'n Seer hart, Blinde oë, Liefde so groot

Vertrou My hart

Ek is die Geneesheer
Van alles wat seer is
In jou hart
Sê Pappa-Vader

My liefste kind
Ek nooi jou nader
Ek vra jou om te kom
My hart te kom vertrou

My liefste kind
Weet jy en besef jy
Dat Ek rerig wil
Dat Ek rerig kan genees

Liefste kinders
Daar is soveel dinge waarop julle
Julle hoop in hierdie lewe plaas
Hoekom nie vir My?

My liefste kinders
Dit is tyd dat julle nader kom
Dis tyd dat julle
My kom vertrou

Asseblief
My liefste kinders
Asseblief vertrou My
Asseblief kom

My liefste kind alles wat
Stukkend en gebreek is in jou
Kan Ek nuut-maak
Heelmaak

My liefste kind
Daar is niks-niks
Geen seer wat Ek nie
Kan beter maak

Asseblief My liefste kind
Vertrou My
Asseblief kom
Asseblief vertrou My met die seer in jou hart

My liefste kind, kinders
Ek vra dat julle My sal vertrou met die seer in julle harte
Asseblief My liefste kinders
Dit is tyd, dit is tyd

My liefste kinders
Ek gee so baie om vir julle
Hierdie wêreld en sy dinge het julle so seer gemaak
Ek wil dit so graag beter maak

Dis al so lank
Sê Abba-Vader
Dat jy teen die seer in jou hart baklei
Dat jy probeer om staande te bly

My liefste kind
Hoor die hart van jou Pappa-Vader
Asseblief Ek nooi jou nader
Ek nooi jou om My hart te vertrou

Dis tyd sê Abba-Vader
Asseblief dis tyd
Asseblief liefste kind, asseblief
Kom gee als vir My

Die seer in jou verlede
Dit waaroor jy nooit meer wil praat
Dit wat jy so diep weggesteek het
Dit waarvan net Ek en jy weet

Ek wil die skaamheid oor dit wat jy als gedoen het
Dit wat in die verlede lê
My liefste kind Ek wil dit als beter maak
Ek wil als reg maak

My liefste kind
Ek wil jou op ‘n plek van lig bring
Daar waar die duiwel en sy duisternis
Nie meer houvas daarop het

Asseblief My liefste kind
Asseblief sal jy My vertrou
Asseblief sal jy kom
Net stukkie vir stukkie oorgee

Asseblief My liefste kind
Ek nooi jou nader
Daai diep seer moet uit
Al wat dit doen is jou van My genesing skei

My liefste, liefste kind
Asseblief kom nader
Asseblief weet 1 ding
Jy kan My hart vertrou

Al het hierdie wêreld
Julle soveel anders geleer
Wil Ek hê julle moet weet
Julle kan My hart vertrou

My liefste kinders
Ek kan nie alles wat sleg is in hierdie lewe keer nie
Ek wil hê julle moet weet
Daar is ‘n groter prentjie

‘n Soveel groter prentjie
Soveel dinge gaan eers eendag
In die hemel vir julle sin maak
Alles gaan dan oop, helder en in die lig wees

My liefste kinders
Daar is soveel donker dinge in hierdie wêreld
Dinge wat vir die mensehart
Geen sin maak

My liefste kinders
Asseblief Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om My hart te vertrou
Net soos wat Ek dit in die Tuin van Eden van Adam en Eva vra

Sal julle uit hulle lewens
Asseblief die mooiste goudste les haal
My liefste kinders sal julle asseblief sien
My hart vir julle is en bly altyd mooi

Ek het die mooiste wêreld
Vir julle gegee
Die mooiste en beste
Vir julle gebied

My liefste kinders
Sal julle dit asseblief raaksien
My liefde vir julle
Dit is in alles om jul heen

My liefde omring julle liewe wêreld
Dis orals om julle
Ek vra julle om dit asseblief
Te begin raaksien

Asseblief liewe wêreld
Asseblief mense van hierdie wêreld
Begin My raaksien
Begin My vind

Oë en harte van geloof
Dit is wat Ek so graag
In die harte en lewens
Van My kinders wil kweek

Harte en oë
Wat My sien
Harte en oë
Wat My vertrou

Mense wat besef
Die seer in hierdie wêreld
Is nie van My
Ek wou dit nooit so hê

Dis hoekom daar nie
Trane in die begin was nie
Dit is hoekom daar ook nie
Trane in die hemel sal wees nie

Dit is nie wie Ek is nie
Sê Abba Vader
Dis nie My hart om hierdie wêreld
Sy mense en dinge te beseer nie

