Liefde so groot, Lofprysing, Oorgegee

Die Grootste Skat

Sy lewe het Hy neergelê
Sodat ek Hom weer kon vind
Hoe wonderlik om te weet
Hy het dit gedoen vir my

So wonderlik om te weet
Dit is hoe lief Hy is
Vir jou
En my

Sy lewe het Hy gegee
Niks het Hy belangriker geag
As om aan ons
‘n Kans op die Ewige Lewe te gee

Dankie liefste God
Dat U U Seun gestuur het
Vir my en jou
Vir almal wat sal kom

Dankie Pappa-God
Dat U ons 1ste liefgehad het
Dankie dat ons
Dit nie ooit kon verdien

Die liefde wat U
In U hart vir ons koester
Dit is so spesiaal
Dit is vir ons baie kosbaar

Dankie dat U
Liefste Seun van God
U lewe afgelê het vir my
Dankie dat ek deur U tot Pappa-God kan kom

Dit bly die grootste vreugde
Die grootste blydskap
Om U
In my lewe te hê

Dankie Abba-God
Vir daardie ongelooflike voorreg
Om U in my, ons lewe te hê
Dit is en bly die grootste skat

Niks in hierdie lewe
Is vir my belangriker as U
Ek wil hê U moet dit weet
Ek sal my lewe neerlê vir U

In U krag
Kan en sal ek triomfeer
Oor elke satansmag
Oor alles wat ons wil aanval

Dis U genade
Wat ons bly vashou
As die lewensstorms om ons woed
Is U die Een wat ons veilig geanker hou

Watter voorreg om te weet
U is altyd by ons
En nooit ooit
Sal U ons verlaat

Dankie Seun van God
Jesus Christus
My Rots en Verlosser
Dat U U lewe gegee het vir my

Mag my lewe
U vreugde bring
Mag dit wys
Dat ook ek U liefhet

Ek wil hê my lewe
Moet bly getuig
Dat U God is
Dat U Ware Lewe gee

Abba-God gebruik my lewe
Net soos wat U goeddink
Om U te ken, om U lief te hê
Dit is wat asem in my longe sit

Dankie Abba-God
Dat U U Seun opgeoffer het vir my
Dat ek Hom kon vind
Dat ek nou dankie kan sê daarvoor

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s