Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Sonde in jou DNA

Ek wil julle deel
Van My Koninkryk maak
Sê Pappa-God
Ek wil hê julle moet op My weë kom loop

Alles wat julle nodig het
Om lewens van oorwinning te leef
Dit het Ek
Alreeds vir julle kom gee

My liefste kinders
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om in My weë te kom stap
Met alles wat julle het

Kinders
Ek wil hê julle moet weet
Julle is verkeerd oor My
Ek is nie soos baie van julle glo

Julle glo dat Ek
Koud en ongenaakbaar is
Julle glo nie dat Ek
Enige liefde in My hart vir julle het

Kinders julle wat so glo
Ek wil hê julle moet weet
Julle is so verkeerd
Dit is nie wat Ek in My hart teenoor julle het

Ja My hart raak seer
Ja dit is net verkeerd
Hoe baie julle altyd van sonde wil hê
Julle kry dit net nie reg om sonder haar te leef

Liefste kinders
Ek wil hê en vra dat Ek en nie sy
Die kruk sal wees waarsonder jy nie kan leef
Ek wil hê dat Ek alleen jou alles sal wees

Hou asseblief op om dinge en mense bo My te plaas
Hou asseblief op daarmee
Sê Pappa-Vader
Net Ek alleen is dit waardig

Hou asseblief op daarmee
Sê Pappa-God
Hou op daarmee
Dit kan en mag nie so wees

Liefste kinders
Ek is die Een
Die Rots
Waarop jy jou lewe moet bou

Alle ander rotse gaan val
My liefste kind
Alle ander gaan val
Net Myne gaan oorbly

Daar is ‘n begeerte in My hart
Sê Abba
Om My kinders
Meer van My te leer

Ek wil hê
Hierdie wêreld moet weet
Sy is so, so verkeerd oor My
Ek is nie wie sy glo

Vir lank genoeg het julle alles wat sleg is
Van My geglo sê Abba-Vader
Die waarheid moet oop
Dit begin vandag sê Hy

My liefste kinders
Hoe kan julle My blameer
En aanhou
Vir al die seer wat sonde in julle lewens inbring

Hoe kan julle My
Aanhou blameer
Vir al die verkeerde keuses
Wat julle elke dag neem

Abba Vader sê
Elke dag vra Ek julle
Om keuses van lewe
En nie dood te maak

Hoeveel van julle luister vir My
Sê Abba-God
Dink daaroor
Wie van julle loop rerig in My weë

Van die begin van die wêreld af
Het julle sonde met so ‘n oop hart liefgehad
Het julle rerig gedink
Dat sy met julle oop kaarte sal speel

Het julle rerig gedink
Dat sy en haar slim plannetjies
Geen effek op julle
En julle lewens sal hê

As sonde julle harte en lewens breek
Hoe kan julle aanhou sê dis Ek
Julle blameer My
Vir al julle verkeerd

Hoe kan julle die skuld van sonde
Op My bly pak sê Abba-Vader
Hoe kan julle bly sê
Dit is My skuld

Liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Die sonde van julle voorouers
Het ‘n effek op julle lewens gehad

Soveel van My kinders wat gebore word
Met sonde in hulle DNA
Omdat ook hulle ouers
Nie nee daarvoor kon sê

Ja sê Abba-God
Ek weet baie mense
Wil dit nie hoor nie sê Abba
Maar sonde lê in jou DNA

Hoekom dink julle is daar dikwels
Van kleins af die begeerte
Om iets verkeerd
In veral een area te pleeg

Dit is omdat My liefste kinders
Sonde in geheue
Oorgedra word
Van hulle ouers na hulle kinders

Ja My liefste kinders, ja dit kan stop
Daar kan ‘n keerpunt kom
By die bloed van My Seun
Maar iemand moet begin ja sê daarvoor

As iemand in die generasie-lyn
Nie gaan opstaan en sê dis verkeerd nie
As iemand nie gaan opstaan en sê dit stop nou
Gaan dit net aangaan

My liefste kinders
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te kom hoor
Die sonde in jou verlede, ons moet daardeur werk

Daar is diep sondes
Wat in die DNA van My kinders, die wêreld loop
Lelike sondes
Wat Ek van hulle wil afbreek

Ja My liefste kind
Jy kan jouself My kind noem
Jy kan My kind wees
En nogsteeds hierdie waarheid in jou lewe vind

