Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Die Beste Opinie

Ek raak so moeg sê Abba Vader
Vir die wêreld wat hulle rug
So op My bly draai
Wanneer gaan hulle sien wie Ek rerig is

Liewe wêreld
Die leuens in hierdie wêreld
Praat so hard verkeerd oor My
En jy glo haar elke woord

Julle is so verkeerd
Oor My
Julle is so verkeerd
Julle sal dit nie eers glo

Julle sal hierdie woorde
Lees en dink
En wonderlik hier gaan ons alweer
Ek is al so moeg om hiervan te hoor

Dis eerder dat jy moeg word daarvoor
Moeg word vir My
As wat jy in die Ewigheid sal kan sê
Ek het nie genoeg gehoor

Hierdie wêreld gee Ek
Meer as genoeg kans om van My te hoor
Geen mens sal op die einde kan sê
Ek het nie geweet

Julle is net besig om julle spyt in die Ewigheid
Soveel hoër te laai
Elke keer wat jy
Vir My en My koninkryk sê nee

Ek praat met die stukkie in jou
Wat wil hoor
Ek praat met die stukkie in jou
Wat nog omgee

My liefste kind
Gee My asseblief nog ‘n kans
Gee My kans om vir jou
My liefde te wees

Ek gee so baie vir jou om
En Ek wil vir jou die waarheid wys
Tog gaan dit neem
Dat jy eers waarlik glo

Hoe kan Ek Myself vir jou wys
Hoe kan Ek meer vir jou leer
As jy nie in My
Wil glo

Liefste kinders
Liefste wêreld
Asseblief hou op om julleself
So te bedrieg

Julle word mislei
Deur alles wat van die vyand is
Ek wil hê dat julle
Waarlik in My sal glo

Ek is Waarheid sê God
En dit maak nie saak
Hoeveel kere jy dit wil ontduik
Dit is hoe dit is

Liefste kinders asseblief
Glo in My
Glo in My
Glo dit wat Ek vir julle sê

My hart is Ek konstant besig om met julle te deel
My hart is konstant besig
Om vir julle te vertel en wys
Hoe baie lief Ek vir julle is

Asseblief liefste kinders, asseblief
Hou op glo dat Ek nie die Antwoord is
Ek is sê Abba-God
Ek is

Liefste wêreld
Liefste kinders van God
Weet julle wat die waarheid is
Of word julle dalk mislei

Daar is baie misleiding in hierdie wêreld
Sê Abba-God
Misleiding
Deur My Woord gestaaf

My liefste kinders
Luister vir My
Julle kan nie My Woord aanpas
Net soos wat dit vir julle reg lyk

Hoe seker is jy dat die
Waarheid waaraan jy vashou
Dit wat jy so graag wil glo
Dat dit vir jou oopgebreek is deur My Gees

Want luister My liewe kind
Luister vir My
My Woord bly sê
Baie valse profete het daar uitgegaan

My liefste kinders luister vir My
Luister vir My
Hulle is gestuur om selfs die
Wat rein van hart is te probeer verlei

Dit is tyd dat julle
Terugkom na My Woord
Na die waarheid van My Woord
Soos in My hart en nie julle s’n

My kinders luister vir My
Jy kan nie My Woord aanpas
Om by jou oortuigings te bly
Nee My liefste kind dit werk andersom

Julle moet toelaat
Dat My Woord julle verander
Nie julle oortuigings
En hoe julle wil glo My Woord

Dit is hoekom Ek My Gees gestuur het
Sê Abba-God
Hy sal julle lei
In alles wat die waarheid is

As julle bereid is om te vra sal Ek julle wys
Julle diepste begeerte moet wees om uit te vind
Hoe Ek en nie teoloë
Of instansies daaroor voel

My liefste kind
Ek het persoonlike verhouding
Tussen ons moontlik gemaak
Deur die bloed en kruisdood van My Seun

Jy hoef nie 2de-handse opinies aan te hang
As Ek hier is
As Ek so graag
Die waarheid vir jou wil wys

Hou op sê Abba-God
Asseblief luister vir My
Julle waarheid
Moet voor Myne buig

Jy kan watter waarheid aanhang
Jy kan hoe dink jy is reg
Maar daar kom ‘n dag wat jy gaan sien
Ek was so verkeerd

Luister dan eerder nou vir My
Vra My elke dag
Vanuit ‘n opregte hart
Abba-God asseblief besny my hart

Al maak dit seer
Al is dit dalk nie wat ek wil hoor
Ek gee U my hart
Ek wil myself voor U neerlê

Daar is soveel mooi goed
Wat Ek met so ‘n gebed kan doen
Ek kan inkom en jou meer leer
Want jy is bereid om My opinie aan te hoor

Dit is wat Ek van My kinders vra
Sê Abba-God
Om hulle opinies neer te lê
En Myne te kom optel

Lê neer hoe jy wil glo
Lê neer asseblief jou verkeerde weë
As daar onrustigheid in jou hart is oor iets
Dan is dit heel moontlik my Gees wat in jou binneste werk

My liefste kinders asseblief
Lê neer julle weë
Julle oortuigings
Hoe julle dinge sien

Dit maak nie saak nie sê Abba-God
Hoeveel dokumentasie en informasie
Hierdie wêreld opgebou het
Om My en My Woord verkeerd te bewys

Ek gee nie om nie sê Vader
Ek gee rerig nie om nie
My liefste kinders
Ek weet wie Ek is

Ek wil hê julle moet ophou
Om opinies van mense aan te hang
Opinies van instansies
Wat dink dat hulle My ken

My liefste kinders
Luister vir My
Ek is die Begin en die Einde
Ek is die Ewige Lewende Ek is

