'n Seer hart, Byt vas, Nuwe hoop

God hou beloftes

My hart is vernuwing sê Abba-God
My hart is nuut-maak
Asseblief vertrou My hart
Vertrou waarmee Ek besig is

Ek weet dis moeilik
Om julle oë op My te hou
As alles vir julle sê
Dat Ek nie besig is

Asseblief My liefste kinders
Asseblief vertrou My hart
Vertrou My wil
Vertrou My weë

Al wat Ek van jou vra
Is om te bly vertrou
En om nie vir 1 sekond
Te dink aan opgee

My liefste kind asseblief
Jy kan dit nie doen
Jy kan nie nou wil kop uittrek
En sê Vader ek kan nie meer

Asseblief vertrou My hart
Asseblief vertrou waarmee Ek besig is
En weet
Ek kom weer

Ek kom beslis weer
Sê Abba-God
Ek kom om die wie Myne is
Ek kom om hulle te kom haal

Die wie Lewe gekies het
Bo die Dood
Die wie bereid was
Om self en die eie ek neer te lê

Die wat hulle lewens
Tot die dood toe
Nie liefgehad het nie
Die wie gekom het toe Ek vra

My liefste kinders
Ek wil hê julle moet weet
Ek is in beheer
Selfs al lyk dit die minste vir julle so

Ek weet waarmee Ek besig is
Sê Abba-Vader
In hierdie land, in sy mense
In jou

Asseblief My liefste kinders
Hou moed, moenie opgee nie
Jy kan
Met My krag in jou

Ek kan en Ek gaan
Alles nuut maak vir jou
Julle kan My vertrou
Dit is wat Abba sê

Moet asseblief nie julle rug
Op My draai nie sê Pappa-God
Nie in die moeilike tye
Nie ooit

My liefste kinders
Ek is besig om te werk
Selfs al kan julle
Nog nie veel sien

Hou aan vertrou
Sê Abba
Hou vas aan wie Ek is
Hou vas aan die mooi van My hart

Ek moes julle harte toets
Sê Abba
Ek moes weet of dit is
Wat julle rerig wil hê

My liefste kinders
Asseblief
Behou HOOP
Doen wat Ek julle vra

Hou aan om Lig en Oorwinning
In julle beloftes
In te spreek
Dit sal so wees

Hou aan sê Abba
En asseblief moenie opgee
Moenie opgee op 1 ding
Aan julle beloof

My liefste kinders
My hart is herstel
En dit is
Hoe dit vir julle sal wees

Ek sal alles kom herstel
Sê Pappa-God
Alles, met wie Ek is
En die bloed van My Seun

Julle hoef nie daaraan
Te twyfel nie
My liefste kinders
Ek doen soos Ek beloof

Ja sê Abba-Vader
Ek weet van die tye wat jy moeg raak
Die tye wat jy dink ek kan nie meer
Die tye wat jy dink is dit ooit nog die moeite werd om te bly vashou

Dit maak seer
Sê Abba-God
Ek weet as julle sien
Niks gebeur

Hou aan
Sê Abba
Om julle oë op My te hou
Om My te bly vertrou

Asseblief My liefste kinders, asseblief
Weet dit Ek kom vir julle deur
Wat Ek beloof het
Dit sal Ek doen

Moenie moed verloor nie
Sê Pappa-God
Hou aan, hou vas
Ek sal vir julle nuwe krag en geloof gee

Om My aan te hou vertrou
Om My wil aan te hou doen
Om julle oë
Op My te bly hou

Ek maak alles nuut
Sê Pappa-God
Met die bloed van My Seun
Ja vir jou

So hou aan liefste kinders
Hou asseblief aan
Om julle oë op My te hou
Weet dat Ek dit vir julle sal voleindig

Ek moes julle harte toets
Sê Abba-Vader
Ek moes weet wat daarbinne lê
Hoe graag julle dit wil hê

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s