'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

Wonderwerke wat wag

Ek is besig om te werk
Sê Abba
Selfs al kan julle dit nie sien
Al sê die wêreld nee

My liefste kinders
Julle moet julle oë op My bly hou
Julle moet My Woord
Bly vertrou

Dit wat Ek gesê het
Ek sal doen
Dit sal Ek doen
Sê Abba-God

Julle kan My hart bly vertrou
Sê Pappa-God
Nooit moed verloor
Nooit moed opgee

Al raak dit partykeer moeilik
My liefste kinders
Al is dit moeilik om te bly glo
Sal julle asseblief aanhou?

Sal julle glo
Dat Ek van beter weet?
Sal julle aanhou glo
Dat My tyd altyd perfek is?

My liefste kinders
Selfs al maak dit nie vir julle sin
Selfs al stem julle nie altyd daarmee saam
Asseblief liefste kinders, asseblief vertrou My hart

Ek weet watter tyd die beste tyd is vir jou wonderwerk
Asseblief liefste kinders
Vertrou My tyd
Vertrou My hart

Alles sal vir julle beswil uitwerk
As julle net aanhou glo
As julle net julle oë
Op My bly hou

Liefste kinders
In die tye wat dit moeilik raak
In die tye wanneer realiteit rerig hard praat
Asseblief trek dan net nader aan My

Deur dit te doen sê Pappa-God
Sal julle My hart vind
Julle sal vind dat Ek julle
Nie in die steek kan laat

Selfs al voel dit partykeer so
Selfs al lyk dit so
Dit is nie so
Dit is nie waar

Ek wil vra dat julle
Die mooi van My sal aanhou vertrou
My liefste, liefste kinders
Alles gaan vir die beste van julle uitwerk

Ek vra dat julle
My sal vertrou
Al maak dit nie sin nie
Al weet julle nie hoe dit gaan werk

My liefste kinders
My planne gaan nie altyd vir julle sin maak nie
Dit hoef ook nie sê Pappa-God
Vir dit om te gebeur

My liefste kinders al wat Ek vra
Is dat julle My sal bly vertrou
Al verstaan julle nie altyd
Die maniere waarop Ek werk

Liefste kinders julle hoef ook nie
Dit is nie nodig
Dis My verantwoordelikheid
Julle moet net vertrou

My liefste kind
Kan Ek in hierdie dag vir jou weer nuwe hoop gee
Ek is besig om te werk
Al lyk dit nie so

Ek is besig om alles reg te kry
Ek weet waarmee Ek besig is
Sê Pappa-God
Al lyk dit nie vir jou so

Asseblief My liefste kind
Aseblief vertrou My hart
Een van die dae gaan alles in plek val en dan gaan julle sien
Dan gaan julle weet Ek was nog altyd in beheer

Dankie My liefste kind
Dat jy net so hard soos Ek aan My belofte
My droom vir julle twee
Bly vashou

Ek gaan dit voleindig
Sê Pappa-God
Ek gaan dit vir julle
Voleindig

Ek doen altyd sê Vader-God
In die lewens van My kinders
Wat My beloftes bly vashou
Doen Ek altyd

My liefste kinders
Dankie dat julle bly glo
Dat Ek in beheer is
Dat Ek van beter weet

Ek gaan julle geloof eer
Sê Vader-God
Ek gaan
En dit sal julle sien

Dankie My liefste kinders
Dat julle bly glo
Dat julle naby My bly
Dat julle My wil bo alles vra

Ek waardeer dit
Sê Pappa-God
Dat julle so styf
Aan My beloftes bly vashou

Dis wat hulle in vervulling bring
Sê Hy
Julle My liefste kinders
Julle wat bly glo

Dit maak My trots sê Abba-God
Dit maak My rerig trots
Dat daar nog kinders is wat My Woord
Bo alles bly vashou

Dankie My liefste kinders
Dankie
Ek wil hê julle moet dit weet
Ek is so trots op julle

Dankie Abba-God
Dankie vir elke liewe woord
Ek sal aanhou glo
Deur U genade-hand

Help ons asseblief Abba
Om nooit een van ons beloftes te laat gaan
Maar om LEWE te bly spreek
Totdat dit gebeur

Ons sal dan aanhou dankie sê
Want U is in beheer
Dit wat U begin
Dit SAL U voleindig o Heer

Wat ‘n belofte om aan vas te hou
Dit gee ons soveel hoop
Dit gee ons soveel krag
Om net weer aan te gaan

Ons sal nie opgee op U beloftes nie Abba
Nie voordat ons sien dat dit gebeur
Dankie dat U ons help tot dan
Dat U ons styf bly vashou

In Jesus Yeshua se wonderlike naam,
Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s