'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Maak oop jou hart

Bekyk My Woord met ‘n oop hart
Sê Abba
Asseblief moenie soveel hoogheid
In julle harte hê

Julle kyk neer op My Woord
Alles omdat julle nie verstaan
Alles omdat julle nie wil leer
My liefste kinders

My Woord is sag
Dit is soet
Dit is mooi
Dit sal julle soveel meer van My leer

Hou op om My Woord
Met soveel hoogheid te bejeen
Julle kyk altyd waar Ek verkeerd is
Waar julle My verkeerd kan bewys

Liefste kinders, liefste wêreld
Ek wil vra dat julle
Na die Bybel sal begin kyk
Met geloof in julle harte

Verwag om My
Tussen die Woorde van Lewe te vind
Want dit is waar Ek is My liefste kinders
Dit is waar Ek is

Julle moet begin
Om My te soek
Waarlik vanuit die hart
So sal julle My vind

Raak julle nie al moeg vir leeglê
Vir nie veel doen
My liefste kinders
Daar is soveel meer wat Ek julle wil gee

Sal julle asseblief begin
Om julle niks-doen neer te lê
Sal julle asseblief begin
Om die ware rede en doel vir hierdie lewe te begin opspoor

Liefste kinders
Julle is hier om soveel meer te vermag
As wat julle ooit kan dink
Wil julle nie begin om saam met My te droom?

Julle is so verkeerd oor My
Liefste kinders, wêreld
So verkeerd
Ek wil julle die waarheid leer

Dit begin by julle wat julle Bybels
Met oorgawe, geloof en oop harte lees
Benader My Woord
Met die doel om My te bereik

My liefste kinders
Ek weet waarmee Ek besig is
Julle moenie moed verloor
Julle moet aanhou, vashou

My liefste kinders saam gaan ons dit maak
Julle moet net nie julle oë van My afhaal
Laat toe liefste kinders
Laat toe dat julle geloof in My groei

Dis gewoonlik in die moeilikste tye
Wat ons die mooiste lesse leer
Tog wens ons partykeer
Dit was nie so

Liefste kinders van hierdie wêreld
Sal julle asseblief ophou om My en My Woord
Met soveel hoogheid en verkeerdheid te bejeen
Ek kan nie met julle koue en harde harte werk

My liefste kinders asseblief
Begin My Woord oopmaak
Begin My vertrou
Begin van My te leer

Dit is in My Woord
Wat julle My sal vind
Asseblief liefste kinders
Kom ons gaan saam hierdeur

Ek wil hê julle moet begin miskyk
Alles wat nie van My is
Ek wil hê julle moet begin raaksien
Alles wat van My is

Maak die fokus van julle lewe
My sê Abba Vader
Maak die fokus asseblief My
Kyk hoe Ek alles nuut maak

My liefste kinders
Liefste wêreld
Niks wat in julle verlede lê
Kan julle ooit van My liefde skei

Dit maak nie saak wat jy
In jou lewe gedoen het nie
Dit maak nie saak waar jy nou is
Ek bly lief vir jou

My kind Ek wil hê jy moet dit altyd weet
My hart van liefde
Is nie om jou konstant af te breek nie
Dis om jou konstant op te help

Hoekom sien julle My nie so nie
Hoekom wil julle nie weet
Dat dit is
Wie Ek rerig is

Julle is so verkeerd oor My
Liefste kinders van hierdie wêreld
Julle glo verkeerd
Julle weet nie wie Ek eintlik is

Ek vra julle om die verkeerdheid
Die hoogheid in julle harte neer te lê
Asseblief My liefste kinders lê dit neer
Ek kan julle nie so leer

Soveel lewe en liefde
Sou julle in My Woord vind
Julle sal vind dat dit Lewe
Dat elke woord jou Gees kos gee

Dis daarom My liefste kind
Dat Ek jou vra om jou Woord
Met ‘n oop hart en gewete
Te bly lees

As daar iets, ‘n muur tussen ons is
Asseblief My liefste kind
Breek hom af
Met die woorde wat jy voor My bring

Bely dat jy verkeerd was
Bely dat jy nou kom
Bely My liefste kind dat Ek die Koning is
Sien hoe Ek alles maar alles vir jou nuut maak

My liefste kind
Weet jy hoeveel warmte, vreugde
Lig en oorwinning Ek saambring
Wanneer Ek my woning in jou hart maak

My liefste kind
Jy het g’n idee
Dis waarom Ek aanhou vra
Asseblief liefste kind maak oop jou hart

Maak oop jou hart
Maak oop jou hart
Maak my die Koning van jou lewe
Asseblief dit is wat Ek bly vra

Soveel mooi dinge
Wat gebeur
Soveel mooi dinge
Wat Ek julle wil leer

As julle net wou begin ja sê
Vir My mooiste manier
As julle net My Woord
Sonder hoogheid en beter-weet wou bejeen

Ek kan slegs kinders leer wat wil hoor
Wat meer van My wil hoor
Wat bereid is om waarheid
In hulle harte te ontvang

Dis daarom dat Ek vra
Asseblief liefste kinders
Maak oop julle harte
Vra My om julle die waarheid te leer

Is julle bereid om dit te doen
Sê Abba
Is julle bereid om die verkeerd-wees neer te lê
En die waarheid en als wat reg is op te tel

Want My liefste kind
Dis wat Ek wil doen
Ek wil jou help om te glo
Ek wil jou help om te groei

