Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Liefste kinders van die wêreld

Sluit oop jou hart
Sluit oop jou hart
Liewe wêreld
Sal julle asseblief hoor

Dis al so lank
Wat julle verlore is
Leeg en sonder hoop
Wil julle rerig hê dit moet nog wees

Liefste wêreld
Liefste kinders van hierdie wêreld
Ek is die HOOP
Wat julle so gehoop het om te hê

Liefste kinders
Liefste wêreld
Kom na My
Is wat ons Vader vra

In volheid van hart
Liewe kinders
Wil Ek hê dat julle na My sal draai
Dit is liefste kinders waar die Lewe lê

Hou asseblief op uitstel liewe wêreld
Al wat daarvan kom is afstel
Hoekom wil julle nie glo
Dat Ek die antwoord is

Liefste kinders van die wêreld
Liefste wêreld
Ek is die Antwoord op al julle vrae en probleme
Al wat julle moet doen is GLO

Dit is hoe dinge in My Koninkryk werk
Sê Abba
Glo en dan sal julle sien
Dit is wat ons Vader sê

Sy geloof in My
Is hom tot geregtigheid gereken
Dit is wat ons Hemel-Vader
Van ons voorvader Abraham sê

Almal wat My glo
Word kinders van Abraham genoem
Kyk na die sterre in die lug
Soveel het Ek hom beloof

Dankie liefste kinders
Dankie dat julle kom
En glo
Dit is hoe dinge in My Koninkryk gebeur

Glo My sê Abba
Glo My asseblief
Gaan kyk na die geloofshelde in die Bybel
En kyk waar het Ek nie vir hulle deurgekom

Ek bly getrou
Sê Abba
Veral aan die
Wat getrou bly aan My

Liefste kinders
Ek wil julle vra
Asseblief kom na My
Hou asseblief op om julleself so te bedrieg

Die pad na My
Is deur My Seun
Sê Vader-God
Daar is net geen ander manier

Julle gaan moet buig
Hom heel eerste innooi
Voordat julle My en My Koninkryk
In vol glorie en oorwinning sal sien

Julle moet glo
Julle sal eers moet glo
Dat My Seun Jesus Christus is
En Ek het Hom gestuur vir jou

My liefste kinders
Liefste kinders van julle wêreld
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te kom hoor

Neem My Seun aan as jou Verlosser en Vriend
Dit is wat ons Vader vra
Julle het nodig om My Seun
Waarlik julle Koning te noem

Dis al hoe Hy kan inkom
Sê Vader
Dis al hoe hy alles in en om jou
Kan heel en nuut maak

Liefste wêreld asseblief
Ek nooi julle om te kom hoor
Om My Seun in te nooi
Is die beste dinge wat enige iemand ooit kan doen

Ek het nodig dat julle glo
Liewe wêreld
Ek het nodig dat julle
Waarlik, waarlik glo

Ek wil alles nuut maak
My hart is altyd om die plek beter te maak
Kan jy nie sien
Ek is besig rondom jou

Altyd-altyd sê Abba-Vader
Van die begin
Is Ek besig om julle, My kinders
Terug te bring na My

Ja baie wil nie kom
Baie wil nie glo
Soveel het die verkeerde prentjie van My
Tog is daar darem hierdie wat kom

Liewe wêreld
Hoekom glo julle so verkeerd
Hoekom maak julle My ‘n nare monster
Waarvan niemand enige iets wil weet

Liefste wêreld
Liefste kinders van die wêreld
Julle is so verkeerd oor My
As julle dit net wou sien

Hoekom liefste wêreld
Hoekom sal Ek dit tot vandag toe nog
My missie maak om die evangelie met julle te deel
As Ek nie wou hê dat julle deel van My Koninkryk raak

Hoekom sou Ek My liefde aanhou uitdeel
Kyk net dis orals om julle heen
Klein kinders is van My
Asook die mooi wêreld wat julle om julle sien

Sou Ek dit met julle deel
Liefste kinders
As Ek enige iets anders
Behalwe liefde vir julle voel

Liefste kinders
As Ek niks vir julle gevoel het nie
As Ek nie omgegee het nie
Was julle lankal nie meer hier

Ja sê Abba-God
My hart wou breek
Oor al die sonde in Noag se tyd
Nou is dit al soveel erger

My hart wou breek
Wil breek oor die sonde in hierdie wêreld
Tog het Ek
Nie My Seun gespaar

My liefste kinders
Liefste wêreld luister vir My
Dis tyd dat julle seker maak
Julle glo reg oor My

Ek wil hê julle moet kom uitvind
Julle moet kom uitvind
Of dit wat julle glo
Of dit rerig die waarheid is

My liefste kinders
Asseblief GLO vir My
Daar is net Een wat ewig is
En dit is Ek sê ons liefste Heer

