'n Seer hart, Blinde oë, Byt vas

Pad van Lewe

Lê neer jou weë
Lê neer jou hart
Liefste kind sal jy kom
En My asseblief kom vind

Liefste kinders, wêreld
Ek wag
Ek smag
Om julle ‘n ding of twee te wys

Daar is soveel verleiding
Rondom julle aan die gang
Soveel verleiding
Waarvan Ek nie wil hê jy moet deel raak

Liefste kinders
Asseblief begin nee sê
Vir die sonde van die wêreld
Moet dit nie sommer net doen

Ek wag vir jou
Liefste kind
Ek wag liefste wêreld
Vir jou om My te vind

Soveel vreugde wat lê
In die feit
Dat julle waarlik nader kom
Dat julle waarlik Myne is

My liefste kinders
As julle net bereid was
Om te begin opgee
Dit wat nie van My is

As julle net bereid was
Om dit nie meer te doen
Was Ek instaat
Kon Ek jou soveel meer gee

My liefste kind
Ek weet wat in jou hart lê
Ek weet van al die seer
Jou al aan gedoen

My liefste kind
Ek begeer verhouding met jou
Ek begeer dat Ek en jy
Waarlik een is

My liefste kinders
Daar is niks wat Ek nie kan doen
Daar is soveel lewe in oorgee aan My
Asseblief sal jy begin neerlê dit wat nie van My is

Ek nooi hierdie wêreld
Gebroke en stukkend
Om hulself neer te lê
En My waarlik te kom vind

Ek sal die krag
Die hoop, die genade
In julle en julle bene wees
Kinders daar is niks wat Ek nie kan doen

Hou asseblief moed sê Abba-God
Asseblief liefste kind
Veral in die moeilikste tye
Die tye wat jy niks eintlik wil weet

Ek is besig
Met iets so mooi en wonderlik
Sê Abba-God
Jou gees is besig om te leer

My liefste kind, kinders
Daar is dinge wat net Ek
Jou op hierdie pad kan en wil leer
Sal jy asseblief aanhou vashou

Ek wil nie hê jy moet
Jou oë van My afhaal
Selfs al raak dit moeiliker
Weet dit Ek is by jou

Daar is niks sê Abba-God
Niks maar niks maar niks
Geen storm
Wat jy nie saam met My kan oor

Ek sal jou sterk maak
Sê Abba-God
Ek sal Myself die Krag en Sterkte
In jou bene maak

Moenie opgee nie liefste kinders
Asseblief hou aan
Weet een ding
Ek is by jou

Nooit sal Ek jou verlaat
Sê Abba-God
Moet nooit nie eers vir ‘n oomblik
Ooit daaraan dink

My hart is seer
Sê Abba-God
Rerig seer
Dat soveel mense dink hulle weet beter as Ek

Lê neer jou weë
My liefste kind
Asseblief lê neer
Kom en kom vind My

In volheid wil Ek Myself
Aan jou openbaar
Ek wil vir jou Lewe gee
Wat ander dink nie bestaan

My liefste kind asseblief
Kom gee oor
Kom vertrou My hart
En weet ons gaan saam hieroor

In My hart
Is daar soveel, soveel dinge
Wat Ek jou nog
Oor Myself wil leer

Liefste kinders
Sal julle glo
Ek weet
Waardeur julle gaan

Liefste kinders
Liefste wêreld
Asseblief maak oop
Julle oë

Kom na My
Begin asseblief waarlik glo
Ek weet waarmee Ek besig is
Om jou nooit ooit te verlaat

Begin oorgee
Soos jy nog nooit het
Begin My te vertrou
Weet asseblief Ek is altyd naby

Ek is wat jy nodig het
Sê Abba-God
Al wat jy nodig het
Saam met My is geen storm te groot

Ons gaan hieroor
Sê Abba-God
Ons gaan hieroor
Ek is die Een wat jou styf vashou

Saam met My
Is daar altyd ‘n nuwe begin
Saam met My
Hoef jy nooit te dink aan opgee

Saam sal ons dit maak
My liefste kind
My liefste kinders
Saam sal ons dit maak

Ja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s