'n Seer hart, Blinde oë, Byt vas

Pleister wat hou

Kom gee vir My
Jou hart en lewe
Sê Vader-God
Kyk wat Ek daarmee kan maak

My liefste kinders asseblief
Wees wys
Wees slim
Met die keuses wat julle elke dag maak

Ek kan alles vir julle verander
Sê die Heer
Ek kan waarlik elke liewe ding
In jou lewe beter maak

My liefste kind asseblief
Weet dit
Daar is niks maar niks
Wat Ek nie kan verander nie

Ek wil alles nuut maak vir jou
Sê die Koning
Al voel dit nie vir jou asof dit moontlik is
Al dink jy dit kan nie gebeur

Ek is die God van wonderwerke
Daar is niks wat Ek nie kan doen
Ek wil hê liefste kind
Jy moet begin glo

Begin neerlê jou eie weë
Begin asseblief na Myne soek
Dis My weë wat julle heel sê Abba
Nie die wêreld s’n

Die wêreld se manier
En haar weë
Maak alles net erger
Sê Pappa-God

Ja dit werk dalk vir ‘n klein rukkie
Sê Pappa-God en dan moet jy
Weer en weer en weer
Om die pyn uitgedoof te kry

My liefste kinders
Luister asseblief vir My
Die wêreld se manier
Is nie die antwoord nie

Ek is sê Pappa-God
Ek is die Antwoord op
Elke liewe Probleem
Hoekom wil julle My nie glo?

Hoekom hou julle aan
Met weghardloop?
Hoekom wil jy nie
Wie jy is voor My ontbloot?

My liefste kind
Ek weet alklaar wie jy is
En Ek het jou klaar vergeef
Nou moet jy net kom en vir My eer leef

Ja sê Pappa-Vader
Ja jy kan!
Jy kan dit doen!
Met My Gees in jou is alles moontlik!

Dankie Abba-God
Liefste God dat U ons liefhet
Dat U U liefde in ons harte uitstort
Deur U Gees wat in ons woon!

Dankie Abba liefste God
Dat dit altyd U hart is
Om U kinders U weë te leer
En om ons te genees van al die diep-diep seer

Vader-God ons wil die pad
Van genesing saam met U stap
Want ons weet en glo
Dat U rerig alles kan beter maak

Abba-God ons wil U
Bly glo
Ons wil vir U
Dankie sê

Dankie dat U so baie omgee oor ons
Dat U Lewe is
Dat U alles is
Wat goed en mooi is

Abba ons sê vir U dankie
Vir elke liewe voorreg
Dat U die grootste seer in
Enige mensehart kan gesond maak

Niks is vir U ooit
Te klein of groot
Oor alles gee U om
Ons sê dankie daarvoor

Dankie dat U
‘n God van Lig is
‘n God van Herstel
‘n God van Genesing

Ons wil U Abba in die
Diepste plekke van ons seer innooi
Sodat ons waarlik van binnekant
Af kan begin beter voel

Abba God liefste God
U is die God
Wat oor ons genesing omgee
U liefste Seun het dan daarvoor gekom

Dankie liefste God, Abba God
Al is dit nie maklik nie wil ons begin
Ons wil net sê:
Hier is ek Pappa-God

Sal U asseblief deur die
Diep seer in my hart werk
Dankie dat U dit stukkie vir stukkie doen
En dat U nie U weg inforseer

Abba-God liefste God
Dankie dat U so baie omgee
Vader ek sal U hart vertrou
Aan U bly oorgee

Liefste kind Ek wil hê
Dat jy sal weet dat
Daar oor die bult vir jou
Ewige Oorwinning wag

Kom net bietjie nader
Sê Pappa-God
Kom net ‘n bietjie nader
Kom kyk wat het Ek vir jou voorberei

‘n Lewe van Lig
My liefste kind
‘n Lewe so mooi
Soveel vreugde daarin te vind

Nooit sal jy weer nodig hê om te
Soek na genesing en dit nie meer vind
Want die pleisters van hierdie wêreld
Sal nie meer nodig wees

Kom dan nou na My
Vra Abba-God
Net soos wat jy is
Kom gee asseblief alles vir My.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s