Blinde oë, Byt vas, Liefde so groot

Afgodjies

Van U liefde
Wil ons sing
U genade
Baie groot

U is die beste God
Waarvoor enige mens
Ooit kon vra
U is die Een wat ewig leef

U is nie soos die ander gode
Wat sonder ‘n gees
In hulle binneste sit
Nee U is die Enigste Een

Watter voorreg is dit
Om U te ken
Om te weet
Dat U net anders is 🙂

U is nie soos
Die ander gode
U kan nie eers
Met hulle vergelyk

U is beter
U is groter
U is meer lewend
As wat enige een van hulle ooit sal wees

Net omdat U onsigbaar is
Met die blote oog
Wil so baie mense nie glo
Dat U wel bestaan

Tog vergeet hulle so gou
Abba-God
Dat U die Een is wat alles gemaak het
Dat U die Een is wat alles vashou

Want wie die Skepper is
Skyn regdeur Sy skepping
Al wat ons moet doen
Is om ons oë oop te maak

Ons skep gode
Met ons hande
Ons wil voor hulle
Bly neerbuig

Hoekom is dit
Dat ons nie besef
Dat nie een van hulle
Eers ‘n voëltjie kan maak

Ja sê Abba-God
Dit is hoe nietig
Die afgode van hierdie wêreld is
Die afgode wat julle wil bly glo

My liefste kinders
Hulle kan nie 1 enkele ding maak
Kyk om jou heen
Dit het Ek alles geskep!

Ja sê Abba-God
Julle mense raak so slim
Moet Ek dit sê?
Julle sien nie eers die waarheid wat julle in die oë staar

Daar is EEN God
Sê Abba-God
Daar is EEN WEG na My en My huis
En dit is deur My Seun

As jy eendag wil wees
Waar Ek is
Dan moet jy kom
Jy moet kom deur My deur

My Seun is die deur
Na My en My hart
Sê Abba-God
Luister liewe kinders daar is geen ander manier

Ek het My lewe vir julle afgelê
Sê die Seun
Sodat julle Hom
Ons Vader kon vind

Moenie ander afgode dien nie
Sê Vader-God
Asseblief kom dien vir My
Ek is die Enigste Een

As jy My met jou hele
Hart en wese soek
Sal jy My vind
Dit is wat Vader sê

Moenie sommer net laat gaan van die waarheid
Omdat ander so sê
Kom vind My sê Abba-God
Kom spoor My op

Luister na My sê Vader-God
Ek is real
Baie meer rerig as hulle
Dit is wat ALLES om julle getuig!

Hierdie wêreld is nie
Deur ‘n kosmiese ontploffing begin
Ek het dit geskep
Met groot liefde in My hart gemaak

Sien julle hoe wonderlik
Die skepping lê om jul
Ek het dit gemaak
Dit is Myne sê Vader-God

Dit is My Woord bo hare
Sê Vader-God
Die hoer van hierdie wêreld
Jong sy kan bedrieg

Liefste kinders Ek wil hê
Julle moet dit weet
Dat daar in My
Geen stukkie bedrog woon

Besluit vir julleself
Sê Abba Vader
Besluit vir julleself
Wees wys

Ek het julle en hierdie aarde
Met alles daarop
In 7 dae gemaak
Dit is hoe groot Ek is!

Hoe groot Ek rerig is
Is buite julle raamwerk
Julle kan My nie uitdink
My nog minder uitredeneer

Wie Ek is, is vêr bo julle verstand
Julle sal dit nooit rerig weet
Dalk as julle eendag by My is
En ons kan saam terugkyk

Dan sal Ek julle wys
Hoe alles in mekaar insteek
Die Einde, die Begin
En alles tussenin

My hart vir julle is goud
Liefste kinders
Ek wil hê julle moet dit weet
Julle kan My hart bly vertrou

Al sê die wêreld My so sleg
Weet Ek daar kom ‘n dag
Wat ons bordjies
Vir goed gaan verhang

En dan gaan ons sien
Wie reg was liewe wêreld
Julle of Ek
Die hoer van die wêreld of haar bedrieg

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s