'n Seer hart, Blinde oë, Byt vas

Moeilik maar moontlik

Vergifnis is so belangrik
My liewe kinders
Dis so belangrik
Vergewe asseblief die mense wat jou seergemaak het

Vergewe en Spreek Vry
Begin vir hulle bid
Begin hulle seën
Sodat Ek die seer in julle albei kan genees

Ek weet dis baie moeilik
Ek weet dit kom nie maklik
Tog sal Ek julle help
As julle net bereid is om te vra

My liefste kinders asseblief
Vra My om die angel
Van seer en haat
Uit julle harte te haal

Vra My om jou te help
Om hulle te vergeef
Om hulle vry te spreek
Want Ek sal sê Abba-God as jy net vra

Ek weet dis moeilik
Ek weet dis nie altyd maklik
Tog liefste kind is jy bereid
Om te doen wat Ek jou vra

Ek vra jou om hulle te vergewe
Omdat Ek weet wat goed
En die beste is vir jou
Ek vra omdat Ek omgee

My liefste kinders sien
Vergifnis is ‘n keuse
Vader ek wil gesond word
Ek wil ‘n vry lewe leef

My liefste, liefste kinders
Ek weet dis nie maklik nie
Maar dit is moontlik
In My

As My kinders
Net wou begin luister
As hulle net wou begin doen
Dit wat Ek van hulle vra

Liefste wêreld
Liefste kinders
Ek wil vra dat julle altyd
Vir Jesus in die oog sal hou

Dit was nie vir Hom maklik
Dit was baie seer
Tog het Hy aangehou met seën
Tog het Hy almal vergeef

Hy het hulle nie vervloek
Hy het nie gedoen
Soos baie mense vandag doen nie
Hy het vrygespreek!

Dis omdat Hy weet
Waar die krag lê
Dis omdat Hy weet
Presies hoe om die vyand uit te oorlê

Vergifnis begin en eindig by die kruis
Sê Abba-God
As dit vir julle moeilik is
Asseblief vra My om julle te help

Ek sal julle help om te vergeef
Om vry te spreek
As julle net bereid is
Om in My weë te loop

Abba se kinders
My kinders
Ek wil julle vra
Om Jesus se voorbeeld te volg

Begin die mense seën
Wat jou die seerste gemaak het
In hierdie lewe
Begin vir hulle bid

My liefste kinders
Ek wil julle vra
Om te begin doen
Dit wat Ek van julle verlang

Dis omdat Ek weet
Wat die beste is vir julle
Dis omdat Ek weet
Wat die seën van die Hemel op julle oopmaak

My liefste kinders
Ek wil hê dat al die mooi
Wat Ek vir julle gee
Binne sal kan bly

Onvergifnis en bitterheid
Steel die mooi uit My kinders se harte
Dit hou julle vies sonder om ooit vir julle te sê
Julle is eintlik besig om te verloor

Julle dink dat haat en nyd
Julle beter laat voel
Eintlik hou dit net die werke van die vyand
Sterk in jou lewe

My liefste kinders asseblief
Kies My weg
Kies My voorbeeld
Doen wat Jesus gedoen het

Begin lewe spreek
Nie dood
Begin hulle seën
Net waar jy gaan

Ek weet dis moeilik
Liefste kinders
Maar dis hoekom Ek hier is
Om jou elke tree te help

My liefste kinders asseblief
Begin doen wat Ek van julle vra
My liefste kinders
Ek roep julle om te begin vergewe

Daar is soveel lewe in vergifnis
Soveel hoop
Soveel vreugde en blydskap
Wat dit sal meebring

Dis omdat vergifnis jou vry maak
Liefste kind
Dan is jy nie meer
Aan bande en kettings van die dood gebind

Ek wil julle vry hê
My liefste kinders
Ek wil hê dat julle jul hande
In die lug sal kan opsteek

Sonder vrees
Sonder bande
Sonder enige hopeloosheid
En sal kan spring van diepe vrede

Is dit al jy
My liewe kind
Is dit al tot waar jy
Gevorder het?