Weet julle dat My
Grootste begeerte is
Om julle die waarheid
En meer van My te leer

Liefste kinders
Dis hoekom Ek vra
Dis omdat Ek weet wat die beste is vir julle
Dis … asseblief vertrou My hart

Om My Woord
Met alles in julle te bemin
Om dit te omarm as die waarheid
Dis die beste ding wat enige iemand ooit kan doen

My liefste kinders asseblief
Lê die hoogheid in julle harte neer
Die konstante verkeerd-wees
Wat in julle harte woon

Ek wil julle die waarheid leer
My liefste kinders
Asseblief daarom moenie ophou soek
Hou aan totdat jy My vind

My hart en oë is op mense
Wat My wil vind
Wat alles in hulle harte en lewens
Opsy sit om My te kom soek

Asseblief My liefste kind
Liefste wêreld
Hou aan, moenie stop
Die wat soek hulle sal verseker vind

Soek met heel jul harte
Liefste kinders
Soek met al die opregtheid
Wat julle is

So liefste kinders
So sal julle My vind
Moenie ophou nie liefste kinders
Asseblief moenie ophou

Dit wat Ek in die harte
En lewe van My kinders begin
Dit sal Ek klaarmaak
Sê die Heer

Ek is die Groot Koning
Sê Abba-Heer
Daar is niemand
Wat ooit soos Ek is

Liefste wêreld
Liefste kinders
Asseblief kom lê die hoogheid neer
Kom vind die vrede wat in My hart heers

Wie Ek is wil Ek met jou deel
Dit gaan vat dat jy kom
Dit gaan vat dat jy bely
Jy was dalk verkeerd

My liefste kind
Asseblief moenie jou hart hard hou
Word sag van binne
Asseblief laat toe dat My liefde jou omvou

My hart van liefde
Wil jou hart van klip sagmaak
Sal jy My toelaat om dit te doen
Sal jy My asseblief in-laat?

My liefste, liefste kind
Alles wil Ek nuut maak vir jou
As jy net bereid is om te kom
Bereid is om te begin oorgee

My liefste kinders
Liefste wêreld
Lê die hardheid neer
Tel My sagtheid op

Tel My sagtheid op
Leer van My
Leer wat die waarheid is
Dit is wat Abba vra

Vergeet van alles wat verkeerd is
Lees My Woord
Lees My hart
Sien hoe Ek vir jou die waarheid oopbreek

Dit is waar jy My sal vind
In My Woord
In die Waarheid
Vir ewig en altyd opgesluit

Kom vind uit wie Ek is
Kom leer van My
Liefste kinders, wêreld
Sodat jou kennis van My nie tweedehands is en bly

Maak oop jou hart
Liefste wêreld, liefste kinders
Asseblief, asseblief maak oop jou hart
Maak oop jou hart vir My

Dis hoe mens se hart
Sag word
As julle net waarlik
Na My wou begin soek

As julle die verkeerd-glo
Net wou neerlê
As julle net wou begin sê
Ek gaan die waarheid in God se hart soek

My waarheid is veels anders
As die van die wêreld
Daarom help dit nie as jy My
Tussen haar blaaie gaan soek

Nee liefste wêreld, kinders
Sy gaan net help en aanhou
Om My bestaan
Verkeerd te probeer bewys

Nee liefste kinders
Julle gaan moet glo
En dan gaan julle vind
Ons sal haar dan verkeerd bewys

My liefste kinders
Asseblief begin kom na My
Begin van My leer
En weet Ek maak alles nuut

Moenie bang wees om My Woord
Met ‘n hart wat rerig soek
Te lees
Jy gaan My vind

Jy sal My verseker vind
Begin vra daarna
Wanneer jy jou Woord oopmaak
Sê uit die diepte van jou hart

Abba sal U my asseblief kom leer
Ek stel myself oop om te ontvang
Ek wil leer
Ek wil sien en uitvind wie U rerig is

So ‘n gebed sal Ek altyd beantwoord
‘n Hart wat bedoel wat hy sê
Altyd-altyd My liefste kind
Ek wil hê jy moet dit weet

Soek My
En jy sal My verseker vind
Dit is waar, so waar
Dit is wat My Woord sê

Kom dan net soos wat jy is
Kom en gee oor aan My
Kyk hoe Ek vir jou
‘n Splinternuwe lewe gee

Een in My
Een in die bloed van My Seun
Een waarin jy glo
Alles van My

Een waar jy vry is
Om te leer
Een waar jy vry is
Om te ontvang

Dit is My hart liefste kind
Om te gee en te leer
Meer as wat jy
Ooit kan dink of droom

In My Woord
Sal jy My vind
Daarom asseblief begin
My Woord sonder voorbehoud lees

Moenie toelaat dat jou verkeerd-glo
Maak dat jy My nie kan vind
Asseblief, asseblief maak oop jou hartsdeur
Om die waarheid te sien

Want dis die probleem sê Abba-God
Te veel mense wat hulle harte vir My toe hou
Maar dan nogsteeds dink
Dat hulle alles van My weet

Liefste kinders
Liefste wêreld
Julle is verkeerd
Julle is so verkeerd oor My

As jy nie oor die struikelblokke
Wat die leuens wat jy oor My glo bou gaan klim
Gaan jy verloor
Jy gaan op groot skaal aanhou verloor

My liefste kind asseblief
Kom na My
Glo in My
Sodat Ek alles-alles vir jou kan nuut maak

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Maak oop jou hart”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s