Liefde so groot, Nuwe hoop

Asseblief laat My toe

Gee My jou hart
En lewe
Gee My jou alles
Liefste kind

Dis al so lank
Wat Ek vra
Wanneer gaan jy
Sê ja

Begin asseblief jou weë
Neerlê
Begin asseblief vra na
Myne

Alles liefste kind
Alles sal Ek nuut maak
As jy dit net wou glo
As jy net waarlik wou kom na My

Ek gee jou My hart
En lewe liefste kind
Kom spoor dit na
Kom maak seker dat jy My vind

Die groot spasie tussen ons
Wil Ek so graag oorbrug
Ek wil dit oorbrug
Hoe hoop Ek jy wil ook daaroor

Oor al die dinge van hierdie wêreld
Oor al die kommer en laste
Wil Ek hê Ek en jy moet oor
Asseblief liefste kind sal jy My toelaat

Toelaat om jou te help
Toelaat om jou te leer
Asseblief kom dan nou na My
En laat My toe

My liefste kind
Kom nou asseblief
Voor dit is te laat
Voordat jy sê maar ek moes

Die tyd is nou
Vandag is die dag
Sê net ja en asseblief
Kom met jou alles na My

Nuut maak Ek alles binne-in
Nuut met die bloed van My Seun
Vra daarna
Lê neer julle weë

Ek kan net beter maak
Dit wat julle My gee
Maak asseblief oop julle seer
En weet Ek wil alles genees

Abba Vader dankie
Dat U ons antwoord is
Dat U Lewe gee daar waar Dood heers
En dat niks soos U is

U is ons Lewe
U is die Oorvloed
Waarvan die Bybel praat
In U is alles wat mooi is opgesluit

Vra dan meer en meer na Hom
Liewe wêreld
Vra net meer na Hom
Hy sal julle leer

Hy sal julle lei
Hy is die Een
Wat veraltyd en veraltyd
By ons is

Maak Hom jou hele hart
En lewe
Nooi Hom in
Sodat Hy waarlik Koning van jou kan wees

Laat My toe om waarlik in jou te leef
Moenie bang wees nie Ek gee jou rus
Die Rus waarna jy nog altyd verlang
Lê alles neer wat ons twee skei

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Asseblief laat My toe”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s