Byt vas, Nuwe hoop

Berei julle harte Suid-Afrika

Moenie ooit terughou
As Ek julle vra om oor te gee
Asseblief My liefste kinders
Asseblief vertrou My

Ek weet wat die beste is
Vir My kinders
Sê Abba-Vader
Ek weet wat die beste is vir jou

My liefste kind
Ek vra jou om oor te gee
Stukkie vir stukkie
Tree vir tree

Julle moet begin om My
Meer te vertrou
Asseblief liefste kinders
Dis al hoe julle die einde gaan maak

Julle oë moet op My wees
Sê Abba-Vader
Op My
En nie die wêreld

Op watter rots is jou huis gebou
Wil Abba-God weet
Op My
Of die Rots gebou met Sand

Luister asseblief vir My liefste wêreld
Luister asseblief vir My
Alle ander rotse gaan val
Net die Ewige Rots – Ek – sal vir ewig bly

Julle moet julle oë
Op My hou
Meer en meer
Dit is wat Vader vra

Daar is soveel meer moeilikhede oppad
My kinders, soveel meer
Hoe gaan julle dit maak as julle nie nou
Stewig saam met My kan bly staan

Ja sê Abba-God
Ek weet dat die vloer baie kere
Wankelbaar vir jou voel
Tog moet jy weet dat Ek jou geanker hou

Ek sal nie toelaat
Dat jy val nie My liefste kind
Ek sal nie toelaat
Dat jy seerkry

Julle oë moet op My wees
Asseblief liefste kinders dit moet op My wees
Tye gaan nog swaarder raak My liefste kinders
Nog swaarder en wat dan?

Vir die wie se oë op My is
Vir die wie al geleer het
Om hulle oë op My te bly hou
Sal dit soveel makliker wees

My liefste kinders asseblief
Kom nou
Kom gou
Laat ons seker maak jy is reg vir wat kom

Soveel ekonomies gaan nog val
Soveel van hulle gaan nog seerder kry
My liefste kinders
Sal julle My daardeur kan vertrou?

Luister asseblief na My
My liefste kinders
Daar gaan moeiliker tye kom
Nog tawwer as wat dit nou vir julle voel

Is julle reg daarvoor
Vra Abba-God
Is julle reg daarvoor
My liefste kinders

Julle moet begin regmaak
Sê Abba-Vader
Julle moet weet dat Ek die Enigste ware Rots is
Waarop mense kan bou

My liefste kinders asseblief, asseblief
Daar kom groot verdrukking vir julle in Suid-Afrika
My liefste kinders asseblief
Julle oë sal op My moet wees

Asseblief My kinders
Asseblief hou julle oë op My
Wees reg, staan gereed
Vir dit wat nog kom

My liefste kinders asseblief
Ek wil hê en vra dat julle vir My sal bly kyk
Ek wat die Antwoord
En Ewige Fondasie is

Julle gaan julle oë op My moet bly hou sê Abba-Vader
Julle gaan julle oë op My moet bly hou
Dit is al liefste kinders
Hoe julle gaan kan voortbou

My hande sal
Oor My kinders wees
Ek sal julle vashou
Julle moet dit weet

My liefste kinders asseblief
Hoor My hart
Hoor wat Ek vir julle sê
Julle moet My met alles begin vertrou

Julle moet weet dat Ek sal voorsien
Wanneer dinge op sy onmoontlikste lyk
Julle moet weet
Dat Ek die enigste antwoord is

My liefste kinders
Strydwaens en alles kan julle bou
Maar wat help dit as julle oë
Nie op My is?

Ek is die Een wat alles nuut maak
Sê Pappa-God
Ek is die Een
Op wie jy moet bly bou

My liefste kinders
Luister asseblief vir My
Wees gereed, maak reg
Vir nog moeiliker tye wat gaan kom

As julle geleer het
Om julle oë nou al
Op My te bly hou
Sal dit dan makliker wees

Dis daarom dat Ek vra
Dat julle vir My sal bly kyk
Wees dankbaar sê Abba-God
Wees dankbaar vir die moeilike tye wat Ek toelaat

Dis ‘n bedekte seën
My liefste kinders
Dis ‘n toets om te sien
Of julle jul oë op My sal bly hou

Draai na My toe
Sê Abba-God
Draai na My toe en weet
Dat Ek die Antwoord is

Ek is die Antwoord op al julle
En die wêreld se probleme
Ek is die Antwoord
Op al julle stryd

