Blinde oë, Nuwe hoop

Ek is HOOP

Kom liefste kind
Kom en
Kom gee oor
Aan My


Ek kan alles beter maak
My liefste kind
Alles en nog meer
Ek vra jou net om My te vertrou

My liefste kind, My liefste kind
Al die seer van die hede
Al die seer van die verlede
Dit moet kom buig voor die Kruis

Ek wil nie hê jy moet meer bang wees
Om jou seer en hart met My te deel
Ek wil hê jy moet weet
Ek gee rerig om, om van jou te hoor

Ja My liefste kind
Jy
Die een waarvan mense nie gewoonlik wil weet
Jy die een waarvoor mense die minste hoop het

My liefste kind
Het jy geweet dat niemand
Te vêr of buite My bereik is
Daar is geen mens wat Ek nie kan nader bring

Dis daarom My liefste kind
Dat Ek jou vra om My te vertrou
Ek begin gewoonlik
Op die vêrste plekke werk

Daar waar niemand
Meer enige hoop koester
Daar waar mense sê
Dit is alreeds verby

Nee My liefste kinders, nee
Ek wil hê julle moet dit weet
Ek wil hê julle moet hoor
By My is daar altyd hoop

Soveel hoop sê Abba
Soveel hoop wat julle omring
Alles omdat My Seun
Ewig leef

Ek wil vra dat julle
Nooit sal moed opgee nie
My liefste kinders
Dat julle altyd julle oë op My sal bly hou

Ek maak alles nuut sê Abba-God
Ek maak alles nuut
Kyk om jou heen
Sien daar is nog hoop

Niemand is te vêr afgedwaal
Dat Ek hom nie kan gaan haal
My liefste kind Ek wil hê jy moet weet
Daar is altyd hoop

Niemand is te vêr
Dat Ek hom nie kan gaan haal
Begin bid sê Abba
Begin bid vir hulle wat vêr is

Die wêreld kan Ek draai
Sê Abba
As My kinders net bereid is om te vra
As hulle net bereid is om te bid

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Daar is niks maar niks
Wat Ek nie kan doen

My manier is Lig
Sê Abba
My manier bring LEWE
My manier bring ALTYD HOOP

Daar is niks wat Ek nie
Kan doen nie
My liefste kinders
Daar is niks

Sal julle dit begin glo
Sê Abba
Sal julle dit
Begin vra

My liefste kinders
My hart is altyd
Om hoop te gee
Op hopelose plekke

My hart is altyd
Om te genees
Om vrede en rustigheid
Vir julle te bring

My liefste kinders
Ek is die Vrede waarna julle verlang
Die vrede
Waarna julle so gereeld vra

My liefste kinders
Ek kan alles draai vir My eer
Ek kan alles maar alles
Draai vir goed

Al was daar soveel sleg in jou lewe
My liefste kind
Sal jy My glo
Ek kan dit alles beter maak

Al wat Ek vra is dat jy
My sal begin vertrou
Dis al hoe dit kan gebeur My liefste kind
As jy kom na My

As jy jou hart
Vir My sou oopsluit
As jy My sou binnelaat
Kan Ek alles begin verander

Ek kan My Lig saambring
Ek kan nuwe hoop
Weer in jou hart en binneste aansteek
My liefste kind dit kan Ek als doen

Moenie sê
Dit is te laat nie
Moenie sê
Ek kan jou nie meer gebruik

My liefste kind
Dit is nie so nie
Dit is net nie waar
By My is daar altyd hoop

Solank as wat jy hier is
Solank as wat jy leef
My liefste kind Ek het ‘n plan
Jy is nie te oud

Begin My asseblief vertrou
Sê Abba-God
Begin My asseblief vertrou
Ek is die Een wat Liefde en Lewe in oorvloed skenk

My hart is genesing
My hart is Lig
My hart is alles wat mooi is
So sal julle dit vind as julle net waarlik wou kom

