan julle nie
Daar is geen groter voorreg vir My kinders
Om in die Lig te woon

Om in die Lig te woon beteken dat jy
Alles in die donker, duisternis gaan haat
Dit beteken dat jy nie meer
Met hulle gemeenskap sal wil hê

Daar is te veel grys areas
In My kinders se lewens sê Abba
Te veel areas waar hulle
My nie wil toelaat om te werk

My liefste kinders
Verstaan julle nie
My Lig is mooi
My Lig is sag

Ja dit maak dalk seer
As My Lig die eerste keer aangaan
Maar My liefste kind soos hy aanbly
En jy gewoond raak daaraan gaan jy so bly wees

Hou op om lief te wees
Vir die duisternis en alles wat van haar is
Asseblief liefste kinders
Kom word lief vir My en alles wat van My is

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Ek glo in julle
Ek weet julle kan

Hou aan vra Abba
Asseblief hou aan om My toe te laat
Om in jou binneste te werk
Asseblief My liefste kinders laat My toe

Die werk wat Ek
In julle binneste doen
Dit is so-so goed vir julle
Ek wens julle kon dit sien

My liefste kinders weet julle nog nie
Dat alles wat Ek is
Alles wat Ek doen
Goed en mooi is

Ek sal nooit iets doen of toelaat
Wat Ek nie weet
Ek kan mooier maak
Daarom asseblief liefste kinders

Vertrou My wanneer Ek
In julle harte werk
Ek weet sê Abba
Ek weet wat Ek besig is om te doen

Vertrou My sê Abba-God
Vertrou My asseblief
En die manier waarop Ek werk
Asseblief My liefste kinders vertrou My

Ek weet waarmee Ek besig is
Sê Abba-God
Ek weet altyd
Niks maar niks kom verby My

My liefste kinders
Ek nooi julle om te glo
Ek nooi julle om waarlik
Julle harte oop te maak vir My

Sal jy MY LIG innooi
Sê-vra Abba-God
Sal jy vra dat Hy aanhou skyn
Al die duisternis verdryf

Dit is so ‘n goeie ding
My liefste kinders
So ‘n goeie ding
Om in My Lig en Liefde te leef

Vertrou My sê Abba-God
Vertrou My asseblief
En weet dat Ek ALLES kan mooi maak
Selfs die seerste seer

Niks is verby
Of te klein vir My bereik nie
My liefste kind Ek gee om
Oor alles waar dit jou aangaan

My liefste kind
Sal jy asseblief jou oë op My bly hou
Al maak dit ‘n bietjie seer
Druk deur saam met My

Daar is soveel genesing
Soveel vreugde en blydskap wat vir jou wag
Asseblief My liefste kind
Asseblief druk deur saam met My

Ek gee om vir jou, so baie om
En ek wil hê jy moet weet
Die glorie-lig van My Seun
Is ‘n wonderlike ding!

Hou op om hom te vrees
Inteendeel verwelkom hom
Hy is mooi My liefste kinders
So bitter-baie mooi!

Sal jy dit glo
My toelaat om te werk
Asseblief My liefste kinders
Laat My Lig toe om in jou binneste en lewe te werk

Alles wat mooi is
My liefste kind
Alles wat mooi is
Dit is wat op jou wag

Gee dan oor ten volle en vertrou My
Asseblief liefste kind
Vertrou My
En laat My toe om te werk

Soveel vreugde
Soveel blydskap wat op jou wag
Alles omdat jy gesê het
Lig van die Seun-van-God werk in my!

Werk in my
Totdat alles wat van Jesus is
In My oorbly
Ja Amen

Saam met U
Sal ek nie opgee nie
Selfs al moet Ek vir ‘n oomblik ly
Weet ek U Lig kan ek vertrou

Want dis goed
En dit is mooi
Elke tree wat ek gee
Is U saam met my

U hart vir my is mooi
Dit sal ek bly glo
Ek gaan getuig
Vir wat U gedoen het vir my!

Ja My liefste kind
Glo dit
En weet dit
Ek IS altyd naby!

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s