Lofprysing, Nuwe hoop

My beker loop oor

U is so goed
U is so mooi
Ek wens net die hele wye wêreld
Kon dit ook sien!

Vader-God U is so groot
U is so goed
U is so wonderlik
Dit is eintlik al wat my hart oor en oor wil sê!

Deur al die storms van hierdie lewe
Het U my nog elke keer gehelp
Alles omdat ek gekies het om
U hand te bly vashou

Al was dit moeilik
Al was dit partykeer bitter-seer
Het U my tot op hierdie plek gebring
En daarvoor kan ek eerlikwaar net dankie sê

Die lesse wat U my
In die moeilike tye kom leer het
Is vir my waarlik goud want ek het geleer
U is waarlik daar!

U gee om oor elke stukkie iets
Waar dit ons aangaan
Soos die beste mamma en pappa op aarde
Gee U nooit maar nooit op ons op!

Dankie Abba liefste God
Dat U nog altyd daar was vir my
Al het dit nie partymaal so gevoel nie
Al was daar baie kere wat ek dit nie kon glo

Tog nou Vader
Soos ek terugkyk
Sien ek U
Ek sien U so duidelik raak!

Dankie my liefste God
Abba-God vir wie U is
Dat U alles is vir my
Dat ek waarlik na U kan opkyk!

Want Pappa-God
Vader-God
Ek bewonder U
Met alles in my!

Ek begeer eintlik
Om nog baie meer van U te weet
Om nog soveel wonderlike dinge
By U te leer!

Die mooiheid van wie U is
Dit hou net nooit op nie
Dit hou net aan en aan
Dankie Pappa-God

As ek ‘n lysie kon skryf
Van hoe wonderlik-goed
U is sou ek
Baie lank kon skryf

Abba-God dankie
Dat U so goed is
Dat U so wonderlik is
Baie, baie dankie

Al was daar baie kere seer
Al wou ek baie pyn van die verlede nie in die oë kyk
Is ek so bly ek het dit saam met U gedoen
Want dit het my by ware vryheid uitgebring!

Dis so ‘n voorreg
Om te weet
Dat U tot die einde toe
Nog aan ons sal bring

Dis eintlik so goed
En wonderlik mooi
As U aanhou werk
Want dit bring die beste in ons na vore

Die beste ek wie ek kan wees
Dit vind ek in U
En Abba ek sê
Baie dankie daarvoor

Dankie vir elke storm-tyd
Wat ons al saam kon deur
Dankie dat U my so styf vasgehou het
Want ons is nou hier

Ek is so dankbaar
Ek het vir U ja gesê
Ek is so bly ek het
Vir die duiwel en sy leuens nee gesê

Ja tot vandag bly dit ‘n journey
‘n Wandelpad wat
Ek bly en dankbaar is
Ek saam met U kan loop

Dankie Vader-God dat
U my kom haal het
Dat ek kon ja sê
En dat ons nou hier is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s