'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Nooit alleen

In die valleie
Van hierdie lewe
Is Ek altyd saam met jou
Sê Pappa-God

Jy kan My vertrou
My hand bly vashou
Ek sal jou nooit ooit
Alleen los

My liefste kinders
Al raak dit partykeer donker
En jy dink ek kan nie meer dra
Moet jy weet Ek is altyd daar

Jy moet weet
My liefste kind
Ek is altyd naby
Om julle deur die storms van die lewe te dra

Ek sal julle altyd daardeur help
Sê Pappa-God
Ek sal julle nooit
Sommer net verlaat

Julle kan My vertrou
Sê Vader-God
In die moeilikste tye van hierdie lewe
Die tye wat rerig vir julle swaar is

My liefste kinders
Swaarkry is nie van My
Ek wil hê julle moet dit weet
Tog kan Ek dit gebruik en draai vir My eer

My hart is altyd sê Pappa-God
Om genade, liefde en vergifnis
Oor julle uit te stort
Dit is altyd om julle in My omgee toe te vou

Ek wil hê dat julle altyd sal weet
Hoe baie iedere en elkeen van julle vir My werd is
Ek sal julle vir niks
In hierdie wye wêreld verruil

Ek is te lief vir julle
Om julle sommer net te verlaat
Ek is te lief vir julle
Om julle net alleen te los

Dis daarom dat Ek wil hê
Dat julle altyd sal weet
Ek is naby julle
Veral in die donkerste tye wat hierdie lewe bied

My liefste kind
Al kry jou hart seer
Weet asseblief dat Ek jou
Hierdeur sal dra

Ek sal jou nie los nie
Sê Vader-God
Want Ek gee rerig
Te veel om vir jou

Sal julle asseblief My hart bly vertrou
Sê Pappa-God
Veral in die donker tye
Veral in die dieptes wat jou tref

My liefste kind
Ek is altyd naby
Om jou uit te red
Om jou weer op te tel

Asseblief My liefste kinders
Weet dit Ek is altyd naby
Veral in die moeilike tye
Veral wanneer jy dink ek kan net nie meer

Nuwe lewe, nuwe krag
Sal Ek in hierdie tye aan jou skenk
As jy net bereid is om te vra
As jy net bereid is om op My staat te maak

Ek kan julle deur die
Moeilikste tye van hierdie lewe help
Niks is ooit te groot vir My
Om te hanteer

Liefste kinders
Ek kan alles doen
Sê Vader-God
Ek kan die onmoontlike vermag

Vertrou My dan sê Abba
En weet dat Ek alleen
Altyd in beheer is
Daar is niks wat My ooit onkant betrap

Jy kan My hart bly vertrou
My liefste kind
Ek is naby jou
En saam sal ons dit maak

Dankie Abba Vader, dankie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s