Byt vas, Liefde so groot, Nuwe hoop

Onwankelbaar

My liefste kinders
Ek weet die verstaan van wie Ek is
En hoe Ek werk
Is baie kere bo julle verstaan

Hoe julle dink dit moet wees
Ek weet dit is moeilik
Om in die tawwe tye te bly vashou
Ek weet wanneer jou trane vlak lê

My liefste kinders
Ek wil vra
Sal julle asseblief
Julle oë op My bly hou

Ek wil julle vertroue leer
In die donkerste waters
Ek wil julle vertroue leer
Wanneer alles om julle sê nee

My liefste kinders
Asseblief groei in verhouding met My
Groei in die vertroue
Wat jy in My moet hê

My hart vir julle mense
Is vryheid sê Abba-God
My hart wil altyd
Die beste vir julle hê

Vertrou dan My hart
Sê Abba-God
Vertrou asseblief
Dit waarmee Ek besig is

Ek sal julle nooit
In die steek laat nie
En dit wat Ek begin het
Dit sal Ek klaarmaak

My liefste kinders
Julle kan My hart bly vertrou
Ek sal altyd
Ek sal altyd baie naby aan julle wees

Vertrou asseblief
My hart van Goud vir julle
Asseblief liefste kinders
Vertrou die wyses waarop Ek werk

Ek weet dit maak die meeste kere
Nie vir julle sin
Ek weet dis vir julle moeilik
Om te verstaan

Tog wil Ek vra dat julle
Sal aanhou om My te vertrou
Dat julle sal aanhou
Om vas te hou

Asseblief liefste kinders
Hou julle oë op My
En weet dat Ek dit vir julle sal voleindig
Sê die Here

Al raak dinge moeiliker
Al raak dinge donker
Hou vas My liefste kinders
Hou vas met alles wat julle het

Hou vas aan My hart vir julle
Liefste kinders
Hou vas aan dit wat Ek
Vir julle instoor het

Dit is mooi sê Vader-God
Dit is die mooiste ooit
Asseblief hou aan
Om My hart vir jou te vertrou

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s