Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Leer My ken

My liefste, liefste kinders
Hoekom wil julle nie glo soos wat Ek glo
Hoekom wil julle dinge nie sien
Soos wat Ek dit sien?

Hoekom wil julle glo
Soos wat julle glo
Hoekom wil julle sien
Soos wat julle sien

Oor en oor
Wat Ek dit van julle vra
Oor en oor
Hoekom wil julle dit nie hoor

Ek verstaan nie
Sê Abba-God
Ek verstaan nie
My liefste kinders

Asseblief hoor My hart
As julle sê dat Ek goed is
As julle sê dat My weë mooi is
Hoekom wil julle nie daarop loop

Want daarop loop
En van dit praat
Dit behoort een en dieselfde ding
Vir julle te wees

Daar moet geen onderskeid wees
Tussen My en jou weë nie
Sê Abba-God
Liefste kind ons moet 1 wees

Dit beteken ook in wat jy doen
Die manier waarop jy leef
My liefste kind luister
Ek wil jou gebruik

Ek het werk vir jou
Maar dit gaan nie gebeur
As jy nie
Jou weë neerlê

My liefste kinders
Asseblief
Ek nooi julle om vir My te hoor
Ek nooi julle om rerig ag te gee

My hart vir julle is so mooi
Tog sal ‘n mens dit nooit kan raai
As Ek sien hoe julle weier
Om aan My oor te gee

My liefste kinders asseblief
Luister vir My
My hart is mooi
Jy kan My ten volle vertrou

Sien dit is wat geloof doen sê Abba
Dit bring jou op ‘n plek waar jy net vir My
En dit wat Ek vir jou gedoen het deur My Seun
Kan vertrou

My liefste kind
Weet jy hoe bly maak dit My hart
As Ek sien dat jy glo
As Ek sien hoe jy geloof wys

My liefste kind
Daar is niks wat My
So bly maak
As Ek sien dat jy My glo!

Dankie My liefste kind
Dankie dat jy My glo
Die Woord sê ons moet
Glo soos ‘n kind

Die Woord sê ons moet
Ons lewe neerlê om dit te vind
Ons manier van doen
Dit moet buig voor God se Troon

Ons moet bereid wees
Om Vader se doen aan te neem
Ons moet bereid wees
Om die self af te lê

Dis al hoe ons die lewe gaan vind
Wat Vader voorberei het deur Sy Seun
As ons waarlik
Oorgee aan Hom

Glo My liefste kinders
Glo My asseblief
Julle weë moet buig
Dit moet buig voor My Troon

Jy moet bereid wees
Om te sê
Vader ek wil maar
Wat sê U en U Woord daaroor

Jy moet bereid wees om te begin vra
Is dit goed vir my
Vat dit my nader
Of vat dit my verder van Hom

My liefste kinders
Dit is die tipe vrae
Wat julle julself
Moet begin afvra

Julle kan nie net
Deur die lewe gaan en dink
Dat jou keuses geen impak
Op jou geestelike lewe gaan hê

My liefste kinders
Dit is mos net verkeerd om so te glo
Net soos wat aardse keuses ‘n invloed op jou lewe het
Net so die keuses op jou hemelse een

My liefste kinders asseblief
Dit is nie so moeilik om te verstaan
Asseblief luister
Asseblief gee ag

Vra My voordat jy
Iets doen, sê of kyk
Vader is dit goed vir my
Wat dink U daarvan

My liefste kind
Jy sal weet
As jy My waarlik ken
Sal jy weet

In jou hart inpraat
Dit doen Ek gereeld
My liefste kind sal jy My glo
En nie sê oeps ek hoor verkeerd

My liefste kinders
Moet die sleg in hierdie lewe
Asseblief nie goed noem
En die goed verkeerd

My liefste kinders
Dit is gevaarlik
My Woord
Waarsku julle daarteen

Spandeer tyd met My
Elke dag van jou lewe
Asseblief spandeer tyd met My
En maak seker dat jy geestelik groei

Jy kan nie net jou vlees
Melk en kos wil gee
En dan nog dink dat jy
In die gees sterk gaan staan

Daar is net geen manier
Glo My dan
Liefste kinders
Glo My dan

Word liewer vir My
Groei in verhouding met My
Weet dit
Ek is altyd naby

Soos wat jy tyd met My spandeer
Sal jou gees groei en sterk word
En sal die leuens van die vyand
In jou lewe afneem

My liefste kinders asseblief
Maak oop jou Woord
Maak oop jou Woord
Begin hom asseblief self lees

Wil jy van My hoor?
Maak jou Bybel oop en begin lees asseblief
Moenie net ander se opinies
Oor My Waarheid lees

Moenie net lees
Wat jy wil
Maak jou gees oop
Om Waarheid te ontvang

Soveel kere wat julle die Woord
Met vooropgestelde idees lees
Liefste kinders laat dit gaan
Laat toe dat die Woord vir homself praat

My Gees sal dan
Begin werk
In jou hart
My wil vir jou begin wys

Nou My kind, nou weet jy
Waaraan Ek en jy moet werk
Nooit sal jy dit
Alleen hoef te doen

Laat toe dat My Gees werk
En moenie toelaat
Dat die duiwel jou
Soos ‘n nikswerk laat voel

My Woord is gegee
Om jou hoop te gee
My Woord is gegee
Sodat jy kan weet wie Ek is

So leer My ken
Sê Abba
En wanneer jy val
Dan staan jy net weer op

Baie kere gaan jy val
Dis okay My liefste kind
Hou jy net aan jou Bybel-lees
Dit maak jou gees sterk

My liefste kind
Ek soek nie perfeksie
Ek soek net ‘n hart en lewe
Wat bereid is om te groei in My

Leer My ken
Laat toe dat My Waarheid jou weë besny
Laat toe dat Ek jou dag-na-dag
Met My warm liefde vul

Dit is My hart vir julle
Dit is hoe Ek wil hê dit moet wees
Ek en jy elke dag
Net ‘n verhouding bou

Al begin dit klein
Dit is meer as reg
My liefste kind
Hou asseblief net aan daarmee

Ek het julle lief
Met ‘n ewige liefde
En als wat julle nodig het
Om hier te oorwin

Het Ek vir julle gegee
Die water van My Woord
Die Heilige Gees wat in jou woon
Wees dan net dankbaar daarvoor

Alles wat jy nodig het
Sal Ek jou gee
My genade is genoeg
My ontferminge is elke oggend nuut

Dankie My liefste kind
Dat jy jou fokus op My hou
Ek sê
Baie dankie daarvoor

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Leer My ken”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s