Byt vas, Nuwe hoop

Fonteine van Lewe

Alle lof en eer
Alle aanbidding
Wil ek bring
Aan die Een wat ewig is

Hierdie Koning
Is so groot!
Hy is net waarlik
Wonderlik!

Liewe vriende kan ek
Julle bietjie meer vertel
Hy is blinker
As die blinkste middag-son

Hierdie God
En Koning van ons
Is die lewe self
Hy is alles wat mooi is

Dankie Abba-God dat U
U Seun uit liefde gegee het vir ons
Dat U alles is wat
‘n Mens kan begeer

Abba-God liefste God
Ons wil voor U troon bly sing
Ons wil voor U aangesig
Bly juig

Daar is net niemand
Wat soos ons God is
Was of ooit
Sal wees

Dankie Abba-God dat
U die Lig is wat nooit sal ophou skyn
Dankie dat ons alles wat
Pragtig is in U en U weë vind

Abba dis die grootste
Voorreg om U kind te wees
‘n Voorreg waarvoor ons U kinders
So baie dankbaar voor is

Dankie liefste Vader-God
Dat U U Seun gegee het vir ons
Alles sodat ons U net weer
Kon vind

Dit bly vir ons so soet
Dit bly vir ons so mooi
Om U in U liefdevolle teenwoordigheid
En aangesig te ontmoet

Dit is en bly ‘n voorreg
Om U hart te leer ken
Om met U tyd te spandeer
Om voor U te kan kom

Abba ons harte wil dan
Nie ooit ophou om na U en die
Diepte van wie U is te soek
Die wie soek na U, hulle sal U vind

Watter belofte liefste Koning
Om aan te bly vashou
U is Lewe, U is LiG
U is alles wat mooi is

Liefste God, Koning
Ons bring U ons harte
En ons wil daagliks
Aan U oorgee

Elke oggend as ons opstaan
Wil ons begin deur te sê
Dankie vir die wonderlike dag vir ons voorberei
Waar wil U hê moet ons vandag begin

My liefste kinders
Eintlik is al waarna Ek verlang
Verhouding met jou
En ja met jou

Sal jy asseblief ophou om te dink
Dat jy nie goed genoeg is nie
Jy is, waarlik net soos
Wat jy is

Begin My hart vertrou
Asseblief My liefste kinders
Begin My hart vertrou
Bo die leuens wat julle so omring

Ja Ek weet sê Abba-God
Dit is moeilik om My te vind
As leuens die hele wêreld vol lê
Daarom begin by My Woord

In My Woord
SAL julle My vind liefste kinders
In My Woord sal julle vind
Wie Ek rerig is

My Woord getuig
Van die Waarheid
Sê Pappa-God
Want dit is wie Ek is

Waarheid is Ek
En geen enkele leuen
Sal ooit sy woning in My hart bou
Dit is nie wie Ek is

Ja liefste kinders Ek weet
Daar is baie waarhede daarbuite maar
Dis net Myne wat vir ewig
En alle tyd sal bly vasstaan

Ja liefste kinders
Dis waar dit begin
Ek en My Woord
My Woord en jy

Jy sal My beslis vind sê Abba-God
As jy met ‘n opregte hart en
Bedoelinge soek sal jy
My beslis vind

Begin ‘n bietjie die dinge
Neerlê wat julle so baie doen
Begin ‘n bietjie na My te vra
Begin ‘n bietjie in My weë loop

Ja sê Abba-God
Dit is dalk vreemd vir jou
Maar dit is net die begin
Dit sal beter raak

Hou aan sê Abba-God asseblief
Moenie ophou om jou Woord te lees
Sien hoe Ek iemand van binne
Kan transformeer en restoreer

Dit is My hart vir die
Kinders in hierdie wêreld
Dat elke een van julle
My waarlik sal vind

Ek wil fonteine
Van Lewe en Vreugde
Uit jou hart laat ontspring
Ek wil aan jou ‘n nuwe lewe gee

Dankie liefste kinders
Dat julle lief is vir My
Dat julle omgee om te luister
Na die Een wat Ware Lewe, Oorvloed en Waarheid is

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s