Want sien sê Abba
Dis al so lank
Dat julle die lelikste leuens
Oor My bly glo

Julle ken My nie
Sê Abba
Julle ken My nie
Anders sou julle dit nooit kon glo

My liefste kinders, liefste wêreld
Ek nooi julle om te kom uitvind
Wie Ek rerig is
En nie wie julle dink Ek eintlik is

Nee My liefste kinders
Nee liefste wêreld
Julle glo
So verkeerd oor My

Ek is die Anker
In hierdie donker wêreld
Ek is die Een
Wat Hoop en Lewe gee

Hoekom glo julle dit nie eerder nie?
Hoekom glo julle alles verkeerd?
Nee My liefste kinders
Dis nie hoe dit hoort

Ek wil hê julle moet die waarheid van wie Ek is
Naspoor
Ek wil hê julle moet kom soek
Sodat julle kan vind

My liefste kinders
My hart is altyd
Om julle te vind
Altyd-altyd

Soveel dinge in hierdie lewe en wêreld
Wat vir julle belangriker is as Ek
Hoe kan dit wees
My liefste kinders

Julle moet begin om tyd op te offer saam met My
Kom sit by My sê Abba
Laat toe dat Ek jou
Ware wysheid leer

My liefste kinders
Soveel kere wat My woorde by julle verbygaan
Sonder dat julle leer
Sonder dat julle hoor

My liefste kinders
Liefste wêreld
Wanneer gaan dit wees
Wanneer gaan julle hoor van My

Julle harte is blind sê Abba
Julle harte doof
Ek praat met ‘n wêreld
Wat niks wil hoor

My liefste kinders
Liefste wêreld
Begin bid vir oop oë
Begin bid vir ore wat wil hoor

My liefste kinders
Dit is die antwoord vir al julle probleme
As hierdie wêreld
Maar net wou draai na My

Hoekom is U
Altyd in die minderheid Abba
Hoekom is daar so min mense
Wat rerig wil hoor?

Abba-God ek weet nie
U weet
U weet van die trotsheid wat in ons harte heers
Die altyd beter-weet

Ek weet nie Abba
Ek weet nie hoekom ons altyd dink
Dat ons alreeds alles weet
Abba ek wens dit was nie so gewees

Soveel dinge
Wat ons harte van U skei
Die eerste een is verseker
Ek wat alles weet

Ai my liefste Vader
Hoekom is dit so?
Hoekom wil ek nooit
Iets van U en U wysheid weet?

Ons besef dit nie
Ons wil nie weet
U weet van alles wat die beste is vir ons
Ons moet net begin leer

Ek weet nie hoekom
Dit altyd ‘n probleem is as U iets wil sê
Ek weet nie hoekom
Ons nie wil weet

Ek weet net dit is verskriklik
Abba-God
Iets wat ek so nie wil hê
Moet so wees

Abba sal U ons asseblief help
Om die trotsheid in ons harte
Neer te lê
Die altyd beter-weet

Abba dit is nie so nie
Ons gaan nooit-nooit beter weet
As ons nie wil begin
Luister na U

U raad is mooi
U raad is wonderskoon
Ons moet net daarna begin luister
U waarlik innooi

My liefste Koning-God
U is ons Anker
U is ons Lewende Hoop
En ons sê dankie daarvoor

Mag meer en meer ore oopgaan
Vir die Boodskap van die Kruis
Mag meer en meer mense sien
Dat U waarlik die Antwoord is

My liefste Koning-God
U is die Een wat van die Begin af bestaan
Watter voorreg om U
Vader te mag noem

Abba ek bid en vra
Dat mense in hierdie wêreld
Se ore en oë sal begin oopgaan vir U
U wat die ware antwoord is

Abba sal U asseblief aanhou klop
Mag hulle ja sê
Mag hulle U innooi
Mag ons almal U waarlik ken

U is Abba die Lewe self
Die Antwoord op al ons vrae
Die Ewige Ek Is
Ja

Halleluja, Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Ek is HOOP”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s