Liefde so groot, Lofprysing, Nuwe hoop

Liefdevolle Ogie

Ons wil juig en sing
Van U liefde groot
Ons wil in aanbidding
Bly neerbuig

U is God
U is ons Rots
Die Ewige EK IS
Daar is geen ander soos U

Dankie Abba-God
Vir wat U in hierdie lewe
Vir ons bly beteken
Dankie dat U altyd by ons is

Om U te dien is
Louter vreugde
Om U te bemin
Om te weet wie U rerig is

Liefste Koning-God
Daar is net niemand soos U
Ons wil U in ons harte innooi
Elke dag ‘n bietjie meer en meer oorgee

Liefste Koning-God
U is God
U bly altyd in beheer
Maak nie saak wie of wat die duiwel daarvan sê

U is God
U bly altyd in beheer
Ons lewens hou U in die holte van U hand
Niks of niemand kan keer as U wil bly werk

Liefste Koning-God
Dankie vir wie U is
Die Anker van wie ons is
Die Anker van ons hele bestaan

Hierdie lewe wil ons nie
Sonder U aanpak
Want saam met U Vader-God
Sal ons oor die dinge van die wêreld triomfeer

U is soveel groter as hierdie lewe
Hoekom sal ons nie U hulp wil vra
U wat die Antwoord
Op al ons probleme is

Liefste God ons gee U
Al die lof en eer
U is in beheer
Dit sal ons harte bly sing

Niks is daar waarvan U nie weet
Daar is niks wat U nie kan omkeer
Ons Abba-God sê
Baie dankie daarvoor

U is alles
Alles en meer
As waarvoor ons
Ooit kon vra

Dankie Abba liefste God
Vir U warm liefde in my hart
Dat U altyd sal omgee
Dat U my nooit aan myself sal oorlaat

Ek lief dit so o Heer want Ek weet
Dat U die Een is wat so mooi na U kinders kyk
Om onder U sig te wees
Dit is en bly my beste beskerming

Dankie Abba-God, dankie
Dat U so mooi liefdevolle ogie
Oor U kinders hou
Ons waardeer dit terdeë

Altyd mag U dit maar doen
‘n Kykie oor ons lewens hou
Ons kom haal wanneer ons afdwaal
‘n Pakslae gee wanneer U weet dat ons dit nodig het

Dankie Abba-God
Dankie dat U weet
Hoe om die beste in ons
Na vore te bring

Ons lê ons lewens neer
Ons harte se tuine
Sodat U dit kan bewerk en ons die
Mooiste-ooiste vrugte vir U Koninkryk kan dra

Sodat mense U kan sien
Sodat nog meer mense U kan leer ken
Want ons wil nie
Alleen hemel toe gaan

Dit bly vir ons die grootste voorreg
Om U te dien
Aan U o liefste Heer en God
Wil ons al die lof en eer van ons harte toe bring

Amen!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s