Lofprysing, Nuwe hoop

Wonderbaarlikste Koning

Wie U is
Is Pure Goud sowaar!
Dankie Abba
Dankie daarvoor

Ons harte wil altyd sing
Ons harte wil altyd bely
U is die Een
Wat ons GROOTSTE is!

Dankie Abba-God dat U Lewe is
Dat U U Seun gegee het
Dat ons saam met U
NOOIT sonder enige hoop sal wees!

Liefste God
U is so mooi
Om U hart te ontdek
Is om net meer en meer van U te wil hê!

Hoe kan ons ooit stop?
Hoe kan ons U nie beter wil leer ken?
Dis omdat ons nie weet of rerig besef
Hoe diep U ons bemin!

Abba-God ek bid vir die mense wat seer het
Die mense wat U nog nie soos ek ken
Abba sal U asseblief hulle harte vul
Met die waarheid van wie U is!

Grote Koning U is die MOOISTE en wonderlikste Koning
Wat hierdie wêreld ooit sal kan hê
U is die wonderbaarlikste dierbaarste Koning
U is die Een wat ons harte bemin!

Soveel hoop, soveel hoop
Het U in ons harte kom aansteek
Vure van Lof wat net
Altyd wil bly sing!

Dankie liefste
Grootste
Wonderlikste Koning
Vir wie U is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s