Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Ontdek My hart

Ken julle Hom
Wat Lewe is
Ken julle Hom
Wat Hoop in volheid is

My hart loop oor wanneer ek
Aan hierdie Koning van ons dink
Daar is waarlik nie een, niemand
Wat met U vergelyk

My liefste Koning
U is die Hoop in ons harte
U is die Een
Wat vir ewig en altyd leef

My liefste Koning
U is Lig
U is Lewe
U is alles wat mooi is

So dikwels wat ek besef
Wat ek terug gebring word
Tot die feit
Dat U waarlik heilig is

Dat U heiligheid
Is wat U mooi maak
Is iets wat ons nie
Altyd aan dink

U hart vir ons is mooi
En wanneer U sê
Dat ons nie deel aan iets moet hê
Is dit omdat U beter vir ons wil hê

Hoekom sien ons dit nie
Abba-God
Hoekom wil ons nie hê
Dat dit so moet wees

U is ‘n Heilige God
En eintlik maak dit soveel sin
As U sê
My kind kom loop op My weë

Vergeet die pad
Van sonde
Laat hom lê
Kom vind asseblief Myne

Want U pad Abba-Vader
Die skoon en rein een
Blink wag hy in die son, soveel lig
Maar niemand wil ooit op hom loop

Vader ek wil hom loop
Daai skoon en oop pad
Die Een wat blink in die son se strale
Die Een wat lei na U hart

Ek wil op hom kom loop
Abba Vader
En ek wil soveel mense
Saam met my nooi

Kom liefste wêreld
Kom julle
Kom ons gooi die sonde oorboord
Kom ons laat die lekker van die wêreld lê

Dis net deur dit te doen
Dat ons die lekker in die Gees
En Vader se hart gaan vind
Dis net deur dit te doen

Op die groen en helder padjie
Wat tussen die mooiste, hoogste bome deurloop
Wil ek die pad bewandel
Wat na my Vader se hart loop

Soveel min kinders sê Abba
Wat hierdie pad bewandel
Daar is min mense
Wat die pad na My hart naspoor

My liefste kinders
Dis wat Ek wil hê julle moet doen
Julle moet My
Waarlik kom vind

Want daar is baie van julle
Wat Jesus gevind het
Baie en ek is so dankbaar daarvoor
Maar weet julle wat in My hart oor soveel dinge lê

My liefste kinders
Ek wil julle tot in My hart nooi
Ek wil hê julle moet kom vind
Wat daarbinne lê

Ek wil hê julle moet omgee
Om van My te hoor
Ek wil hê julle moet omgee
Om van My te weet

Liefste kinders asseblief
Kom bewandel die pad na My hart
Kom kyk en vind
Wat daarbinne verborge lê

My liefste kinders
Daar is soveel mooi dinge
Wat vir julle wag om hulle te vind
Sal julle asseblief ja sê

Ja om te kom vat ‘n prys
Sê Abba
‘n Mens kan nie 2 weë
Op dieselfde tyd beloop

My liefste kinders
Ek nooi julle
Kom vind die weg na My hart
Asseblief kom loop daarop

Meer wil Ek julle wys
Soveel, soveel meer
Die pad na My hart is blink
Dit is wie Ek is

Moenie bang wees nie
Sê Abba-God
My liefste kind kom nader
Kom vind uit wie Ek rerig is

Soveel kere wat mense na My kom soek
Waarlik vanuit die hart
En dan vind hulle
Wie Ek waarlik is

Dan vind hulle uit
Al die leuens nog altyd geglo
Dan vind hulle uit
Dis nie wie Ek rerig is

My liefste kinders
Glo My asseblief
Glo My asseblief
Kom en kom vind

Kom loop op My mooiste weë
Die weg wat na die Lewe loop
Daar is HOOP en GENADE
Vir altyd in My te vind

Kom nou liewe kind, kom nou
Voor dit is te laat
En jy nie meer jou weg
Na My kan vind

Die beste tyd is NOU
Die aangewese tyd is NOU
My liefste kind sal jy My kom soek
Sodat Ek jou kan vind

Ek roep jou nader
Ek roep jou nader aan My hart
Sal jy antwoord gee
Sal jy ja sê

Ja My liefste kind
Ek weet van jou
Ek gee om
Ek wag om jou te neem

Geen groter voorreg
As om hierdie pad
Saam met U te loop
Baie dankie liefste Koning daarvoor

Abba gee my asseblief genade
Om hierdie pad nog dieper saam met U te loop
Wys my dat dit wat ek opgee
Niks is teenoor dit wat ek gaan vind

Ek sê vir U dankie Abba
Ek weet U is by my
U is die Een wat HOOP blaas in drome lank vergeet
U is die Een wat Lewe gee

Die begeerte van my hart
Is om aan U te behoort
As dit beteken ek moet die wêreld opgee
Dan sê ek ja

Want ek wil die beste hê
Vir my deur U voorberei
Ek wil die beste hê
Deur U genade alleen o Heer

Daarom vestig ek my oë op U
Ek moet dieper
Ek moet meer van U hê
Daarom vestig ek my oë op U

Ek hou aan
Ek hou aan
Saam met U
Wil ek elke tree gee

Dankie Abba-God
Dat U by my is
Dat U my leer en lei
Dat U die ware antwoord is

Abba help ons U kinders asseblief
Om die nietighede in hierdie wêreld
Neer te lê
En om U hart te kom vind

Dit is wat ons wil doen
Abba-God
Dit is wat ons wil vind
U hart, U hart

Help ons dan daarmee
Asseblief Abba-God
Help ons om nie op te gee
Help ons om U hart te vind

Die mooi wat daarbinne lê
Dit wil ons so graag ontdek
Sal U ons asseblief help daarmee liefste Koning
Om alles anders neer te lê

Vestig ons oë op U
En die Ewigheid
Dat ons waarlik sal weet
Daar is soveel meer om voor te leef

U is die Antwoord op alles wat ons diep binne begeer
Help ons asseblief Abba om dit te weet
Om waarlik aan U oor te gee
Met alles wat ons is en het

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Ontdek My hart”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s