'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

2de Kanse

Die Rots in hierdie lewe
Is Jesus Christus
Jesus Christus
Dit is Sy Naam

Al wil baie Hom nie ken
Het Hy tog ook vir hulle
Aan die Kruis van Golgota kom ly
Het Hy ook daar vir hulle gesterf

Sy grootste begeerte
Is en bly
Liefste wêreld, elke mens
Kom asseblief na My

Kom lê jou lewe neer
Kom gee asseblief oor
Kom nooi My in
Sodat jy Ware Lewe kan hê

Ware Lewe
Begin en eindig
By My
Dit is wat Vader sê

Lank genoeg wat julle dink
Dat julle My nie nodig het
Liefste kind My vra is dit
Asseblief kom vind My

Kom vind My
Vir wie Ek is
En nie net vir dit
Wat jy uit My kan kry

Ek wil hê jy moet
Lief wees vir My
Omdat Ek dit waardig is
Sê Pappa-God

My liefste kind
Sal jy asseblief kom leef vir My
Sal jy asseblief jou hart oopmaak
Sal jy My asseblief binnenooi

My hart was nog altyd
Sê Pappa-God
Van die begin
Dat mense My hart sou vind

Dat hulle na My
Sal soek
Soos wat Ek na hulle soek
Dat hulle My rerig sal vind

My liefste kinders
Dit is seker een van die grootste
Begeertes in My hart
Dat mense sal luister vir My

Daar is soveel Lewe
Wat lê in
Om-te-doen-soos-Ek-vra
Soveel lewe wat dit vir julle sal bring

Tot en met vandag
Vra Ek julle nogsteeds elke dag
My liefste kind kies Lewe
Kies asseblief vir My

My liefste kind
Ek wil jou terugbring na My
Al het jy verkeerd gekies
Daar is ‘n 2de kans

By My is daar altyd
2de kanse
As julle dit tog net
Met albei hande wou aangryp

My liefste kind
Vandag is ‘n 2de kans
Vandag is ‘n Nuwe Begin
Asseblief begin saam met My

Alles kan Ek nuutmaak
As julle net wou glo
As julle My net ‘n kans wil gee
Ek kan alles vir jou verander sê die Heer

My liefste kind
Ek wil alles vir jou nuutmaak
Dit is My hart vir jou
Alles wat mooi en lieflik is wil Ek vir jou gee

Waar sal Ek kinders kry
Wat My vertrou
Waar sal Ek kinders kry
Wat My ‘n kans gee

Ek vra jou om jou
Hart vir My oop te maak
Liewe wêreld, liewe mensekind
Kom asseblief nou

Begin asseblief om My
In jou hart en lewe toe te laat
Laat My asseblief toe
Om in jou binneste te werk

My liefste kind
Ek glo in jou
Ek weet jy kan
Sal jy asseblief nader kom

My hart is by gebrokenes sê Pappa-God
Daar is niks wat My hart
So aanraak in medelye
As wanneer iemand seer het

My liefste kinders
Ek is naby
Baie naby
Wanneer jy groot eina in jou lewe het

Ek wil hê dat jy sal weet
Ek gee om oor die seer in jou hart
Ek gee om oor die trane gehuil
Ek gee om vir jou

Liefste kind al kan Ek nie
Al die seer wat in hierdie lewe gebeur keer
Wil Ek hê jy moet altyd weet
Ek is baie naby

Daar is geen seer
Wat Ek nie kan beter-maak
Met My liefdevolle teenwoordigheid
My Gees in jou sê die Heer

Ek wil jou toevou
In My vertroosting
Ek wil vir jou
Nuwe Hoop in jou hart gee

My liefste kind
My hart is seer
Wanneer julle seer het
Ek wil hê julle moet weet Ek verstaan

Moet julle harte
Asseblief nie
In die moeilike tye
Teen My draai

Moet My nie verlaat
Hou vas sê Abba-God
Asseblief hou vas
Asseblief vertrou My hart

Dit is My wens sê Abba-Vader
My hart
My gebed
Dat elke mens sy pad terug na My sal vind

Ek het My Seun gegee sodat dit kan gebeur
My liefste kind
Ek wil vra dat jy
Asseblief jou vertroue in My sal sit

Liefste kind
Sal jy asseblief kom
Sal jy asseblief glo
Ek is die Een wat ewig is

Sal jy asseblief
Jou hart en lewe
Vir My gee
Sal jy My inlaat

Sal jy My ‘n kans gee
Om in jou hart te werk
Ek is die Een wat vir jou
Nuwe lewe wil gee

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s