Blinde oë, Liefde so groot, Nuwe hoop

Maak oop die ore

Ek vra julle
Om die sonde neer te lê
Sê Abba Vader
Al die verkeerd

Ek en sonde
Sal nooit een wees nie
Sê Abba
Hoe kan mense dit nie sien

Mense dink Ek straf hulle
Mense dink Ek wil hulle hel toe stuur
Liefste kinders dis nie Ek nie
Dis jy met elke liewe keuse wat jy maak

Jy kies die Dood
In al jou weë
Jy kies
Om so vêr van My af te bly

My liefste kinders
Wat kan Ek doen
As jy
Net nie wil hoor?

My liefste kinders asseblief
Luister vir My
Al wat Ek vra is dat jy bereid sal wees
Om saam met My die verkeerd neer te lê

Ek vra nie die onmoontlike nie
Sê Pappa-God
Ek weet wat moontlik is
Met My krag in jou

Sal julle My vertrou vir die onmoontlike
Sê Pappa-God
Sal julle My begin vertrou
Vir dit wat mense sê nie moontlik is

My liefste kinders asseblief
Glo vir My
Daar kom ‘n tyd
Wat geen mens meer teen die waarheid sal kan stry

Ek is die Waarheid
Sê Pappa-God
Ek is alles wat edel is
Ek is alles wat rein is

Glo dan vir My
Asseblief liefste wêreld
Asseblief
En hou op om julle rug teen My te draai

Dit maak seer sê Abba-God
As Ek sien hoe mense My verlaat
As Ek sien hoe mense net nie wil kom
Dis omdat Ek weet dat Ek die ware en ewige lewe is

My liefste kinders asseblief
Ek vra dat julle My hart sal begin vertrou
Dat julle bereid sal wees
Om in My weë te volg

My liefste kinders
Julle begeef julleself
So gou in die verkeerd
As Ek nie daar is om julle te leer en lei

Hoe kan julle My hand
En toenadering van liefde aanhou wegwys
Hoe kan julle daarvoor
Nee bly sê?

Kan julle nie sien nie
My liefste kinders
Dat Ek Ewige Lig is
En dat die mooiste mooi in My bly woon?

Hoe kan julle aanhou
Nee sê
Hoe kan julle aanhou
Om My weg te wys?

Asseblief liefste kinders
Ek vra dat julle sal begin luister
Dat julle sal begin doen
Wat Ek van julle vra

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s