Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Die prys van vrye wil

Ek is die Begin
En Einde van hierdie lewe
Ek is die Begin en Einde
Dit is wat Vader sê

Liefste kinders
Ek nooi julle nader
Ek nooi julle om te kom sien
Dat Ek die spil is waarom alles draai

Liefste kinders
Ek is so baie lief vir julle
En Ek wil hê julle moet weet
Dat Ek al die antwoorde het

Op al julle vrae
Op al julle probleme
Liefste kinders
Dit is Ek

Ek wil nie hê julle
Moet meer vreemd voel nie
Ek wil hê julle moet kom
En rerig kom behoort

Ja sê Abba Ek weet
Dit is vir julle ongelooflik moeilik
Om te laat gaan van julle weë
En My hart te vertrou

Maar liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Julle kan rerig
Met elke tree wat julle gee

Ek moet die Begin en Einde wees
Waaroor alles draai
Want daar is ‘n Ewigheid
Wat op die spel lê

Liefste kinders
Julle moet op hierdie aarde
Vir julleself ‘n kans gee
Om rerig van My te hoor

Liefste kinders asseblief
Hierdie tyd is vir julle gegee
Om reg te maak
Om die klop aan julle hartsdeure oop te maak

Hierdie lewe is letterlik
Vir julle gegee
Om reg te kies
Om seker te maak dat julle My vind

Ja sê Abba-Vader
Ek weet dit is dalk
Moeilik om te verstaan
Ek weet dit maak dalk nie altyd sin

Maar My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Julle kan My hart
Vir elke liewe mens vertrou

Ek het hierdie lewe vir julle gegee
Sê Abba-Vader
Sodat julle ‘n tweede kans kon hê
Om reg te kies

Ja sê Abba-Vader
Na die verkeerd-doen
In die Tuin van Eden
Het julle almal die dood verdien

Nie omdat Ek nie omgegee het nie
Nee liefste kinders
Julle het die Pad van Dood
Gekies

Julle het die Pad van Lewe
Die pad na My
Nie bo die een
Van die Dood gekies

My liefste kinders
Dit is en was nooit My hart
Dat een van My kinders
Ooit verlore gaan

My liefste kinders
Ek kon niks doen nie
Ek kan tot vandag toe nogsteeds nie
Sien julle het elkeen iets soos ‘n vrye wil

Ja dit maak My hart seer
Sê Abba
Dit maak seer
As mense nie vir My en die Lewe kies

Dis omdat Ek alles is wat mooi is
Sê Vader-God
Alles wat goed is
Alles wat ‘n mens graag sal wil hê moet in jou lewe wees

My liefste kinders
Dis hoekom dit vir My so moeilik is
Om te verstaan
Dat mense My nie kies

Ek verstaan dit nie sê Abba
Ek verstaan dit rerig nie
Soveel mense in hierdie lewe wat hulle blind staar teen die waarheid
Sê Abba, wat net nie na My wil draai

Liefste kinders
Liefste wêreld
Ek wil nie meer hê
Dat dit so sal wees

Ek wil julle meer gee as waaroor julle kan droom
Meer as wat julle ooit kon dink of vra
As julle net in My weë wou begin loop
My begin liefkry met alles in jou hart

My liefste kinders
Om in My weë te loop
Dit is die mooiste ding
Ek wil hê julle moet dit weet

Ek wil hê julle moet weet
Sê Abba
Dat die Weg van Lewe
Beter is as die Weg na Dood

My liefste kinders
Die keuses wat julle elke dag maak
Hulle dra soveel krag
Dit beteken letterlik lewe of dood

My liefste kinders
Asseblief Ek wil vra
Ek wil aanhou
Asseblief sal jy van haar weë af wegdraai

Haar sê Abba-Vader
Die hoer van hierdie wêreld
Sy weet hoe om te verlei
Sy het al soveel mense na die Dood gelei

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet wakkerskrik
Ek wil hê julle moet met oop oë
Deur die lewe gaan

Ek wil hê en vra
Dat julle haar nie meer so sal toelaat
Liefste kinders Ek wil vra
Dat julle haar stories nie meer vir soetkoek sal opeet

Julle glo alles wat sy
Vir julle vertel liefste kinders
Dit is verkeerd
My Woord moet 1ste wees

My Woord moet julle
Bo die van hare vertrou
Liefste kinders haar hart is
Om te lieg en te bedrieg

Alles wat mooi is
Wil sy altyd uit die lewens
En harte van My kinders steel
Sy gee nie ‘n flenter vir julle om

My liefste kinders asseblief
Kan julle sien Ek het julle met hierdie wêreld
‘n 2de kans gegee
‘n Kans om My weer te vind?