Ek is die Weg
Die Waarheid
En die Lewe
Wie My vind het die Vader

Ek het direkte kommunikasie
Tussen ons
Moontlik gemaak deur die
Bloed en dood van My Seun

My liefste kinders asseblief
Kom na My
Maak seker dat jy
In ‘n persoonlike verhouding met My staan

Ek lief julle sê Pappa-God
Met ‘n liefde so baie groot
Sal jy My asseblief kom vind
Julle weë waarlik neerlê

As jy My nooit vra
Om jou meer soos Jesus
Te maak nie
Dan weet Ek nie so lekker

Om soos Jesus te wees
Dit moet ‘n gereelde gebed van julle harte wees
My liefste kinders
Met sulke harte kan Ek werk

Julle moet bereid wees
Om julle weë neer te lê
Julle moet bereid wees
Om Myne op te tel

My liefste kinders
Ek is so lief vir julle
Wanneer Ek julle vra om iets neer te lê
Is dit eintlik enorm goed vir julle

Hoekom wil julle
Dit nie glo
Hoekom wil julle
Net nie die waarheid vind

Glo in My
Sê Abba-God
Glo ook in My Seun
Dit is wat Vader sê

My liefste kinders asseblief
Die tyd het gekom
Om waarlik oor te gee
Vanuit die diepste van julle hart

Meer van U
Minder van myself
Neerlê van self
Dit moet ‘n elkedagse gebeurtenis wees

Ek is besig
Om My kinders op te rig
Sê Abba-Vader
Vir die eindtyd

Gereed sal hulle staan
Wagtend op My koms
Almal sal kan sien
Dat hulle My kinders is

My weë
Sal hulle shield wees
My weë
Die het hulle bo hulle eie gekies

My liefste kinders asseblief
Staan regop
Maak gereed
Daar is ‘n bruilof wat wag

Om vir altyd
By U te wees
Dit bly my
Grootste gebed

Dankie Abba-God
Dat U, U Seun gegee het vir ons
Baie dankie dat U
Ons vashou tot dan

Abba ons wil ons ore oopmaak
Ons wil waarlik van U hoor
Sal U ons asseblief meer en meer
U weë kom leer

Help ons Abba
Help my
Om elke dag meer en meer
Op U weë te loop

Ek glo dis mooi
Daarom wil ek oorgee
Ek wil my weë neerlê
Sodat ek U s’n voluit kan vind

Dankie Abba-God vir elke voorreg
Dankie vir wie U is
U Lewe en Oorvloed
Gee ons harte soveel hoop

U is die Een
Wat ons harte bemin
U is die Een
Aan wie ons altyd wil oorgee

Om aan te hou oorgee
Is om U beste te vind
Dankie Abba
Dat U ons waarlik help daarmee

U is die lied op my lippe
U is die Een vir wie my hart altyd wil bly sing
Dankie my liefste God
U is die wonderbaarlike Koning

Alle lof, alle eer
Wil ek aan U bring
U wat die Anker is
U wat die Lewe is

Sonder U kan ek niks doen
Om U te behaag
Saam met U kan ek
Soveel vrugte vir U koninkryk dra

Abba ek wil vra
Word alles vir my
Meer en meer
In elke liewe tree wat Ek gee

Kom wandel in en deur my
Liefste God
Help my om andere
Deur U oë te sien

Abba-God
Liefste God
Dankie vir wie U is
Baie, baie dankie daarvoor

Soveel vrede in my hart
Soveel rustigheid
Abba-God U is God
Ek sê dankie, dankie daarvoor

Saam met U kan ons hierdie lewe
Elke dag bly aandurf
U is die Een wat ons harte en bene
Nuwe lewenskrag gee

Om elke dag by U uit te kom
Dit bly die Bron van Lewe in my Gees
Abba-God help my asseblief
Elke dag daarmee

Meer en meer wil ek van U hê
Elke dag
Daar is soveel honger in my hart
Na U

Abba-God asseblief
Hou my trou
Hou my honger
Vir U koninkryk

Want Abba as daar nie
‘n Honger in ons harte is vir U
Gaan ons nooit
Na meer van U vra

Daarom wil ek dit sê Abba
Ek wil aanhou bely
U alleen, U alleen is God
U is die Enigste Een wat tot aan die einde bly

Liefste Koning
Hierdie wêreld het U gemaak
Geen een van ons
Sal ooit dieselfde kan doen

Abba dit bly net ‘n voorreg
Dit is en bly
Die grootste voorreg
Om U kind genoem te kan word

Dankie Abba dankie
Vir die lewe
Wat U in ons gees aan ons gee
Baie dankie daarvoor

Abba ek wil in hierdie oomblik kom
En ek wil lewe kom bid
Oor die gees van elke mens
Wat vas aan die slaap lê

Die wie U nie hoor
Die wie nie omgee om te hoor
Abba ek wil hulle uit hul slaap uit roep
Ek wil ‘word wakker!’ aan hulle sê

Lewe roep ek in die gees oor elke hart
Wat hierdie woorde ooit sal lees
U woorde Abba-God
Ons sê dankie daarvoor

Mag elke woord
Diep ingang
In elke hart vind
Abba mag hulle U waarlik vind

Abba ek bid dat die
Saad wat hiermee val
Dat dit op goeie
Vrugbare grond sal land

Abba dat dit sal groei
Dat dit sal opkom
En dat dit veel vrug
Vir U en U koninkryk sal dra

Abba ek bid dat die
Duiwel dit nie deur die
Son, ditsels, dorings of wind
Sal kan laat verdwyn

Abba-God ek bid dit
In die naam van U Seun Jesus Christus
Ek bid U bloed oor hulle
Dankie Heilige Gees

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s