'n Seer hart, Blinde oë, Nuwe hoop

Held & Heldin

Kinders van God
Kinders van God
Dis wie Ek julle wil noem
Dis wie Ek wil hê julle moet wees

Hoekom hou julle aan om
Julle harte vir My toe te sluit
Asseblief liefste kinders
Ek wil nie hê dat julle dit meer sal doen

Ek wil julle
In My hart innooi
Ek wil julle
By ‘n feesmaal laat aansit

Ek wil julle
In My arms toevou
My kleed van liefde
Om julle sit

Liefste kinders asseblief
Luister vir My
Ek is lief vir julle
Ek is so baie lief vir julle dit sê Pappa-God

Ek wil vra
Dat julle My rerig
‘n Plekkie in julle harte sal begin gee
Dat julle My sal innooi

My liefste kinders
Julle het nie ‘n idee waarop julle uitmis
Ek wil julle meer gee
As waaroor julle kan droom

Aan hoeveel drome
Het julle al gedink?
Hoeveel van hulle
Het julle al opgedroom?

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Dat Myne beter
As almal van hulle is

Ja sê Abba-Vader
Dit is wat Ek vir My kinders voorberei
Dit wat die oog nog nie gesien het nie
Dit wat julle nie kan op-dink

Dit is My hart vir julle
Liefste kinders
Dit is My hart vir julle
Liefste wêreld

Julle gaan so uitmis
Sê Vader
So uitmis op dit
Vir julle voorberei

My liefste kinders
Is julle rerig reg daarvoor
Is julle rerig reg
Om aan te hou sê nee?

My liefste kinders asseblief
Glo vir My
Glo My wanneer Ek sê julle weet nie
Julle het nie ‘n idee waarvoor julle nee sê

Hoe kan julle aanhou
Om sulke vervelige
Afgesaagde lewens te leef
My liefste kinders daar is meer!

TV is nie alles
Ook nie al die prente wat julle elke dag kyk
My liefste kinders
Daar is meer!

Ek nooi julle om
Die Held en Heldin
Van julle eie lewensstorie te word
Hoe kan julle nee daarvoor sê?

My liefste kinders
Asseblief
Rerig
Julle het nie ‘n benul wat julle wegwys

So min van My kinders wat kom
So min van My kinders wat My rerig toelaat
Om deur hulle lewens
Die mooiste stories te skryf

Dankie vir julle wat doen
Sê Pappa-God
Vir die van julle
Wat My rerig toelaat

Ek wil hê dat julle altyd moet weet
My hand is op die lewens
Van die kinders
Wat My gekies het

In julle lewens
Kan Ek werk
Meer en meer
Soos julle aan My oorgee

Dankie My liefste kinders
Dat julle My toelaat
Om julle lewensstories te herskryf
Dat julle waarlik glo dat My planne vir julle beter is

Ek lief julle met ‘n
Ewige Liefde sê Pappa-God
Ek lief julle
Met alles wat mooi is

Dankie My liefste kinders
Rerig
Dat julle My vertrou
En julle weë neerlê

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s