Sondes word toegelaat om van een generasie af
Na die volgende oor te gaan
Vir julle om te besef
Dat keuses ‘n nagevolg het

Ja sê Abba
Dit wat jy kies
Dit wat die voor jou gekies het
Dit het ‘n effek op die nageslag

My liefste kinders
Ek wil hê ons moet skoonkom sê Vader
Of dit nou goed of sleg was
Keuses van die voorvaders het ‘n effek op die nageslag

As jou ouers My nie gedien het nie
Gaan dit vir jou moeilik wees om sonde neer te lê
As hulle rebels was in hulle manier
Moet julle weet dat dit ‘n effek op julle lewens sal hê

My liefste kinders
Ek sê hierdie dinge
Nie om julle bang te maak
Maar om julle vry te maak

In en met elke generasie is dit altyd My hart
Om genesing te bly bring
Vir die wat hulle gesigte
Weg gedraai het van My

Kyk na jou verlede sê Pappa-God
Kyk na dit wat voor jou lê
Het jou ouers en hul ouers
My met hulle alles gedien?

Dit is dikwels die ding sê Pappa-God
So baie kinders verdwaald
Gebreek en seer
Oor wat in die verlede lê

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Ek die Seun van God
Het reeds vir julle sondes betaal

Ek wil hê dat julle moet weet
In die bloed van My Seun
Sê Abba
Is daar soveel vryheid vir julle

Ek weet My liefste kinders
Ek weet sonde maak seer
Ek weet dit het baie afgebreek
Maar My hart vir julle is om weer op te bou

Vir elke een van My kinders
Is dit ‘n proses sê Abba-Heer
‘n Proses van self-neerlê
En My weë optel

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Ek kan net leer
Die wie bereid is om te hoor

Die kettings
Van die verlede se seer en sonde
Kan Ek net breek
As julle bereid is om My te vra

My liefste kinders asseblief
Sal julle My begin vra om julle skoon te maak
Diep te was met Jesus se bloed
Van die binnekant af

Want sê Vader daar is diep goeters
Diep dinge wat in die harte van My kinders lê
En Ek wil so graag hê dit moet uit
Sodat julle die Ware Lewe kan leef

Ja sê Pappa-God
Baie van julle is alreeds in ‘n journey
Een waar julle My toelaat om saam met julle deur alles te werk
Maar baie is ook nie

Ek wil hê dat ons by die wortel
Van die probleem sal uitkom sê Abba
Ek wil hê dat julle rerig sal begin erken
Dat julle lewens seer as gevolg daarvan het

My liefste kinders Ek wil julle vra
Kan ons asseblief saam daardeur werk
Kan ons saam die angels van die verlede
Se sonde en seer gaan uittrek

Ek wil nie hê dat dit meer
‘n Effek op julle lewens sal hê
Ek wil hê dat ons saam
Diep genesing deurwerk

My liefste kinders
Sal julle My asseblief begin toelaat
Sal julle asseblief toelaat
Dat Ek vir julle genesing van die diep seer bring

Ja sê Abba Vader
Ek weet dit lê diep
Maar daar is niks daarvan waarvan Ek nie weet
Ek sal jou stap vir stap leer

Wie raak moeg
Van hierdie lewe se seer
Vir raak moeg
Vir die seer deur sonde aan die mensdom gebring?

Dan wil Ek julle nooi
My liefste, mooiste kinders
Om saam met My
Daaraan te begin werk

Ek wil julle by die Lewe uitbring
My liefste kinders
Ek wil julle uitbring
By alles vir julle voorberei

Hou asseblief op nee sê vra Abba
Laat My toe om saam met jou deur die newe-effekte te werk
Hou aan om My Lig, bloed en waarheid
Oor jouself te bid

Dit is wanneer jy dit doen sê Abba-God
Dit is wanneer jy bereid is
Om waarlik oor te gee aan My
Dat Ek kan inkom en jou die waarheid leer

So ja sê Abba-God
Moet My asseblief nie blameer vir alles verkeerd
Nie alle sleg wat gebeur
Het sy oorsaak in My

Daar is iets soos vrye keuse
Sê Abba
Julle kan kies om julleself aan My te onderwerp
Julle kan kies om op My weë te loop

