'n Seer hart, Liefde so groot, Nuwe hoop

Sukses se oë

Wie van julle is bereid
Om julle weë
Neer te lê
En My te kom volg?

Ek weet dis moeilik
Sê Vader-God
Ek weet dis nie maklik
Dis omdat julle nie weet wat voorlê

Liefste kinders
Ek nooi julle om te kom kyk
Ek nooi julle om te kom uitvind
Wat in My hart vir julle lê

Want dit is hoekom mense
Sukkel om oor te gee aan My
Dit is hoekom hulle kies
Om vir hulleself te leef

Mense glo dat Ek op hulle uithou
Sê die Heer
Mense glo nie dat Ek
Die beste instoor vir hulle hou

Mense ken My nie
Daarom vertrou hulle My nie
Met hulle weë
Sê die Heer

Weet julle hoeveel dinge
Sal beter word as julle net
In verhouding met My
Wil begin loop?

Hierdie konstante twyfeling
In julle harte van
Is God lief vir my of nie
Sal iets van die verlede wees

Dis omdat My kinders
My nie waarlik ken nie
Dis omdat hulle nie in die volheid
Van My liefde vir hulle loop

As julle rerig besef het
Hoe lief Ek is vir julle
Sou julle al môre
Begin oorgee

As julle rerig besef het
Watter mooi drome
Ek in My hart vir julle het
Sou julle al vandag in hulle wou begin loop

My liefste kinders
Ek roep julle om My hart te vertrou
Ek roep julle om te weet
Dat Ek alles weet

Daar is geen rede
Om terug te hou nie
Sê Pappa-God
Julle kan My vertrou

Ja sê Pappa-God
Ek verstaan
Die seer van hierdie lewe het gemaak
Dat julle, julle harte toe hou

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Dit wat Ek in My hart vir julle hou
Dit sal julle verstom

Julle hoef rerig nie bang te wees
Dat Ek julle gaan seermaak
My liefste kinders
My hart is die mooiste ooit

Geen hart sal ooit soveel skoonheid
Soos My hart kan hê
Dis omdat daar in My hart
Nie ‘n stukkie vuilheid woon

My liefste kinders
Asseblief vertrou My hart
Weet asseblief
Dat Ek rerig van beter weet

My planne vir jou lewe
Is beter
Dit sê die Heer
Dit kan jy maar glo

Julle kan My hart vertrou
Sê Pappa-God
Julle kan My hart
Waarlik vertrou

Ek weet wat Ek instoor het
Vir julle en dit is
Beter as julle s’n
Ek wil hê julle moet dit weet

Myne sluit soveel mooi dinge in
Blydskap van gees
Blydskap van lag
Hoe kan julle dit nie wil hê

Ja sê Pappa-Vader
Sukses in My hart
En sukses in die wêreld se oë
Dit verskil nogals ‘n bietjie

Sien dis die probleem
Sê Vader-God
Soveel van My kinders wat My wil gebruik
Om aardse sukses te bereik

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Dat aardse sukses
Nie hemelse geluk bring

Dit werk nie altyd so nie
Op My pad gaan julle
My moet vertrou
Elke dag, elke tree

Maar dit is die hemelse sukses
Waarvan Ek praat sê Abba
Dit sal alles wat mooi is
In julle harte in bring

Ek werk aan blydskap van die hart
Die siel
Die gees
En dan alles wat daaruit voortvloei

My liefste kinders Ek wil hê
Julle moet weet dat die hemelse drome
Wat Ek in My hart vir jou hou
Jou die meeste en diepste bevrediging ooit gaan bied

Wie wil ja sê hiervoor
Is daar iemand daarbuite wat wil hoor
Dat My drome vir julle lewens
Beter is as julle eie?

Begin daarvoor vra sê Abba-God
Begin bid
Here Jesus laat net U wil in my lewe geskied
Ek lê my weë bereidwillig neer

As jy sukkel My liefste kind
Om hierdie gebed te bid
Vra Ek dat jy My asseblief elke dag
‘n Bietjie liewer kry

Leer My ken sê Abba-God
Leer My ken en sien
Dat Ek altyd goed is
Dat Ek niks op jou uithou

Soos wat jy My leer ken
Sal dit vir jou makliker word
Om oor te gee
En My waarlik te VERTROU

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s