Liewe wêreld asseblief
Luister vir My
Ek is die Een wat julle so hoop
Om in julle lewens te hê

Glo My liewe wêreld
Dat daar niemand is soos Ek
Ek is die Een wat aan hierdie lewe
Splinternuwe betekenis gee

Ek is die Een wat Hoop bring
In hopelose plekke
Ek is die Een wat Lewe gee
Waar dood wil aanhou heers

Liefste kinders luister asseblief vir My
Sonde en seer is nie van My
Dit is wat gebeur
As mense hulle rue op My bly draai

Wie het hulle rüe op wie
In die Tuin van Eden gedraai
Wie doen dit tot en met vandag
Hoe wens Ek dit was nie gewees

Dit is wat julle liewe wêreld
In die moeilikheid bring
Dit is wat maak dat julle My nie kan sien
Vir wie Ek werklik is

My liefste kinders
Liefste kinders van die wêreld
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om werklik te hoor

Niks gaan vir julle verander nie
Sê Abba-God
Niks gaan vir julle verander nie
Nie totdat julle My glo

Asseblief liefste kinders
Asseblief
Glo My
Glo My asseblief

Mense in hierdie wêreld verstaan nie
As hulle hul rüe op My draai
Draai hulle dit
Op alles wat goed en mooi is

Alles wat goed en mooi is
Alles wat eerbaar is
Alles wat te vertrou is
Dit is Ek, dit is Ek

Ek is nie soos mense van die wêreld nie
Sê Abba-Vader
Dis nie My hart om agter elke hoek en draai
Iemand te bedrieg

Ek is nie soos julle nie
Ek is anders liewe wêreld
Ek is rein, Ek is skoon
Ek sal die mooiste in julle na vore bring

Dis tyd dat julle My glo
Liewe kinders
Asseblief dis tyd dat julle kom
En My waarlik glo

Ek wag vir julle
Om terug te kom na My
Ek wag al so lank daarvoor
Dit is wat ons Vader sê

Wanneer sal julle draai
Wanneer sal julle kom na My
Ek vra julle om die mooi in My hart
Ek vra julle om dit te vertrou

Wie Ek is
Is alles wat goed is
Wie Ek is
Is alles wat mooi is

Rein in al My weë
Skoon in alles wat Ek doen
Liefste kinders Ek wil hê julle moet weet
Pyn is nie van My

Dit was nooit My hart vir julle
Om vêr te wees van My
Afgesonder
In soveel vrees

My liefste kinders
Ek nooi julle nader
Dis Ek in hierdie wêreld
Wat dit moontlik maak

Sal julle My glo
Sal julle My vertrou
Sal jy net kom uitvind of dit wat jy glo
Of dit waarlik die waarheid is

Glo My asseblief
Liewe wêreld
Glo My asseblief
Met alles wat julle is en het

Dis hoe dinge in My Koninkryk werk
Geloof, geloof
Geloof, geloof
Glo eers en dan sal julle sien

Ek wil vra en hê
Dat julle sal vasstaan
In die tye wat julle nie verstaan
Dis dan wat Ek julle vertroue wil leer

Julle gaan altyd
By alles wat mooi is uitkom
As julle net My hart vertrou
Dit is wat Abba sê

Asseblief My liefste kinders
Glo My wannneer Ek vir julle sê
Ek het gekom sodat julle
Die LEWE in My kon vind

Alles wat mooi is lê in My
Sê Abba-Vader
Alles wat mooi is
Sal julle dit kom vind

Kom spoor My na
Soos jy soveel ander dinge
In hierdie wêreld naspoor
En jy sal My voorwaar vind

My hart vir julle
Is om My te vind
My liefste kinders
Sal julle My asseblief glo

Sal julle glo
Dat My hart vir julle mooi is
Selfs al wil die vyand en die wêreld
Vir jou iets anders voorhou

Menig is die teenspoede van ‘n regverdige
Die wat God-vrugtig wil lewe
Hulle sal vervolg word
Dit is wat My Woord bly sê

Liefste wêreld
Liefste kinders van hierdie wêreld
Ek wil vra dat julle julle oë
Op My en die ewigheid sal hou

Alles, alles kan Ek nuutmaak
Alles, alles gaan Ek nuutmaak
Deur My kinders
Wat aanhou glo

Dis wat Ek nodig het
Sê Abba-Vader
Dit is wat hierdie wêreld gaan red
Kinders wat bereid is om te glo

Glo in My sê Abba-Vader
Glo asseblief in My
Ek is wie Ek vir jou sê
Ek is Die Enigste Een wat Ewig is

Lewe en Oorvloed
Dit is Ek
Genade en Liefde
Is alles in My te vind

Dankie My liefste kinders
Vir die wie al gekom het
Vir die wie My gevind het
Ek is so baie trots op julle

Dis julle wat hierdie
Donker wêreld hoop gee
Julle en julle liefde vir My
Julle wat toelaat dat Ek julle gebruik