Ja sê Abba-Vader
Baie mense deur die eeue
Het gekies om dit nie te doen
Tog tot en met vandag kan Ek nuwe lewe bring

Ek kan herstel bring
Vir mense wat bereid is om in My weë te loop
Vir hulle en elkeen wat bereid is om te kom
Kan Ek weer nuut muuk

Moenie sê dat Ek nie kan nie sê Abba
Moenie sê dit is verkeerd
Soos elke keuse hier op aarde julle lewens elke dag beinvloed
So is dit ook met die hemelse een

Elke keuse wat julle maak
Bring of lewe of dood in julle lewens in
Ek wil vra dat julle
Dit asseblief sal begin hoor

Daar is geen grys areas nie
Sê Pappa-God
Daar is swart of wit
Daar is goed of sleg

Dis daarom My liefste kinders
Dat Ek julle vra om saam met My te werk
Asseblief wees wys, asseblief kies reg
Met dit wat julle in julle lewens toelaat

Julle kan nie dink
Sê Pappa-God
Dat julle slegte saad in julle lewens kan bly saai
Maar dat dit nie slegte saad in julle lewens gaan opbring

Dit is iets basies
Wat die natuur julle leer
Saai en julle sal maai
Dit is wat die Spreuke, Psalm digter sê

Liefste kinders asseblief
Wees wys
Wees slim
En weet dat dit ‘n effek op jou nageslag sal hê

As jy bereid is om in My weë te loop
As jy bereid is om jouself neer te lê
Om wyse keuses te maak
Om dit wat mooi en nie lelik is nie te kies

Kan jy maar weet
My liefste kinders
Jou kinders
Gaan geseënd wees

Kom wees dan slim sê Abba
Kom wees wys
Kom doen wat reg is
Vir jou en jou nageslag

Ja sê Abba Vader ja
Nou kan julle sien
Nou kan julle rerig besef dat julle lewens
En die manier wat julle kies om te loop soveel groter impak het

Wees wys My liefste kinders
Wees wys
Kies asseblief reg vir jou
En vir jou nageslag

Daar is niks of niemand wat Ek nie kan draai
As een persoon bereid is
Kan Ek die hele generasie
En die effekte van hulle sonde draai

Een mens sê Abba-God
Een mens wat Ek nodig het
Om generasies
Se sondes en verlede te draai

Sal jy My asseblief toelaat
My liefste kind
Sal jy My toelaat
Om in jou hart en lewe te werk?

Word net liewer vir My
Sê Abba-God
Asseblief word net liewer vir My
En weet dan dat elke antwoord jou pad sal kruis

My liefste, liefste kinders
Al wat Ek van julle nodig het
Is julle totale oorgee
Oorgawe van die hart, siel en gees

Gee alles aan My
Sê Abba-God
Jou hart, jou lewe
Wie jy is

My liefste kind
Ek kan alles draai
Ek wens jy kon sien
Jou toekoms blink soos die middag-son!

As jy net wou begin neerlê
Dit wat nie van My is
As jy net wou begin sê
Ek gaan in God se manier begin loop

Soveel dinge wat vanself
Van My kinders se lewens begin afval
As hulle net bereid is
Om in My wil, weë en Lig te begin loop

Maak My jou alles sê Pappa-God
Maak My jou alles en meer
En sien liefste kinders
Hoe Ek alles draai vir My eer!

Ek is jammer My liefste, liefste kinders
Vir die seer julle aangedoen
Ek wens dit kon anders wees
Maar dan moes geen mens sy eie wil hê

Dit is al hoe alles in hierdie lewe
Goed sou kon bly
As Ek julle nie ‘n keuse gegee het nie
Tussen goed en kwaad

My liefste kinders asseblief
Wees wys
Begin om nee vir die sonde te sê
Kies goed bo-oor sleg

Moenie meer toelaat
Dat die vyand julle mislei
Vat die autoriteit wat julle het
En sit hom ore aan

My liefste kinders asseblief
Groei in liefde vir My
Gee elke dag meer en meer oor
En sien hoe jy ‘n lewe van volle oorwinning en vryheid leef!

My Seun het Sy lewe gegee
Afgelê, neergelê
My liefste kinders julle moet daai oorwinning optel
Daarin begin opereer!