Ek wil hierdie wêreld nie seermaak
Met wie Ek is en wat Ek het nie
Ek wil die wêreld
‘n Baie beter plek maak

My liefste kinders asseblief
Net soos in die begin
Net soos met Adam en Eva
Vra Ek julle om My hart te vertrou

Soveel mooi en wonderlike dinge
Wat Ek hulle wou leer
Soveel mooi en wonderlike dinge
Wat Ek instoor hou

Ek wou hulle soveel meer gee
As waaroor hulle kon droom
Ek wou die diepte van wie Ek is
So graag met hulle deel

Ek verlang
Sê ons Abba-Vader
Na mense wie Ek met My hart kan vertrou
Mense vir wie Ek My hart kan oopbreek

My hart smag daarna sê Abba-Vader
Mense wat ook omgee oor My
Mense met wie ook Ek
My hart in diepte kan deel

My liefste kind
My hart smag daarna
My liefste kind
Wil jy dalk meer van My weet?

Pappa-Vader ek wil
Ek wil so graag alles van U weet
Pappa-Vader sal U my asseblief
Liewer vir U en alles van U maak

Pappa-God ek wil U
Liefkry met alles in my
Pappa-Vader ek wil U
Liefhê met alles in my

Pappa-Vader ek wil hê en vra
Dat U asseblief
My belangrikste fokus sal bly
In hierdie lewe wees asseblief alles vir my

Pappa-Vader daar is baie goed in hierdie lewe
Wat ek nie weet of verstaan
Maar Abba ek wil bid en vra
Dat U die belangrikste Een in my lewe sal bly

Pappa-God ek wil U hart
Bly vertrou
Pappa-God ek wil konneksie met U
Behou

Ek wil die nabyheid met U
Nooit verloor
Dit is wat my hart
Soveel vrede, hoop en vreugde gee

Pappa-Vader
Dankie vir wie U is
My Ewige Rots
My Ewige Anker

U is die Een wat ons
In die storms van die lewe so styf vashou
U is die Een wat ons
Nooit ooit verlaat

Hoe sê ons dankie Abba
Vir die getrouheid waarmee U ons dra
Hoe sê ons dankie
Vir wie U eintlik is

Abba daar is niks en niemand
Soos U ons God
En dis asof my hart
Dit net alhoe meer besef

U is die Een wat skoon is
U is die Een wat rein is
U is die Een wat ons met alles kan vertrou
Maak nie saak wie wat of die wêreld sê

Pappa-Vader ek bid vandag
Vir elke mens wat seer het
Mense wat op die laagste laag
Van hierdie lewe sit

Pappa-Vader sal U hulle asseblief oplig
Sal U hulle asseblief versterk
Sal U hulle harte asseblief nuwe hoop gee
Sal U hulle asseblief styf vashou

Soveel mense Abba
Soveel mense wat vandag stukkend is
Abba ek wil hulle net soos U
Asseblief altyd bly raaksien

Ek wil nooit
So hoog in myself raak
Dat ek nie meer sien
Dit wat U wil hê ek moet sien

Ek wil mense sien
Ek wil die seer sien
Ek wil sien wat U sien
Sodat U in en deur my kan omgee

Help my asseblief daarmee Abba
Dat alles wat belangrik is vir U
Altyd
Belangrik sal wees vir my

My liefste God
Pappa-God
Dankie vir wie U is
U beteken die wêreld en meer vir my

Sonder U kan ek nie
Pappa-God
Ek wil hê U moet dit weet
Ek wil dit aanhou bely

U is die Een wat my hart en lewe
Krag en moed gee
Om aan te gaan
U is die Een wat my bo hou

Ek wil U liefhê soos U verdien
Help my asseblief daarmee
Abba-God
Om U altyd die liefste te hê

Pappa-God ek wil hê en vra
Dat U asseblief
Die belangrikste sal bly
Niks ooit bo U

Help my asseblief Abba
Help my om asseblief altyd tyd vir U te maak
Ook in hierdie besige wêreld
Waar dit nie altyd so maklik is

Help ons asseblief Abba
U kinders
Om die tyd uit te koop
Om te weet wat die belangrikste en beste is

Dankie Abba Pappa Vader liefste God
Dankie vir wie U is
Dat U die skoonste mooiste
Reinste blinkste liefde is

U teenwoordigheid
Is hemels
Pappa-Vader
Ek sê so baie dankie daarvoor

Aan U al die lof en eer vir wie U is
Vir wat U beteken vir ons
Baie dankie Pappa-God
Baie dankie daarvoor

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s