Begin oorgee
Vra Vader
Begin vandag
Sê Hy

Asseblief My liefste kinders
Hoe lank wil julle nog buite wag
Raak dit nie koud nie
Weet dit Ek wil julle nie daar hê

My hart is vryheid
Warmte en liefde
Vir soveel mense daarbuite
Wat My nog nie in hulle harte het

My liefste kinders
Asseblief
Ek wil julle nader nooi
Ek wil julle nader hurk

Daar is ‘n lewe
Bo die een wat julle ken
Bo die een wat julle kies
Dit is wat ons Vader sê

My liefste kinders
Asseblief
Kom en kom dink weer
Hoekom is dit dat jy aanhou sê nee

Jou woorde
Oortuigings en redes
Gaan in die ewigheid min hê om aan te voer
Glo My liefste kinders

Julle weet nie waarvoor julle nee sê
Julle woorde is min
Julle redes aangevoer
Dit is belaglik teenoor dit wat dan vir julle wag

My liefste kinders asseblief
Ek wil hê jy moet wag
Ek wil hê jy moet glo
Daar is nog hoop vir jou

Ek sal jou nie verlaat nie
Nooit nie
Sê Abba-God
Sal jy asseblief na My aanhou vra

Moenie opgee nie
My liefste kind
Asseblief moenie opgee nie
Ek weet wat Ek jou vra

As jy jou sonde sou bely
As jy waarlik na My sal kom
Sal jy die Ware Lewe
In My Seun Jesus Christus vind

Ek wil hê
Jy moet begin oopmaak
Ek wil hê
Jy moet My begin binnenooi

Ek sal alles vir jou nuut maak
My liefste kind
Alles wat gebreek en stukkend is in jou
Dit sal Ek nuut maak

My hart vir julle
Mensekinders
Is liefde, vrede
Blydskap, soveel hoop

My liefste kinders asseblief
Sal julle My toelaat
Om alles wat mooi is
In julle harte te saai?

My liefste kinders
Ek is HOOP
Ek is sê Abba Vader
Ek is jou Nuwe Begin

In My sal jy vind
Alles wat jy so graag
In hierdie lewe wil hê
Asseblief My kind glo My

Glo My
Met jou hele hart en lewe
Glo My
Dit is wat ons Vader vra

Glo My liefste kind
Asseblief
Laat toe dat jou hart en wese
Die van Myne vind

Daar is niks wat Ek nie
Met My warm liefde kan beter maak
Daar is niks maar niks
Wat Ek nie kan herstel

My liefste kind
Ek wil hê jy moet in My glo
Ek wil hê jy moet weet
Ek is die Ewige EK IS

Niks in hierdie lewe sal jou ooit
Van My en My liefde kan skei
Ek wil hê dat jy My kind
Waarlik sal oorgee

Alles wat Ek is
Alles wat Ek het
Kan Ek net met jou deel
As jy bereid is om nog nader te kom

My liefste kind asseblief
Moenie toelaat dat sonde en seer keer
Wat Ek in soveel liefde en omgee
Vir jou wil gee

My liefste kinders
Ek vra julle om My hart te vertrou
Ek vra julle om waarlik
Nader te kom

Ek kan alles nuut maak
Sê Pappa-God
Ek maak alles nuut
Met die kosbare bloed van My Seun

Daar is niks, geen niks
Sê Vader-God
Wat Ons nie kan herstel
Niemand is te vêr buite Ons bereik

Ons hart is
Om die hele wêreld in te bring
Dit is wat ons Abba-God
En Sy Seun vir ons wil sê

Daar is hoop vir almal
Sê die Seun
Hoop vir almal
Want Ek het gekom

Moenie sê dit is alreeds te laat nie
Nee My liefste kind
Daar is nog tyd
As jy net wou bely

Ek nooi jou nader
Sê Abba-God
Ek nooi jou tot in die diepste
En mooiste deel van My hart

Ek het jou lief
My liefste, liefste kind
Met ‘n ewigdurende en groot liefde
‘n Liefde waarteen Ek nie kan stry

Hoekom het Ek julle
So baie lief
Dit wonder Ek partykeer
Dit is wat ons Vader sê

Dit sou dinge soveel makliker gemaak het
As Ek net op julle kon opgee
Maar Ek kan nie sê Abba-God
Ek is so lief vir jule

Ek is so, so baie lief vir julle
Dit is wat My hart aanhoudend
Die heel-tyd
Vir My sê

As Ek julle
Net nie so baie liefgehad het nie
Dan sou dit makliker wees
Dan sou Ek julle dalk net aan julleself kon oorlaat

