'n Seer hart, Blinde oë, Liefde so groot

Nes Adam & Eva

Wie in hierdie wêreld
Glo nog nie in My nie
Hoekom nie?
Wil die Koning van die wêreld weet

Daar is soveel bewyse om julle
Dat Ek alreeds bestaan
Hoe kan julle julself
So blindstaar?

My goedheid en genade
Is orals om julle heen
Tog sal julle aanhou sê
Daar is geen God daarbo

Ai liefste kinders, ai
As julle maar net wou weet
Ek is orals om julle
Julle moet net begin om te sien

Dis omdat julle My
Nie wil sien nie
Dat julle My
Nie kan sien nie

Dis tyd dat julle oor al daai
Ongeloof en haat in julle harte kom
Ek is nie te blameer
Vir al julle seer

Daar is baie goed in hierdie wêreld
Wat dalk nie sin maak nie
Maar een ding moet julle weet
Ek het My Seun gegee

Nie omdat Ek julle wou seermaak nie
Nee omdat Ek julle wou red
Want julle almal
Het van die vrug geeët

Die vrug van die kennis van goed en kwaad
Lê nog vandag op julle tonge
Al sê julle
Dat julle niks daarvan weet

Tot vandag toe
Net soos Adam en Eva
Vertrou julle nie My hart
Dink steeds dat julle beter weet

Julle sonde het julle
Die Ewige Lewe gekos
Nie Ek nie sê Abba
Ek wil hê julle moet dit weet

Dit was My plan
Van die Begin af
Om julle terug te bring
Terug te bring na My

Ek het geweet julle gaan
Julle rug op My draai
Ek het geweet julle gaan nie
Vir die vyand nee sê

Dit was My plan van die begin
Om hierdie wêreld terug te bring
Dit was nie My hart
Dat julle verlore gaan

Ek het julle met ‘n vrye wil gemaak
Sê Abba
Sodat julle self kon kies
Of julle by My wou bly

Ek het julle gemaak
Om by My te bly
Wat kan Ek maak as julle
Aanhou om nee te sê

Ek probeer My bes sê Abba
Al van die Begin
Om julle terug te bring na My
Hoekom wil soveel nie ja sê?

Dis nie My hart
Dat een verlore gaan nie sê Abba
Dis hoekom Ek My Seun gestuur het
Om vir jou sonde te betaal

Jy het van die Boom
Van kennis van goed en kwaad geeët
Nie Ek nie sê Abba
En nou wil jy My blameer

As julle aan die begin geluister het
Toe Ek sê nee
Sou ons nou nog
In die Tuin van Eden wees

My liefste kinders
Ek het gekom
My Seun gegee
Sodat julle kan sien Ek het julle vergeef

Ek het julle vergeef
Vir die sonde
Die verkeerd-doen
Die van-My-af-wegdwaal

Sonde en Ek sal nooit 1 wees nie
En dit is die probleem
Die loon van die sonde is die dood
Dit is wat My Woord bly sê

My liefste kinders
As gevolg van julle dood, julle straf
Het My Seun kom ly
Het Hy die dood gedra

My liefste kinders
Ek het die Weg gebaan
Vir elke liewe mens
Om sy weg na My te baan

Elke liewe mens kan kom
Elke liewe mens se sonde is vergeef
In My Seun, deur Sy bloed
Kan jy kom

My liefste, liefste kind
Glo vir My
Dit is nie lekker as Ek sien
Hoe mense hulle rüe op My bly draai

Ek het nie van die Boom
Van kennis van goed en kwaad geeët nie
Julle het
En nou blameer julle vir My

Hoekom sien julle nie
Dat Ek goed is nie?
Hoekom wil julle
Dit nie sien nie?

Hoekom glo julle nie
Dat Ek goed is nie
Hoekom glo julle nie
Dat Ek julle liefhet nie

Alles is daar
Alles wat sê
Dat Ek julle liefhet
Dat Ek by julle is

Asseblief liefste kinders
Begin julle harte ondersoek
Sien dat julle verkeerd is
Sien dat julle so verkeerd is oor My

Uit liefde het Ek julle gemaak
Uit liefde het Ek julle kom red
Uit liefde reik Ek tot vandag toe uit
Sien julle dit nie raak?

Daar kom ‘n tyd
Dat die deur gaan toegaan liefste kinders
En dan sal Ek niemand meer kan red
Selfs al wil Ek

Daar kom ‘n tyd
Daar kom ‘n tyd
Waar dit te laat gaan wees
Vir die wat nee sê

Asseblief My liefste kinders
Asseblief
Kom nou
Voor dit is te laat

Ek wil nie hê dit moet ooit
Te laat wees vir jou nie
Ek wil hê jy moet kom
Asseblief liefste kind kom nou

Die tyd is nou
Die genade-deur is nog oop
Asseblief liefste kinders kom nou
Kom nou voordat jy nodig het om met jou lewe te betaal

Asseblief liefste kinders
Kom nou
My Seun het alreeds vir jou betaal
Glo in Hom, leef vir My

Dit is hoe die
Gebroke verhouding tussen ons
Herstel word My liefste kind
Asseblief glo in My

Glo wat Ek sê
Asseblief, asseblief kom na My
Ek wil nie hê dat jy die straf van sonde moet dra
My Seun het alreeds

Asseblief liefste kind
Kom, kom
Kom nou
Glo in Hom, glo in die prys betaal

Asseblief moenie jou rug bly draai
Luister
Asseblief luister vir My
Dit is wat Vader vra

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s