My liefste kinders asseblief
Luister vir My
Glo My
Soos wat Ek hier met julle praat

Daar kom moeiliker tye
In Suid-Afrika
Daar kom moeliker tye
En wat dan

Wees gereed sê Abba-Vader
Maak reg
Doen wat Ek julle vra
Berei julle harte daarvoor

Maar reg vir nog meer
Swaarkry
My liefste kinders
Maak reg vir nog meer seer

Ek sal julle deurdra
My liefste kinders
My oog en hand sal altyd op julle wees
Weet Ek is naby

Die swaarder tye is nodig
Vir die Lig om in hierdie land deur te breek
My liefste kinders
My Lig sal weer op julle skyn!

In oorvloed!
In rykdom!
Sê ons Abba-God
Daarom asseblief My liefste kinders vertrou My

Moenie julle hand afhaal van Myne
Sê Pappa-God
Hou vas My liefste kinders
Hou vas!

Alles waar julle moet deur
Dit sal ‘n voorreg wees
As julle eendag terugkyk en sien, sê
Ja dit moes gebeur

Vader het geweet wat Hy doen
Dit sal julle dan sê
Ons is bly Hy het dit toegelaat
Ons is so bly Hy was elke tree daar

Ja My liefste kinders
Daar kom dalk moeilike tye
Maar daarna
Sal dit dan weer oor wees

Ek weet wat is goed vir hierdie land
En sy mense sê Abba-God
En wat Ek toelaat
Gaan Ek met ‘n rede toelaat

Ek laat dit toe
Om julle terug te bring na My
Hierdie land gaan Ek weer
Terugbring op sy knieë

Asseblief My liefste kinders
Asseblief luister vir My
Ek sal met julle wees
Julle hoef geen onheil te vrees

Hou julle oë op My
Sê Abba-God
Hou julle oë asseblief op My
Doen wat Ek vra

Daar gaan moeiliker tye kom
Maar dan gaan My Lig in groot heerlikheid deurbreuk
Julle gaan nog vir My dankie sê
Julle gaan nog vir My dankie sê

Moenie vrees nie
My liefste kinders
My hand is oor julle
My kinders sal Ek bewaar

Trek net nader aan My
Sê Pappa-God
Naby My en by My
Is dit altyd veilig

Moenie bang wees nie
Moenie vrees
Liefste kinders wat Ek gaan toelaat en doen
Dit doen Ek vir julle

Julle wat aanhou vra
Julle wat aanhou bid vir julle land
Dankie My liefste kinders
Dankie vir elke gebed

My oog sal op julle wees
My liefste kinders
Elke liewe tree wat julle gee
My oog sal op julle wees

Daarom liefste kinders
Moenie bang wees nie
Wees eerder bly
Ek bring, draai julle terug na My

Hierdie land sal daarna weet wie God is
Dit kan julle maar weet en glo
Want hulle gaan dit
Met hulle eie twee oë sien

Hierdie land behoort aan My sê Pappa-God
Aan My sê Pappa-Vader-God
Ek het dit met die
Bloed van My Seun gekoop

Hierdie land sal nooit
Aan die vyand behoort nie
Sê Pappa-God
My Lig sal vanuit die Suid-punt van Afrika straal

Dit wat Ek
In Suid-Afrika begin het
Dit sal Ek voleindig
Sê die Here

Daarom liefste kinders
Vra Ek julle om aan te hou
Ek vra julle om aan te hou
Om vir julle land en sy mense te bid

Asseblief liefste kinders
Moenie ophou nie
Gaan op julle knieë
En begin bid

Elke gebed van seën vir hierdie land
Sal Ek beantwoord sê die Heer
Asseblief moet die land
En sy mense nie vervloek

Nee My liefste kinders, nee
Dit is nie wat Ek wil hê moet gebeur
Hou julle oë op My
En doen wat Ek van julle vra

Dankie Abba-God
Dankie vir elke woord
Dankie dat U ons so styf vashou
Dankie dat U Lig in hierdie land gaan deurbreek

Aan U Naam alleen
Al die eer
Aan U Naam alleen
Al die eer

U sal ons vashou
U sal ons beskerm
U sal weer Nuwe Lewe
Aan Suid-Afrika gee

Ek wil nie hê
Julle moet vrees
Ek gaan iets mooier maak
As wat julle dink ooit moontlik kan wees

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s