My liefste kinders asseblief
Begin die bloed van My Seun aanwend
Aan die deurposte van jou hart
Begin vir sonde nee sê

Die oorwinning is in My Seun
Die bloed
Die kruis
Sal jy dit asseblief opneem

Vra My om jou te was
Diep in die bloed van My Seun
Vra My om te begin wegvat
Alles wat nie van My is

Liefste kind
Dit is ‘n daaglikse proses
‘n Proses waar jy die siel
En sy begeertes neerlê

My liefste kind
In jou Gees is alles nuut, splinternuut
In jou gees, dit is waar Ek woon
Dit is waar alles is wat jy nodig het

Begin oorgee sê Abba-God
Begin asseblief neerlê wat Ek van jou vra
As jy groei in liefde vir My
Sal dit nie so moeilik wees

Om My te gehoorsaam
Sal dan vir jou ‘n vreugde word
Jy sal dit wil doen
Want jy sal besef maar ek is rerig vergeef!

Deur die bloed van die Seun
Is ek vrygespreek
Deur die bloed van die Seun
Kan ek kom

My liefste kind
Ek wil hê dat jy altyd sal onthou
Op die berge, in die dale
Ek bly lief vir jou

Dit moet jou Anker wees
Sê Abba-God
Soos wat ons deur hierdie dinge werk
Soos wat Ek jou meer leer

Dis My liefde vir jou
Wat jou mure sal herbou
Ek sal jou help om in My
Die veiligste beskutting te vind

In die bloed van My Seun
Is jy so, so veilig
Daarom My liewe kind wil Ek vra
Dat jy dit oor jou en jou geliefdes sal bly bid

Alles wat stukkend is in jou
Alles wat gebreek is
Alles wat aan flarde lê
Dit sal Ek weer opbou

Al het sonde gesteel
Al het dit jou so seergemaak
Sal Ek jou ‘n kans gee om uit jou foute te leer
Om aan ander mense ook weer hoop te gee

Dit is wat Ek kan doen sê Abba-God
Met mense wat oorgee aan My
Ek kan stories van Hoop
Deur hulle lewens skryf

My liefste kinders
Sal julle My asseblief toelaat
Liefste kind van God
Sal jy My toelaat om ‘n meesterstuk uit jou verlede te bou?

My liefste kind
Ek kan
Ek gaan
As jy net wou oopmaak

Ek is nie soos die mense
Wat jou seergemaak het nie
Sê Abba-God
Ek het die teerste hart ooit

Ek weet hoe om sagkens
Met die harte van mensekinders
Te werk
Ek het julle gemaak onthou

Dis nie My hart
Om julle seer te maak nie
Dis nie My hart om te verniel
Of net soos sonde met julle te maak

Liefste kinders
Liefste seuns en dogters van God
Daar is HOOP
Omdat Ek ewig is

Al het sonde en seer soveel fondasies en waarhede
Alles wat mooi is
In julle harte en lewens vernietig
Sal Ek dit weer opbou

Ek sal alles herstel
Met die bloed van My Seun
Met die waarheid en liefde
Van wie Ek is

My liefste kinders
Dankie dat julle My hoor
Dankie dat julle omgee om van My te hoor
Ek sê baie dankie daarvoor

Ek gaan alles vir julle nuut-maak
Sê Pappa-God
Ek gaan iets bou
Waarop julle so trots sal kan wees

Dankie liefste kinders dat julle ag gee
Dat julle hoor wat Ek hier sê
Dat julle My kans gee om saam met julle
Weer die fondasie te bou

Aan U ons Abba-Heer
Alleen, Al die eer
Dankie Abba vir wie U is
Dat U ons daagliks leer

Ons is so lief vir U
Ons waardeer wie U waarlik is
So mooi om te weet dat U waarheid is
En dat geen leuen ooit in U sal kan woon

U is die Een wat vir altyd
Bly voortbestaan
U is die Een wat ons
Met alles in ons bemin

Dankie Abba
Dat U ons gemaak het
Dat U ons die voorreg gegee het
Om U te leer ken

Pappa-God U is so goed
U is so goed
U is so goed
En ons harte sê baie dankie daarvoor

Halleluja Amen
Halleluja Amen
Dit wil ons harte vir ewig sing
Want daar is net niemand soos U

Daar is niemand
Wat dit meer as U verdien
U is die Lewe
U is die Anker van Hoop

Dankie Abba-God
Vir wie U is
So, so baie dankie
Daarvoor

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s