'n Seer hart, Blinde oë, Lofprysing

Wie U werklik is

Voel jy broos
Voel jy alleen
Is jou hart seer
En jy weet nie waarheen

Liefste wêreld
Ons Koning se hart is seer
Seer omdat jy seer het
Seer omdat jy nie na Hom wil kom

Liefste wêreld
Liefste mense van die wêreld
Verstaan julle nie
Daar is geen seer wat Ek nie kan beter maak

Liefste kinders
Ek wil My hart van liefde
Om julle harte vou
Ek wil alles wat koud, lelik is mooi maak

Liefste wêreld asseblief
Kom na My, die tyd is Nou
Weet dit daar is niks
Geen seer wat Ek nie kan beter maak

Liefste wêreld
Ek wil hê julle moet weet
Ek IS die Antwoord
Op elke een van julle probleme

My liefste kinders
Asseblief kom nou
Die tyd is naby
En Ek wil nie hê een mens moet agterbly

Dankie Abba-God
Dat U by ons is
U maak die wroeginge in die mensehart stil
Ons sê baie dankie daarvoor

Dankie dat U die Anker is
Wat ons in die storms
Van die lewe
Styf geanker hou

Dankie dat U die Een is
Wat geen mens ooit in die steek sal laat
Dankie dat U standvastig is
Meer as al die Rotse van die See saam

Dankie dat geen omstandigheid
Geen seer
Geen genesing
Ons ooit uit U hande kan haal

U is die Lewende Hoop
In ons harte
U is die Rots van alle tye
Die Een wat ons stewig geanker hou

My liefste Koning
Ons sê dankie
Dankie vir al die mooi in U hart
Baie dankie vir wie U werklik is

Soveel leuens word daagliks
Oor U rondgestrooi
En dit maak seer Abba
Vir die wie weet wie U werklik is

Abba Vader ons wens is dit
Dat hierdie wêreld sal besef wie U is
Dat hulle sal ophou om U te bespot
Dat hulle sal weet dat U rerig is

Ons wens is dit Abba
Dat hulle oë sal oopgaan
Vir alles wat van U is
Dat ook hulle nes ‘n kind sal glo

Liefste Koning
U is die Bron van Lewe
Alles wat is is U
Ons sê so baie dankie daarvoor

Dit is die grootste vreugde
Dit bring die grootste vrede
Om U te ken
Om U Pappa-God te mag noem

Die grootste voorreg
Het U ons s’n kom maak
Die dag toe U U Seun gee
Die dag toe U ja sê vir jou en my

Dankie Abba Vader
Dankie
Woorde is te min
Om waarlik aan U lof en eer te bring

Met harte van oorgawe
En liefde
Wil ons voor U kom staan
Abba ons wil sê dat ons U werklik bemin

Diep uit ons harte
Wil ons U lof besing
Abba-God daar is niemand soos U
U wat vir ewig en altyd Koning is

U lof wil ons besing
Alle eer aan U bring
Want Abba-God U is groot
U liefde ons enigste en ware behoud

Dankie Abba-God
Liefste God
Dankie vir wie U is
Dat U Seun leef in my

Baie, baie dankie daarvoor
U Seun het U gegee
Sodat ons die Lewe kon vind
Hoe dankbaar, hoe dankbaar is ek nie o Heer

Dankie Abba liefste God
Dankie vir wie U is
Dankie dat U U Seun gegee het
Sodat ook ek ja die lewe kon vind

Halleluja, Amen.

Advertisements

Een gedagte oor “Wie U werklik is”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s