Maar My liefste, liefste kinders
Ek kan nie
Dit breek My hart
Sê Abba-God

Dit breek My hart
As Ek sien
Dat mense
Nie in My wil glo

Dis omdat Ek weet wat wag
Dis omdat Ek weet wat wag vir die
Wat nie in My
Wou glo

My liefste kinders
Hoekom
Hoekom wil julle nie
My offer van Lewe aanneem

Hoekom hou julle dit aan weg-wys?
Ek verstaan nie
Sê Abba-God
Ek verstaan nie

My hart, My lewe, My alles
Wil Ek elke dag vir jou gee
Hoekom
Hoekom hou jy aan sê nee

Daar is soveel mooi dinge
In hierdie lewe
Soveel mooi dinge
Wat julle harte hoop gee

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Alles wat mooi is in hierdie lewe
Dit is Ek

Ek sit agter die mooi in hierdie lewe
Want dit is wie Ek is
My liefste kinders asseblief
Wie is bereid om My te glo?

Ek nooi hierdie wêreld om te glo
Ek nooi julle tot inkeer
My liefste kinders asseblief
Asseblief glo in My

In My is alles
Wat mooi is
In My is alles
Wat julle so graag wil vind

Hoekom, hoekom
Hou julle aan sê nee?
Nee liefste wêreld
Ek vra julle om dit asseblief nie meer te doen

Ek vra julle
Om oor te gee
Ek vra julle
Om waarlik te kom oorgee

Asseblief My liefste kinders
Asseblief kom na My
Glo in My
Asseblief, asseblief glo in My

Weet julle sê Abba-God
Dat mense in die hel
So spyt is
Hulle het nie ja gesê

Weet julle dit
Sê Pappa-God
Weet julle dat hulle
Wens hulle het ja gesê

Hoekom het ons nie
Hoekom het ons nie
Dit is die verwyt
Wat mens hulle oor en oor hoor sê

Hoekom het ons nie ja gesê vir Sy roepstem
Hoekom het ons aanhou glo
Dat ons van beter weet
As ons weer kon kans kry sou ons beslis ja sê

Ons moes ja sê
Ons moes ja sê
Dit is die konstante verwyt
As enige iemand sou vra

My liefste kinders asseblief glo vir My
Daar is ‘n plek soos hel
En dit is waarheen almal gaan
Die wat nie wou glo

Ek vra dat julle jul saak
Regmaak met My
Ek vra dat julle dinge met My
Uitsorteer

Sal julle My Seun aanneem
Sal julle begin dankie sê
Vir Sy prys betaal
Aan die Kruis van Golgota

Dis al wat julle moet doen
Sê Abba-God
Glo in My Seun
Glo Hy het die prys vir jou sonde betaal

Die prys vir sonde
Is die dood
Die prys het My Seun
Namens julle kom dra

Asseblief My liefste kinders
Glo in My
Dit is al
Dit is al wat Ek van julle vra

Spyt kom te laat
Spyt kom te laat
Dit is wat die mense van die wêreld sê
Dit is ook wat mense in die hel sê

Het ons maar geweet
Het ons maar besef
Die Evangelie is waar
God het Sy Seun gestuur!

My liefste kinders asseblief
Ek hou aan uitreik sê Abba-God
Omdat Ek julle so baie liefhet
Ek kan Myself, Ek kan Myself nie keer

My hart is inkeer
Vir elke mens wat bly wegdwaal
Soos ‘n goeie herder
Wil Ek elke verlore skaap gaan haal

Ek wil hê dat elke mens
Deel van My Hemelse Kudde sal wees
Asseblief My liefste kinders
Asseblief kom nou

Moenie bang wees
Om oor te gee nie
Asseblief moenie bang wees
Om te kom na My

As julle My hart kon sien
Vir hierdie mensdom
Sou julle weet dat Ek
Soveel anders is as wat julle dink

My hart brand van liefde
Vir My volk
My hart brand van liefde
Sê ons Abba-God

Asseblief My liefste kinders
Ek vra dat julle terugkom
Ek vra dat julle terugkom
Na My

‘n Brandende Passie lewe daar in My hart
Sê Pappa-God
‘n Brandende Passie
Om elke verlore siel in te bring

Dit is My lewensdoel
Sê Abba
Om soveel mense met die Evangelie
Die goeie nuus te bereik

Ek wil soveel mense
Ek wil almal
Deel van My Koninkryk
In die hemele maak

My liefste kinders asseblief
Glo vir My
Ek is
Ja Ek is die Ewige EK IS

Geen niks of niemand
Sal ooit maar ooit met My kan vergelyk
Niks of niemand
Kan teen My kers vashou

Ek is die Ewige EK IS
Ek is die Een wat jou vergeef
Ek is die Een wat altyd maar altyd
Mooi is

Halleluja, Amen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s