Dankie My liefste kinders
Dankie
Dis julle wat My trots maak
Julle wat toelaat dat Ek julle gebruik

Dankie liefste kinders
Dankie
Dat julle My toelaat om te skyn
Dat julle My liefde vir hierdie wêreld wys

Dit is die Hoop in hierdie wêreld
Sê Abba
My kinders
Wat hulle liggies laat skyn

Groot en helder
Mooi en sterk
Alles omdat hulle My liefhet
Alles omdat hulle My toelaat om te werk

Ek wil hê liefste kinders
Dat julle julle oë op My sal hou
Nie op mense
Dit sal julle net laat val

Mense is feilbaar
En al bedoel hulle goed
Kan dit tog gebeur
Dat iemand of een jou dalk seermaak

Asseblief vergewe gou
Dit is wat Abba sê
Asseblief liefste kinders
Moenie goed teen mense hou

Om dinge teen mense te hou
Dit is nie van My nie
Sê Abba-Vader
Grudges wat groei, dit is nie van My

Lê asseblief neer julle weë
Sê Abba
Kom volg in Myne
Soveel dinge wat Ek julle wil leer

Kom spoor asseblief na
Die diepte in My hart
Kom spoor asseblief na
Alles wat julle in My kan, sal vind

Soveel rykdom en diepte
In My hart
Wie sal daarna kom vra?
Wie sal My toelaat om in hulle te werk?

My liefste kinders
Ek gee om vir julle met ‘n ewige liefde
‘n Liefde
Wat woorde nie kan verwoord

Weet julle dat My liefde
Julle Anker in die lewensstorms is
Dit is iets waaraan julle
Altyd stewig kan vashou

My liefste Abba-Vader God
My hart loop oor van dankbaarheid teenoor U
U is so goed
U is so mooi

Dankie Abba-Vader
Dat U my oë oopgemaak het
Om die waarheid te sien
Om te sien wie U waarlik is

Ja baie kere
Het Ek ook getwyfel
Gewonder
Weet U rerig van my

Dankie dat U my
Elke keer kom wys het
U is daar
As Ek net sou aanhou glo

Elke keer het U my hand
Bly vashou
Elke keer as die storms van die lewe
My onderstebo wou gooi

Baie kere was ek dronk
Verward deur al die leuens van die vyand
Wat vir my aanhou sê
U is nie rerig daar

Hoe dankbaar is ek
Ek het hierdie waarheid al gevind
My God is altyd daar
My God, my God weet van my

Dankie Abba-Vader liefste God
Dat U waarheid is
Dit het U al vir my kom wys
Hoe ek met alles op U en U Woord kan bly vasstaan

Ek is so dankbaar teenoor U
U is die Een by wie alles sin maak
Dankie my liefste Koning
Dat U ag gegee het op my

U is die Lewe
U is die Antwoord
Hoe bid ek Abba-Vader
Dat elke liewe mens in hierdie wêreld U ook sal vind

Maak oop julle oë
Wil ek vir ‘n blinde wêreld sê
Maak oop julle oë
Vir die Een wat ewig is

Julle hou aan weghardloop
Julle het nie ‘n idee wat julle mis
Hierdie wêreld sal ons nooit kan gee
Wat ons in ons Koning vind

Hy is Lewe
Hy is Hoop
Hy is Liefde
Hy is volmaakte aanvaarding

Is dit waarna jy smag
Om Jesus aan te neem
Liewe vriend ek nooi jou nader
Asseblief kom bid saam met my

Hemelse Vader ek kom voor U
En ek bely
U is die Ewige EK IS
U het U Seun gegee vir my

Ek kies vandag
Om my geloof in U Seun te plaas
Ek kies vandag om te sê
Dankie Jesus dat U gesterf het vir my

Ek glo dat U die offer is
Vir hierdie wêreld se sonde
U bloed en kruisdood
Het dit eens en altyd bewys

Sal U asseblief my sonde
Wegwas met U bloed
Sal U my asseblief vandag
‘n Nuwe mens maak

Ek wil saam met
Jesus sterf
Sodat ook ek
Vir ewig sal leef

Dankie dat U gekom het
Jesus
Vul my asseblief vandag met U Gees
En lei my op die pad van hier

Ek beloof om te groei
In liefde vir U
Sodat U my kan lei
Na wonderlike plekke in die gees

Kom leef dan nou in my
Abba van vandag af
Tot in ewigheid
Mag my lewe hier op aarde U eer

Dankie Abba Koning
Vir wat U kom doen het vir my
‘n Nuwe mens het U ons
In U Seun gemaak

Die oue is verby
Die nuwe het gekom
Dankie Abba liefste Koning
Baie dankie daarvoor

Aan U al die lof en eer, Amen.

Advertisements

2 gedagtes oor “Liefste kinders van die wêreld”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s