Lofprysing, Oorgegee

Welkom Lig

U is die Een wat my hart besit
U is alles wat mooi is vir my
Dankie Abba Vader, Koning Jesus
Dat my hart aan U behoort

Dankie vir die lag op my lippe
Die rede om te glimlag
Die rede om hier te wees
U is alles vir my

Soveel vreugde en hoop
Wat U die mensehart gee
Wat kies om in U te glo
Wat kies om U raak te sien

Abba-Vader ek wil bid
En vra dat U alleen
Altyd die lied sal wees
Wat my hart en lewe bly sing

Dankie vir wie U is
Dankie vir al die hoop en vreugde
Dankie dat U nooit moed opgee nie
Dankie dat U ware lewe is

My liefste Koning
Ek nooi U in
Ek wil U elke dag van my lewe
Aanhou binnenooi

Ek wil hê U moet weet dat U welkom is
So baie welkom
U en U Lig
Kan veraltyd binne in My bly

Dankie Abba Vader
Vir U Lig en Waarheid
Asseblief skyn dit altyd oor My
Dat ek in U Lig sal bly

U Lig is goed vir my, dit is mooi
Al maak dit partykeer bietjie seer
As dit die leuens wegsny
Is dit presies waar ek wil bly

Hou my Abba in U Lig
Hou my daar
Daar waar Ware Lewe is
Daar waar ek my rus in U alleen vind

Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Welkom Lig”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s