Asseblief My liefste kinders
Moenie aanhou nee sê nie
Kom na My
Kom vind die waarheid in My hart

Ek het julle nie gemaak
Om verlore te gaan nie
Sê Abba-God
Ek het julle gemaak om My te vind

My liefste kinders asseblief
Luister na My hart
Dit is wat Abba-Vader
Van ons vra

My wil is mooier
My pad beter
Luister na My hart
Asseblief gee oor

My liefste kinders
Ek gee meer om vir julle as wat julle ooit kan besef
Dit is hoekom Ek aanhou vra
Gee My asseblief ‘n kans

Gee My ‘n kans
Om rerig vir jou te wys
Om vir jou te wys
Wie Ek eintlik is

My liefste kinders
Julle glo die vieslikste leuens oor My
Ek wil vra asseblief
Dat dit nie meer so sal wees

Asseblief My liefste kinders
Asseblief
Glo vir My
Glo My hart

Ek kan geen mens of dier mislei
Niks of niemand
Dit is nie wie Ek is
Ek is nie so aanmekaar gesit

Ek is alles wat mooi is
Sê Pappa-God
Alles wat goed is
Alles wat wonderlik is

Dit bly vir My
‘n Groot vreugde
Sê Abba-God
Om julle My kinders te noem

Dit beteken vir My so baie
Sê Abba-Vader
Dat julle gekom het
Dat Ek julle roem is

My liefste kinders
Dit beteken vir My so baie
Ek is so bly julle het die Ewige Lewe
In my gevind

Ek wil nie hê een mens
Een siel
Moet ooit verlore gaan
Dis hoekom Ek besluit het om My Seun te stuur

Ek kon julle nie net laat gaan nie sê Abba
Ek moes julle wys
Ek moes julle laat sien
Waarvoor julle nee sê

My liefste kinders
Ek straf geen mens nie
Dis julle weë en keuses wat dit doen
Julle het die krag en autoriteit om soveel beter keuses te maak

Liefste kinders
Julle het die kans
Om weer My weë
Julle s’n te maak

Hoekom wil julle nie daarop loop nie
Vra Abba
Hoekom hou julle aan om Dood
Bo die pad van Lewe te kies?

My liefste kinders
Ek verstaan nie
Ek verstaan nie
Hoekom julle dit doen?

Asseblief My liefste kinders
Glo vir My
Ek is die Ewige Ek Is
Niemand sal daar ooit soos Ek wees

My liefste kinders asseblief
Ek vra julle om My hart
Bo die van julle en julle weë te vertrou
Het julle gesien in watter moeilikheid julle s’n julle bring?

Liefste wêreld asseblief
Dit is hoekom Ek aanhou vra
Lê neer julle weë
Ek weet wat is goed vir julle

My liefste kinders asseblief
Glo My
Vertrou My
Dit is waar wat Ek hier sê, elke liewe woord

Ek wil rerig hê
Ek wil rerig vra sê Abba
Dat ons die skeidsmuur tussen ons
Sal begin afbreek

My liefste kinders
Ek soek julle nie so vêr nie
Ek soek julle naby
Ek soek julle teen My hart

Ek wil hê julle moet My vind
Sê Abba
Dit is My hart
My diepste hartsverlange

My liefste kinders asseblief
Gee My net ‘n kans
Gee My ‘n kans om vir julle te wys
Wie Ek rerig is

Julle glo verkeerd oor My
Sê Abba-God
Julle glo so verkeerd oor My
Dit wat julle glo is net nie waar

Julle glo Ek is
‘n God van straf
Julle glo dat dit My hart is
Om julle net seer te maak

Dit is nie wie Ek is nie
Sê Abba-God
Ek is ‘n God van Heiligheid
Ek is nie die god van die ewige dood

Ek het My hart vir julle kom wys
Sê Abba-God
Die dag toe My Seun
Aan die houtkruis sterf

My liefste kinders asseblief
Glo vir My
Glo vir My as Ek sê
Ek moes ‘n plan maak

Ek moes ‘n plan beraam
Sê Abba-God
Ek moes
Om jou terug te bring na My

Liefste kinders asseblief
Glo My
Glo My hart
Dit is wat Ek van julle vra

My hart was nog altyd mooi
Sê Pappa-God
Nog altyd is en bly hy
So mooi vir julle

My liefste kinders asseblief
Ek is lief vir julle
Ek vra julle om dit te glo
Ek vra julle asseblief om nie die Dood te kies

Moet asseblief-asseblief
Nie aanhou om die dood te kies
Met die dinge wat jy doen
Met die woorde wat jy kies

Ek vra julle om asseblief eerder
My hart te begin vertrou
Kies Lewe!
Kies My hart, kies My weë

Dis My hart
Sê Abba-Vader
Wat na die Lewe lei
Na alles wat pragtig-mooi is

Ek sê dit so baie
Want Ek wil rerig hê julle moet hoor
Asseblief My liefste kinders
Draai julle rug op die verkeerd en KIES My

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s