Ek weet dis moeilik
My liefste kinders
Maar dis moontlik
In My

Vra My om jou te help
Sê Abba Vader
Ek wil gehoorsaam
Net soos Jesus wil ek ook vryspreek

Dis My krag in jou
Wat dit moontlik maak
Sê Abba-God
Vergifnis is ‘n keuse om vry te spreek

Moenie meer die sleg van gister
Teen hulle hou nie
Moet dit nie meer koester nie
Vergeef hulle en spreek vry

Wanneer jy praat
Sê dit dan
Ek het hulle vergeef
Dit onder Jesus se bloed geplaas

Ek weet dat Hy
Die Koning en God
Van Regverdigheid
Reg sal laat geskied

Ek vertrou Hom om alles
Vir my te laat uitwerk
Ek vertrou Hom
Ek weet Sy hart is vir my

Ek wil hulle nie meer haat nie
Dit tap te veel van my
Om hierdie nyd en bitterheid
‘n Plek in my hart te gee

Ek wil eerder plek maak
Vir Jesus se wonderlike seën
Ek wil hê dit moet reën op my gees
Ek wil waarlik vry wees

My liefste kinders
Julle sal sien wat Ek kan doen
Met harte wat vergeef
Ek sal julle waarlik vryspreek

Moet vergifnis nie
Van mense onthou nie
My liefste kinders asseblief
Anders kan Ek jou ook nie vergeef

Mense met haat in hulle harte
Hulle kan nie hemel toe gaan nie
Want daar is nie plek
Vir My

My liefste, liefste kinders
Asseblief
Begin vryspreek
Begin seën net waar jy gaan

Dis in die kies van My weë
En nie joune nie
Om op My weë te loop
Dis wat Ware Lewe bring

My liefste kinders
Glo My asseblief
Vergewe en spreek vry
Sodat julle die Lewe kan vind

Spreek vry
Spreek vry
Moet NIKS teen mense hou
Sodra jy voel dat onvergifnis ‘n troon in jou hart wil bou

Moet jy vergewe
Jy moet eerder ‘n troon
Van seën teen die mense
Wat jou seergemaak het opbou

Begin hulle seën
Sê Abba
Begin hulle seën
Sodat Ek jou kan seën

My liefste kinders
Daar is soveel krag in gebed
Daar is soveel krag
In lewe spreek

Begin hulle seën
Begin vir hulle bid
Moenie meer vir een oomblik toelaat
Dat hulle jou vreugde steel

Ek wil jou op ‘n plek bring
Waar dit nie meer seer is as jy daaraan dink
Dis moontlik My liefste kind
Ek sal vir jou wys

Begin vryspreek
Net waar jy gaan
Begin My hart spreek oor situasies
Begin My hart spreek oor mense

My hart is altyd om te seën
My liefste kinders
My hart is nie
Om te vervloek

My hart is seer
Sê Abba-God
Seer as mense dink
Ek is ‘n God van Haat

Dit is nie wie Ek is nie
Sê Abba-God
Ek is die God van Liefde
My Troon is nie die Troon van Nyd

Liefste kinders asseblief
Begin in My weë volg
Doen wat Ek van julle vra
Ek wil hê julle moet vry wees van die donkerte om jul

Begin vryspreek
Begin seën net waar jy gaan
Sodat jy My liefste kind
In ware vryheid kan leef!

Haat en onvergifnis
Skei jou net van My liefde
Dit maak dat jy My nie waarlik kan innooi
Dat jy nie waarlik vry kan wees

Liefste kinders
Weet julle dit nog nie
My hart vir julle is vryheid
Soveel, soveel vryheid

Begin die pad vandag loop vra Vader
Begin vryspreek
Sodat jy van al die kettings van die verlede
Kan vryraak!

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s