Blinde oë, Byt vas, Nuwe hoop

Geloofswoorde

Kom na My toe sê Abba-God
Kom na My toe
Almal wat moeg is
Almal wat oorlaai is

Ek is die Enigste Een
Wat Ware Rus gee
Sê die Seun
Die enigste Een

Alles wat swaar
Op jou skouers leuen
Alles wat jou moeg maak
Kom gee dit vir My

As die Seun
Jou vrygemaak het
Sal jy waarlik vry wees
Dit is wat My Woord sê

My liefste kinders Ek weet daar is
Baie laste in hierdie lewe wat julle vasdruk
Wat julle net alle moed
Vir die lewe laat verloor

Weet julle My liefste kinders
Dat Ek dit kan beter maak
Weet julle dat Ek My Seun gegee het
Sodat julle in Hom rus vir julle siele kan vind

Ek wil beter maak
Alles wat julle moeg maak
Sê Vader-God
Ek kan enige iets doen

Die swaar laste wil Ek
Van julle skouers aflig
As julle net wou kom
En oorgee vir My

Vra My om jou te help sê Vader-God
Hierdie laste is te swaar
Ek kan dit nie alleen dra
Help my asseblief daarmee

Liefste kinders sulke gebede
Hoor Ek
Sulke gebede
Beantwoord Ek

Dit is nie vir My lekker
As Ek sien hoe swaar
Van My kinders dra nie
Dit is vir My niks lekker nie

Ek het gekom om jou te help
Sê Pappa-God
Ek het gekom sodat julle
Nie alleen die swaar laste hoef te dra

Gee dit oor aan My
Sê die Seun van God
Gee dit oor aan My
En kyk hoe Ek alles beter kan maak

Ek kan die swaarste laste
Lig vir jou maak sê Abba-God
Alles omdat jy hulle dan nie
Alleen hoef te dra

My kinders kom asseblief
Gee dit oor aan My
As daar iets in jou lewe is
Wat rerig swaar aan jou raak

Wat jou moeg maak
Wat jou uitput
Kom gee dit vir My
Sodat Ek jou kan help daarmee

Dit is My hart vir julle
Sê Pappa-God
Oorwinning in die Storm
Stilte al is alles om jou woes

My liefste kinders
Luister asseblief vir My
Daar is geen las, geen las
Wat Ek nie kan ligter maak

Al is dit seer
Al is dit ‘n stout kind
Al is dit ‘n werksituasie
Ek kan alles beter maak

Ek sal vir jou genade gee
Om dit te hanteer
As jy My sal vra
En net jou hart en houding reg hou

Begin positief te praat
Oor jou situasie
Begin bely dat Ek die antwoord is
En dat daar NIKS is wat Ek nie kan omdraai

Geen situasie is hopeloos
As Ek deel van die situasie is
Geen probleem te groot
Omdat Ek altyd die Oplossing is

Begin My in jou situasie
Van pyn en lyding in bid
Maak My deel van jou swaarkry
Sodat Ek jou daardeur kan help

My liefste kinders
Julle hoef nie al die antwoorde
Te hê as Ek die Antwoord is
Nie alles hoef vir julle sin te maak

Begin My wil bid
Begin aan My oorgee
In die midde van jou situasie
En moenie vergeet om My te loof en eer

Ja sê Abba-God
Ja selfs in jou moeilikste situasies
Wil Ek jou leer om My
Nogsteeds te bly vertrou

My liefste kind Ek kan
Enige situasie meer as draagbaar maak
As julle net bereid is
Om julle oë op My te bly hou

Moenie julle nederlaag
Bely nie
Moenie sê hierdie situasie
Laat julle in die stof byt

Nee liefste kinders, nee
Daar moet altyd geloofswoorde op julle lippe wees
Altyd woorde wat sê
My God kan enige iets doen

Want Ek kan
Sê Abba-God
Ek kan alles draai vir goed
Ek kan alles draai vir My eer

Hou dan vas
My liefste kinders
En moet dan nie opgee
Met My in julle situasie sal julle triomfeer

Hou julle oë op My
In die moeilike tye
Hou aan bely Ek is julle God
En Ek sal julle daardeur help

Moenie opgee nie
My liefste kinders
Hou vas en weet in jou situasie
Dat julle in My MEER as oorwinnaars is

Bely dan jou oorwinning
Bely jy gaan saam met God hierdeur
Al is dit hoe moeilik liefste kind
En weet Ek hou jou in die tye styf vas

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s